www.archive-za.com » ZA » W » WEGRY.CO.ZA

Total: 287

Choose link from "Titles, links and description words view":

Or switch to "Titles and links view".
  • Tot by die Nyl | Nie altyd maanskyn en rose nie | WegRy
    sê jy altyd ja op sy roepstem Maar ai die omstandighede Moenie sonder dié goed ry nie Vat baie dollars saam Jy gaan dit nodig kry Kredietkaarte werk oral Wees sover moontlik selfversorgend Sorg vir genoeg water onthou die chemiese toilet en prakseer n stort Hou koers Goeie padkaarte en n GPS is onontbeerlik Kampkombuis Kruideniersware is skaars en duur Bak jou eie brood met jou eie houtskool Neem liters langlewemelk en baie kos saam sodat jy nie nodig het om iets buiten vrugte te koop nie n Helpende hand Grensposhelpers kan jou teen die mure uitdryf Die eerste keer was my vergoeding VSA 5 Namate ons reis gevorder het het ek dit afgebring na 1 En nóg later het ek hulle beleef gevra om my tog net met rus te laat Wees ook op jou hoede vir geldwisselaars Staan sterk Wees voorbereid op polisielede wat soek na enige rede om jou te beboet Hou jou nooddriehoeke registrasiedokumente en rybewys byderhand Maar moet nooit jou rybewys uit jou hande laat gaan nie Laat die beampte daarna kyk maar hou dit vas Wees verseker Pak die rit aan met n Carnet de Passage en maak seker jy weet hoe om die beampte by te staan wat dit moet hanteer Sit weg Pak alles saans weg In die Serengeti het n pot vol kookolie en n waterkan een aand voete gekry Vra eers Moenie sommer net foto s van mense neem sonder hulle toestemming nie Dit het kophou gekos om uit n situasie te kom waar n polisieman ons wou aankla en dit nogal sonder omkoopgeld Gereedskap en toerusting n Mens kan nooit te veel hê nie maar kyk wat jy die afgelope jaar gebruik het en kies dan oordeelkundig n Hand of 12V elektriese pomp is nuttig as daar plek is
    http://www.wegry.co.za/bestemmings/tot-die-nyl-nie-altyd-maanskyn-en-rose-nie?page=7 (2013-04-27)

  • Sederberge | Die Sederberge se stil(ler) kant | WegRy
    is Ná ontbyt en die koop van n stewige biltongvoorraad ry ons noord met die R303 op met Gydopas en deur Op die Berg Net buite Op die Berg neem ons die pad na die Kagga Kamma reservaat Ná sowat 7 km met dié pad sal jy Boplaas aan jou linkerkant kry Dié geskiedkundige plaas en geboorteplek van die Afrikaanse digter Boerneef is in 1743 aan die eerste Van der Merwe toegeken en is al 12 generasies lank in dieselfde familie hande Party mense beweer dis die langste dat n plaas in n familie se besit is Sowat 11 km verder aan vurk die pad en ons hou links na die eintlike Sederberge Hier groet jy die teer en Jurgens se Land Cruiser 80 reeks kom tot sy reg Ons vat n versteekte grondpad wat uit die groter pad afskil en oor n droë bultjie verdwyn Langs dié pad ry ons sowat twintig stowwerige minute tot ons by die eerste rotstekening kom Ons is nou op die plaas Jonkershoek wat sowat 3 000 ha van die Suurvlakte wildernis beslaan Op dié plaas is n paar vreemde goed n rotstekening wat die Abominable Snowman in Afrika kan wees n dieretuin van rotsformasies onder meer die Sederberge se eie kameel en groot sandboë wat jare lank deur die wind uitgekerf is Dis waar verweerde rots en rotstekeninge is nie n nuwigheid in die Sederberge nie maar om dit te sien sonder om in n ry te staan of n foto van iemand anders se gesin te neem is dalk wel Maar die ding wat my voete onder my uitslaan is die Riet riviercanyon op die plaas Hoe enigiets so kolossaal party mense beweer dis die tweede langste canyon in die land so goed weggesteek kan bly is n wonder Aanvanklik het ek gedink Jurgens neem ons met n nou paadjie na nêrens toe die grond skielik wegval en n diep kloof besaai met hompe sandsteen sy kake onder ons oopsper In die harde daglig lyk die plek soos een van die patroonprente waarna jy moet staar tot n eenhoring of n hond met twee koppe veronderstel is om in 3D na jou spring Dis duiselagtig Ons sit in salige stilte op n reuse plat rots en staar af na die groot plooi wat oor duisende jare in die aarde gevorm het Later voor ons vertrek hou ons stil by Koos en Adriette Mouton eienaars van Jonkers hoek en die driebenige Tom begroet ons Hoewel Tom een van sy bene weens gangreen verloor het probeer die swart labrador glo steeds om skaap te vang met toevallige sukses Die Moutons gee ons n kort geskiedenisles oor hul plaas en verduidelik waarom die plek besoekers bly aanlok Een van Adriette se sinne bly my die res van die reis by Mense kom om weer sin in die lewe te vind Terug op die groter grondpad draai ons noord en ry 13 km noord van Jonkershoek oor die Blinkbergpas na Mount Ceder bykans halfpad tussen Ceres
    http://www.wegry.co.za/bestemmings/sederberge-die-sederberge-se-stiller-kant (2013-04-27)

  • Antwoord kommentaar | WegRy
    ek en Trui weg uit Pretoria in die Condor Halfnege daai aand klok ons in by die kampterrein op Kasane Als het goed gegaan deur Botswana ondanks die slegte pad anderkant Nata Die laaste ent tot by Kasane het die Chinese darem n mooi stuk pad gebou met katogies en al ideaal vir die donker Ná die ordelikheid van die grenspos aan die Botswana kant en die oortog met die pont oor die Zambezi by Kazungula die plesiertjie kos net R160 wag die georganiseerde Afrika chaos jou in aan die Zambiese kant van die grens Ek weet nie waar om te begin beskryf aan die wanorde nie maar ek volstaan deur te sê die selfaangestelde fasiliteerders is oorlams en uitgeslape en reken hulle dienste is minstens VSA 50 werd Ons reisgenote Malie Alberts van Windhoek en Pieter en Baby Kok wat naby Grootfontein in Namibië boer het die oggend van die plaas af vertrek en die nag by Katima Mulilo geslaap Soos afgespreek kry ons mekaar te midde van n klomp lastige muggies by die aansluiting langs die pad Livingstone toe Van Zambië se kant af is die Victoriawaterval met die pragtige reënboog in die middagson n ongewone gesig wat ons altyd sal bybly En dit laat ons uitsien na die res van die tog Net voor sononder bring die GPS ons uit by die Nyala Lodge se Bushfront kamp met goeie geriewe mooi gras en n kragpunt Die naam van die plek is intussen na die Bushfrond Lodge verander Paaie ís daar maar dis meesal oorblyfsels van n vroeëre era En om die verkeer te rem is daar n spul spoedwalle aangebring wat eintlik n groter gevaar inhou as die slegte pad as jy dit miskyk Gelukkig is die Chinese oral besig om nuwe paaie te bou Van Lusaka
    http://www.wegry.co.za/comment/reply/12502 (2013-04-27)

  • Tot by die Nyl | Nie altyd maanskyn en rose nie | WegRy
    katogies en al ideaal vir die donker Ná die ordelikheid van die grenspos aan die Botswana kant en die oortog met die pont oor die Zambezi by Kazungula die plesiertjie kos net R160 wag die georganiseerde Afrika chaos jou in aan die Zambiese kant van die grens Ek weet nie waar om te begin beskryf aan die wanorde nie maar ek volstaan deur te sê die selfaangestelde fasiliteerders is oorlams en uitgeslape en reken hulle dienste is minstens VSA 50 werd Ons reisgenote Malie Alberts van Windhoek en Pieter en Baby Kok wat naby Grootfontein in Namibië boer het die oggend van die plaas af vertrek en die nag by Katima Mulilo geslaap Soos afgespreek kry ons mekaar te midde van n klomp lastige muggies by die aansluiting langs die pad Livingstone toe Van Zambië se kant af is die Victoriawaterval met die pragtige reënboog in die middagson n ongewone gesig wat ons altyd sal bybly En dit laat ons uitsien na die res van die tog Net voor sononder bring die GPS ons uit by die Nyala Lodge se Bushfront kamp met goeie geriewe mooi gras en n kragpunt Die naam van die plek is intussen na die Bushfrond Lodge verander Paaie ís daar maar dis meesal oorblyfsels van n vroeëre era En om die verkeer te rem is daar n spul spoedwalle aangebring wat eintlik n groter gevaar inhou as die slegte pad as jy dit miskyk Gelukkig is die Chinese oral besig om nuwe paaie te bou Van Lusaka af neem ons die T2 Dis n lang pad wat voorlê maar met die tenk vol petrol is ek selfversekerd en ons stoot aan in die rigting van Tanzanië By Kapiri Mposhi draai ons noordoos en onwetend laat ons die ontwikkelde koperstreek agter en sal ons eers weer
    http://www.wegry.co.za/bestemmings/tot-die-nyl-nie-altyd-maanskyn-en-rose-nie?destination=node%2F12502 (2013-04-27)

  • Uganda en Kenia | Speel in Idi Amin se agterplaas | WegRy
    met groot vrugtevlermuise Die Nyl is hier plek plek byna 200 m breed en die afwesigheid van krokodille maak dit n beter en veiliger roeibestemming as die Kunene of selfs die Zambezi By die laaste stroomversnelling wag n verrassing Die water bruis hier oor n groot rots in die rivier en agter die rots maal dit só dat hier reg deur die jaar n permanente brander is Die gids bring n paar lyfplanke en padda voete te voorskyn en almal kan n bietjie surf op die Nyl Vir die soveelste keer skree iemand I m in de Nile Oral langs die rivier is be staansboerderye wat tot teen die oewer strek Die boere plant meestal mielies en groente om hul gesin kos te gee en n bietjie koffie wat hulle self droog en aan groothandelaars verkoop Vroeër sou die meeste boere dit nie tot so na aan die water gewaag het nie want toe was daar te veel krokodille in die rivier Hul uitwissing is deels aan die Ugandese diktator Idi Amin te danke verduidelik een van ons gidse Hy en sy soldate het glo mense met gewere gedreig en in die rivier gedwing sodat die krokodille hulle moet opvreet Die mense kon nie van Amin of sy soldate ontslae raak nie toe roei hulle maar die krokodille uit HEILIGE GROND Tien kilometer suid van die kamp is Nile Breweries die plek waar Nile Special bier met water uit die Nyl gebrou word en n paar honderd meter daarvandaan is die oorsprong van die Wit Nyl ons teiken vir die dag In die Victoriaanse era was dít die Heilige Graal waarna ontdekkingsreisigers naarstig gesoek het die Nyl se oorsprong nie die brouery nie Dis juis waarna David Livingstone op soek was toe Henry Morton Stanley hom in Ujiji Tanzanië gevind en met die legendariese woorde Dr Livingstone I presume begroet het John Hanning Speke was uiteindelik die eerste mzungu wit man wat die Victoriameer sou aanskou en hy het in 1862 die Ripon waterval aan die noordelike punt van die meer as die oorsprong van die Nyl verklaar Sy vriend en voormalige kollega Richard Francis Burton was oortuig daarvan hy is verkeerd en die kwessie was só omstrede dat die Royal Geo graphic Society in Londen n debat tussen die twee gereël het n Dag voor die debat het Speke homself met sy jaggeweer doodgeskiet Dit is nie duidelik of dit n ongeluk was en of hy selfmoord gepleeg het uit vrees dat Burton hom verkeerd kon bewys nie Deesdae staan daar n verweerde gedenknaald in die Source of the Nile Gardens op die plek van waar Speke glo die waterval gesien het Everton Kellyson is die opsigter en vorder die toegangsgeld van 2000 Ugandese sjieling R8 in Everton is skynbaar nie veel van n opsigter óf tuinier nie want die gras staan kniehoogte en die tuin gaan nie n prys by die Chelsea blommeskou kry nie maar hy is n uitmuntende gids Sedert die Owen Falls dam in 1954
    http://www.wegry.co.za/bestemmings/uganda-en-kenia-speel-idi-amin-se-agterplaas?page=2 (2013-04-27)

  • Uganda en Kenia | Speel in Idi Amin se agterplaas | WegRy
    uiteindelik in Kenia Die plan is om vanaand in Kericho 160 km suidoos hiervandaan te slaap in die hartjie van Kenia se teeplantasies Maar eers stop ons in Kisumu die land se derde grootste stad Terwyl Johan geld trek gesels Deo met n groepie mans op die sypaadjie Hulle raai ons af om die gebruiklike korter roete na Kericho te volg Dié pad is glo só sleg dat feitlik niemand dit daarop wil waag nie Van Kenia se goeie paaie lyk in elk geval asof n eskader bomwerpers dit gereeld vir teiken oefening gebruik en dus is n waarskuwing soos dié iets waarop n mens liefs moet ag slaan Die ompad wat ongeveer 20 km grondpad insluit is weliswaar nie te gehawend nie maar skaars 20 km buite Kisumu wag n anderste uitdaging n verkeersknoop à la Afrika n Brandstofwa het omgeslaan en lê dwars oor die pad Die verkeer swenk eenvoudig regs tussen die bosse in ry óm n plaashuis en sluit anderkant die ongelukstoneel weer by die teerpad aan Dit klink eenvoudig behalwe dat daar geen pad tussen die bosse deur en om die plaashuis is nie en dat die aankomende verkeer dieselfde onortodokse ompad moet gebruik Die gevolg is honderde voertuie van gelapte ou Peugeots tot splinternuwe Mercedes Benze en groot vragmotors wat almal teen n slakkegang plek plek vyf langs mekaar deur die bos kruie met toeters wat blêr Drie verskrikte verkeersmanne probeer orde veins maar hulle het n beter kans om water met n sif te skep Op die teerpad anderkant die tenkwa lyk sake nóg erger Daar is vier rye voertuie op n smalle rige enkelbaanpad en niemand is van plan om n aks agteruit te beweeg sodat die ander kan verbykom nie Elke motorlengte wat ons vorentoe beweeg is n triomf en ná bykans twee uur is al die voertuie in ons konvooi deur die verkeersknoop Die ompad én die verkeersknoop het ons beplande reistyd met ure verleng en teen die tyd dat ons die laaste steiltes tot by Kericho aanpak is dit al byna negeuur die aand en stikdonker In die dorpies wat ons langs die pad teëkom kuier die mense egter steeds op straat asof dit n Saterdagoggend is Volgens Johan se GPS is ons nou 3 000 m bo seespieël Die hoogte gunstige klimaat en hoë reënvalsyfer maak van Kericho n ideale gebied om tee te verbou Trouens Kenia is die derde grootste teeproduserende land ter wêreld en Kericho is die land se teehoofstad In die donker kan ons egter niks hiervan sien nie en die enigste aanduiding dat ons in teewêreld is is die Tea Hotel waar ons vanaand kamp opslaan Die hotel is in die 1950 s gebou en het n besliste koloniale gevoel Dit moes op sy dag n deftige plek gewees het maar kort nou meer as net n lagie verf In die ontvangslokaal is n buffelskedel teen die muur en daar is twee blou gloeilampe in die oogkaste gedruk Dit sal dalk n prys kry
    http://www.wegry.co.za/bestemmings/uganda-en-kenia-speel-idi-amin-se-agterplaas?page=3 (2013-04-27)

  • Uganda en Kenia | Speel in Idi Amin se agterplaas | WegRy
    grootte van die Krugerwildtuin maar die diere is volop en gewoond aan die voertuie In vergelyking met die Krugerwildtuin voel wildkyk hier amper te maklik soos n oopboek speltoets Vroegdag en laatskemer bly steeds die beste tyd om in die park te gaan rondry maar jy hoef nie ure lank by n watergat te sit en bibber met n koffiefles nie Dit is een van die min plekke waar n mens nog die bedreigde Rothschild kameelperd kan sien dit is effens donkerder as die kameelperd by die huis Nakuru se bobbejane is ook van n ander subspesie en lyk nie soos die kese by Kaappunt nie Die blou apies is darem dieselfde en gedra hulself ewe onhebbelik by die kampplek Maar nie een van hierdie diere is die rede waarom mense hierheen kom nie Nakuru is n soutwatermeer en hier sal jy meer flaminke kry as in Welkom ongeveer 1 5 miljoen meer Nakuru is n voëlreservaat en afgesien van die flaminke is hier meer as 450 voëlspesies Nakuru is waarskynlik vir voël kykers wat die Serengeti vir n trop honger leeus is Die flaminke snater gedurig en feitlik elke foto van n hiëna buffel of renoster wat jy hier neem het n agtergrond van pienk stokkiesbene Kort kort doen n pienk eskader n verby vlug in perfekte formasie Van die Baboon Cliff uitkykpunt het jy n mooi uitsig oor die park en die meer en die flaminke lyk soos n pienk kuslyn Ná drie dae in die park voel dit asof ek elkeen van die flaminke minstens een keer afgeneem het UIT EN TUIS Tussen Nakuru en Nairobi lê die 180 km van die A104 redelik reguit uitgestrek maar ons moet n lang stuk ompad ry omdat die hoofweg verbreed word en n nuwe teerlaag kry Hier en daar
    http://www.wegry.co.za/bestemmings/uganda-en-kenia-speel-idi-amin-se-agterplaas?page=4 (2013-04-27)

  • Antwoord kommentaar | WegRy
    se Olimpiese sierduikspan Daar is verbasend baie tyd om aan onsin te dink terwyl jy teen 9 81 meter per sekonde ek het dit ná die tyd uitgewerk na onder versnel Ek besef byvoorbeeld hoe simpel dit lyk en voel as n mens jou T hemp by jou kortbroek insteek Ek het gehoor die hemp van een van die ouens wat gister gespring het het oor sy kop getrek toe hy die water tref en hy het dit byna in die rivier verloor Wel ek s nie bereid om my hemp met die langste rivier in Afrika van Uganda na Kaïro toe te stuur nie Buitendien wil ek sien wat gebeur Ek s amper by die water en skiet weer boontoe Ná nog n paar op en af skiete aan die punt van die rek word ek uiteindelik op n rubberbootjie neergelaat en kan ek gaan ontbyt eet as n ingelyfde tydelike lid van die Voetspore span TOET TOET MATATU Die Voetspore span Johan Badenhorst sy seun Streicher Lourens Human Rey Janse van Rensburg en Gideon Swart is besig met die verfilming van die vierde reeks van die TVprogram Voetspore vir kykNET Dié keer gaan dit oor hul reis van Kilimandjaro tot Kaïro Ek toer die volgende week saam met hulle terwyl hulle die oorsprong van die Wit Nyl naby Jinja in Uganda besoek Hiervandaan ry ons van die noordekant van die Victoriameer ooswaarts oor die grens tussen Uganda en Kenia In Kenia sal ons suidoos draai in die rigting van Nairobi waar ek sal afskeid neem voor hulle in alle erns noordwaarts mik Ten tyde van my besoek was die span al 37 dae weg uit Pretoria op hul reis wat oor meer as 19 000 km en drie maande sou strek Johan het my gister buite Shoprite in
    http://www.wegry.co.za/comment/reply/2482 (2013-04-27)