archive-za.com » ZA » V » VGK.ORG.ZA

Total: 420

Choose link from "Titles, links and description words view":

Or switch to "Titles and links view".
  • Alle Preke | Vrye Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika
    lys van al die preke sonder die filters Predikant Geskrif Hoofstuk All Ds FJ Bijzet Ds PG Boon Ds DM Boersma Ds RH Bremmer Ds EA de Boer Ds T de Boer Ds AJ de Visser Ds C Kleyn Ds J Mhlanga Ds RM Retief Ds HH van Alten Ds FJ van Hulst Ds E Viljoen Ds JR Visser Ander All Génesis Exodus Levítikus Númeri Deuteronómium Josua Rigters Rut I Samuel II Samuel I Konings II Konings I Kronieke II Kronieke Esra Nehemía Ester Job Psalms Spreuke Prediker Hooglied Jesaja Jeremia Klaagliedere Eségiël Daniël Hoséa Joël Amos Obadja Jona Miga Nahum Hábakuk Sefánja Haggai Sagaría Maleági Matthéüs Markus Lukas Johannes Handelinge Romeine I Korinthiërs II Korinthiërs Galásiërs Efésiërs Filippense Kolossense I Thessalonicense II Thessalonicense I Timótheüs II Timótheüs Titus Filémon Hebreërs Jakobus I Petrus II Petrus I Johannes II Johannes III Johannes Judas Openbaring Nederlandse Geloofsbel Heidelbergse Kategismus Sondag 1 52 Dordtse Leerreëls Eers as jy Christus ken ken jy jou redding 2014 04 20 Ds PG Boon JESUS DIE NASARENER DIE KONING VAN DIE JODE 2014 04 18 Ds PG Boon God sluit sy genadeverbond met Abram 2014 04 13 Ds PG Boon Wie God liefhet doen goeie werke 2014 04 13 Ds PG Boon Die HERE besluit om Sodom en Gomorra te verwoes maar Lot uit die oordeel te red 2014 04 06 Ds PG Boon Die HERE leer sy kinders om Hom en sy planne te vertrou 2014 03 23 Ds PG Boon Die Gasheer en gaste aan die nagmaalstafel 2014 03 16 Ds PG Boon Jy mag n geloofskind wees 2014 03 09 Ds PG Boon Die HERE roep Abram na sy beloftes toe 2014 03 02 Ds PG Boon moet die jong kinders ook gedoop word 2014 03 02 Ds PG Boon Die doopwater leer

    Original URL path: http://vgk.org.za/vgk/preke/geskrif?page=8 (2015-12-05)
    Open archived version from archive

  • Alle Preke | Vrye Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika
    warning Illegal string offset data in var www clients client4 web114 web vgk includes tablesort inc on line 110 Gebruik die filters hieronder om vir spesifieke preke te soek Klik hier vir n lys van al die preke sonder die filters Predikant Geskrif Hoofstuk All Ds FJ Bijzet Ds PG Boon Ds DM Boersma Ds RH Bremmer Ds EA de Boer Ds T de Boer Ds AJ de Visser Ds C Kleyn Ds J Mhlanga Ds RM Retief Ds HH van Alten Ds FJ van Hulst Ds E Viljoen Ds JR Visser Ander All Génesis Exodus Levítikus Númeri Deuteronómium Josua Rigters Rut I Samuel II Samuel I Konings II Konings I Kronieke II Kronieke Esra Nehemía Ester Job Psalms Spreuke Prediker Hooglied Jesaja Jeremia Klaagliedere Eségiël Daniël Hoséa Joël Amos Obadja Jona Miga Nahum Hábakuk Sefánja Haggai Sagaría Maleági Matthéüs Markus Lukas Johannes Handelinge Romeine I Korinthiërs II Korinthiërs Galásiërs Efésiërs Filippense Kolossense I Thessalonicense II Thessalonicense I Timótheüs II Timótheüs Titus Filémon Hebreërs Jakobus I Petrus II Petrus I Johannes II Johannes III Johannes Judas Openbaring Nederlandse Geloofsbel Heidelbergse Kategismus Sondag 1 52 Dordtse Leerreëls Ook Juda is afhanklik van God se welbehae 1988 09 18 Ds FJ Bijzet

    Original URL path: http://vgk.org.za/vgk/preke/geskrif?page=115 (2015-12-05)
    Open archived version from archive

  • Die panorama van Christus se lewe op aarde bied ons lewe perspektief | Vrye Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika
    gebaar Dit verwys na die geboorte van die Here Jesus Christus Maar let nou op hoe vinnig die voëlvlug verder gaan Oor hierdie seun van die vrou ons Here Jesus Christus oor sy lewe word net dit gesê dat Hy die nasies met n ystersepter sou regeer verwysing na Ps 2 9 Hierdie opmerking dui nie op sy aardse tyd nie maar gryp vooruit op wat Hy sou doen na sy hemelvaart En dit is die hemelvaart waarna in die volgende sin verwys word die kind is weggeruk na God en sy troon Meer as 30 jaar lewe van die Here Jesus op aarde daaroor word niks gesê nie Vanuit die hemelse perspektief sien ons net die groot lyn waarheen alles lei Meer as 30 jaar van die Here Jesus se lewe op aarde daaroor word slegs vermeld dat Hy gebore is uit n vrou wat in staat van oorlog verkeer het met die draak die duiwel wat gereed gestaan het om haar en die kind te verslind En dan word genoem dat die kind weggevoer is na God en sy troon Wat daar presies gedurende die 30 plus jare op aarde gebeur het word nie vermeld nie slegs dat die effek daarvan was dat hierdie kind verhoog is en n plek as heerser van God ontvang het op die hemelse troon die hoogs denkbare posisie vanwaar hy met n ystersepter al die nasies regeer Christus se lewe op aarde net die begin en die einde word genoem meer nie Sy lewe is gekenmerk deur skitterende oomblikke Dink aan al die genesings wat Hy verrig het Dink aan sy prediking Dink aan hoe Hy met vyf brode en twee vissies meer as vyf duisend mense kon voed Sy lewe is ook gekenmerk deur dieptepunte Dink aan sy bittere lyde Toe Hy in die nag voor sy kruisiging in die tuin van Getsemane was Toe Hy daar angstig en wanhopig tot God gebid het Toe sy sweetdruppels soos bloeddruppels geword het Toe was dit net asof die tyd die aarde stilgestaan het En heeltemal was dit die geval toe Hy gekruisig is Toe dit drie ure lank pikdonker geword het in Jerusalem Toe Hy sy lewe verloor het Toe sy liggaam in die graf gelê is Vanuit die hemel kyk ons af saam met Openbaring 12 in voëlvlug sien ons die tyd die wêreldgeskiedenis verbygaan Vanaf die aarde beskou vanuit die beperkte perspektief wat eie is aan ons as mense sou ons onsself op sulke oomblikke in n diep dal bevind vir ons gevoel sou dit onmoontlik wees om daaruit te kom Dink aan die nag in Getsemane Vir ons besef sou die pad heeltemal doodloop met die kruisiging van Christus Vir ons gevoel sou alles toe finaal opgehou het soos dit met die dissipels die geval was Maar wat n openbaring as ons dieselfde geskiedenis vanuit die hemelse perspektief te sien kry Ten spyte van die diep dale sien mens veral dat die pad nie doodloop nie maar verder gaan

    Original URL path: http://vgk.org.za/vgk/node/1938 (2015-12-05)
    Open archived version from archive

  • Die seën van die Here Jesus maak die poort van die koninkryk oop vir hulle wat word soos kindertjies | Vrye Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika
    in drie van die vier evangelies beskryf word Net ter vergelyking die opwekking van Lasarus uit die dood vind ons slegs in een evanglie Johannes Die opwekking uit die dood van die jong man van Naïn vind ons ook net in een evangelie Lukas Daarenteen vind ons die allerbelangrikste gebeurtenisse uit die lewe van Jesus op aarde die feit dat Hy gekruisig is en dat Hy daarna uit die graf opgestaan het dit vind ons in al vier evangelies Dit was duidelik die belangrikste Maar ook hierdie gebeurtenis met die klein kindertjies het dus n belangrike plek in die Bybel gekry Dit het uiteraard daarmee te make dat Jesus n belangrike element van sy onderrig daaraan verbind het Voorwaar Ek sê vir julle hoor ons Jesus praat elkeen wat die koninkryk van God nie soos n kindjie ontvang nie sal daar nooit ingaan nie vers 15 So het Jesus se onderrig aan sy dissipels dikwels gewerk Hy sluit aan by praktiese omstandighede by toevallige gebeurtenisse wat is toevallig eintlik Uiteindelik is hierdie gebeurtenis glad nie toevallig nie Uit hierdie soort gebeurtenisse laat Hy sy dissipels lering trek Hy vestig hulle aandag daarop Dit is n baie belangrike leermoment vir die dissipels en daarmee ook vir elke mens Daarom dat dit so n prominente plek in die Bybel gekry het Daarvoor het die Heilige Gees gesorg Volwasse mense moet soos kinders word as hulle die koninkryk sal wil binnegaan Hierdie gebeurtenis met die baba s en hulle pa s was aanleiding vir nog verdere onderrig van Jesus aan sy dissipels Ons het daardie onderwys ook gelees vanoggend Dink aan die ryk jongman hoe hy die koninkryk sal moet binnegaan Dink ook aan die gedeelte oor die beloning vir die volg van Jesus Al hierdie onderrig draai rondom die vraag wie gaan binne Wie deel in die hemelryk Hierdie vrae koppel Jesus eksplisiet aan hierdie aksie van die pa s dat hulle na Jesus toe gekom het Jesus is as t ware die deur na die hemelryk Dink aan die gelykenis waar Jesus Homself vergelyk het met die deur van die skaapskraal Wie soos n kind na Jesus kom sal vind dat die poort na die hemelryk oop staan En ouers wat saam met hulle kinders na Jesus kom sal deur Hom ook die hemelryk binnegaan Wie durf hulle dan nog teen te hou Hier lê n duidelike verband met vandag Wanneer ouers die doop vir hulle kind aanvra dan doen hulle eintlik dieselfde as die pa s waarvan ons in die teks gelees het Hulle bring hulle baba na Jesus So het Johan Liné hulle seun gebring om Jesus se seën te ontvang die teken en seël dat Hy ook met hierdie kind n verbond gesluit het Die kindertjies ontvang Jesus se seën En daarmee ontvang hulle in beginsel die hemelryk Jesus vereenselwig dit met mekaar In vers 14 sê hy want aan sulkes behoort die koninkryk van God En so is dit ook met die doop Deur die doop ontvang

    Original URL path: http://vgk.org.za/vgk/node/1939 (2015-12-05)
    Open archived version from archive

  • Die Vader weet wat ons nodig het | Vrye Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika
    lewe staan God se koninkryk voorop As mens op hierdie manier in die lewe staan allereers soekende die koninkryk van God kyk mens ook anders na jou eie behoeftes Soos ons maar alte goed hier in Suid Afrika weet het nie almal dieselfde behoeftes nie Daar is mense wat weet hoe om met baie min klaar te kom en baie van ons hier vanaand in die kerk se behoeftes lê ver bo die gemiddelde van die land Tog leer Christus ons om ons eie behoeftes te relativeer Of dit gaan oor werk salaris voedsel skoolgeld vir jou kinders mediese kostes wat ook al Weer eens Christus verander ons blikrigting Dat ons onsself afvra wat het ons eintlik nodig as arbeiders in God se koninkryk Nie in die eerste plek ons eie behoeftes nie Nie dat ons geen behoeftes het en mag hê nie Maar as ons allereers die koninkryk van God soek dan is ons behoeftes ook God se behoeftes En omgekeerd is God se behoeftes ook ons behoeftes Ons behoeftes as ons byvoorbeeld dink aan die 4e bede ons daaglikse brood en die 5e bede delging van ons skuld en die 6e bede beskerming teen die Bose hierdie behoeftes van ons is ook God se behoeftes want ons mag mede arbeiders vir sy koninkryk wees As God wil dat ons ons lewe inspan vir sy koninkryk dan sal Hy ons ook onderhou om daardie doel te verwesenlik Liggaamlike onderhoud vergewing geestelike krag en beskerming Uit onsself sal ons nie kan oorleef nie Ons kom by God as sy kinders die oë gerig op sy Vaderhand En veral vir die van ons wat welvarend is is dit belangrik om te besef dat dit ook jou swakheid kan wees Soms as die ekonomie agteruit gaan as ons gesondheid buite ons beheer raak kan die Here ons daardeur leer om ons swakheid te besef Ons kan nie die wêreld manipuleer nie Ons landgenote kan nie met die hulp van n toordokter die werklikheid manipuleer nie Maar ook ons kan nie die werklikheid manipuleer nie ook nie as ons baie geld het nie Laat ons ons swakheid besef Ons krag lê nie in onsself nie As ons welvarend is is dit n gevaar n versoeking om te dink alles kan met geld gereël en reggemaak word Laat ons nie in daardie valkuil trap nie Vir n Christen lê sy krag juis daarin dat hy sy swakheid besef en toegee Die krag van n kind lê in sy Vader by wie hy skuil Kennis van jou swakheid kennis van jou ellende As jy besef jy is swak en afhanklik eers dan is jy bruikbaar in God se koninkryk Jesus het ons geleer Salig is die wat arm van gees is want aan hulle behoort die koninkryk van die hemele Salig is die wat honger en dors na die geregtigheid want hulle sal versadig word Salig is die barmhartiges want aan hulle sal barmhartigheid bewys word Mattheüs 5 3 7 Soek eers die koninkryk der

    Original URL path: http://vgk.org.za/vgk/node/1940 (2015-12-05)
    Open archived version from archive

  • Die Skrif openbaar | Vrye Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika
    mense as op Christus dit vervolg hulle wat volgens die Woord van God heilige lewe in besonder hulle wat die waagmoed het om die valse kerk oor sy sondes gierigheid en afgodery te bestraf Hierdie lys van die kenmerke van n valse kerk is nie volledig nie maar dit help ons oppad Mens kan op basis van die Woord nog dinge hieraan toevoeg Byvoorbeeld n kerk wat glad nie die tug bedien nie en dus die sonde in haar midde toelaat Dink aan voorbeelde uit die Bybel hoe streng God vir sy volk gestraf het nadat een persoon Agan ongehoorsaam was toe Jerigo ingeval is en van die buit vir homself geneem het Josua 7 Dit gebeur dikwels weens historiese ontwikkelinge dat n kerk n bepaalde aspek begin oorbeklemtoon Dit begin hulle identiteit te vorm Die Sewende Dag Adventiste hamer geweldig op die vierde gebod en die Oudtestamentiese toepassing daarvan Die Jehovagetuies hamer geweldig op die feit dat Jesus net n mens is en nie God nie Charimatiese kerke hamer geweldig op die feit dat jy eers n lewende Christen is as jy oorgedoop is of as jy in tonge kan praat Dit is dikwels kenmerkend vir wat n sekte is n Kerk word n sekte as dit een aspek uit die Woord oorbeklemtoon Daardie aspek is dikwels verkeerd daardie aspek kan soms selfs korrek wees Maar as alles van een leerstelling afhanklik gemaak word dan word die Evangelie die breedte wydte lengte en diepte van die Evangelie versmal Vir n ware kerk lê die gevaar om sekte te word altyd op die loer n Gesonde kerk moet leer en leef by die volle breedte van die rykdom van God se Woord Die NGB skryf dan ten slotte oor die ware en valse kerk hierdie twee kerke kan maklik uitgeken en van mekaar onderskei word Aan hierdie sin sal ons beslis nog bietjie meer aandag moet skenk Is dit wat Guido de Brès hier opgeskryf het iets wat net sy spesifieke situasie beskryf het naamlik dat in sy tyd en omstandighede dit maklik was om die ware en valse kerk te onderskei Of is dit hier as n algemene reël neergeskryf dat dit altyd in alle omstandighede maklik is om waar en vals te onderskei net soos mens altyd in alle omstandighede kan sien of iets wit of swart is of iets groot of klein is of iets lank of kort is Gemeente soos ek al in die vorige preek genoem het het De Brès toe hy hier oor die valse kerk geskryf het spesifiek aan die Roomse kerk gedink As hy verwys na die euwels oftewel sondes die gierigheid en afgodery van die valse kerk Verder het Guido de Brès in lyn met sy leermeester Johannes Calvyn nie gedink dat net die Calviniste die ware kerk was nie Ook die Lutherane al was daar verskille wat die nagmaalsleer betref en wat die kerkregering betref is as broeders in die geloof beskou Die verskille wat daar was is as oorbrugbaar beskou en mense soos Calvyn het hom beywer vir eenheid tussen Gereformeerdes en Lutherane Die Lutherane was ook redelik sterk verteenwoordig in die Nederlande die gebied waar De Brès vernaamlik gewoon en werk het Met ware kerk het De Brès breed verwys na die Protestante wat hulle van die Roomse kerk afgeskei het In daardie sin was die ware kerk maklik onderskeibaar van die valse kerk Die ware kerk het die band met Rome deurgesny dit was die Protestante Behalwe dan die Anapabtiste teen wie De Brès duidelik standpunt inneem in die NGB Die Anabaptiste of Wederdopers was ook n belangrike faktor in die gebied waar De Brès gewerk het Hulle het gesorg vir die beeldestorm wat De Brès ten sterkste afgekeur het En die rede hoekom hy die NGB geskryf het was om vir die owerhede duidelik te maak dat die Gereformeerdes nie so opstandig en ongehoorsaam aan die owerheid was soos die Wederdopers nie Ook moet mens onthou dat in die eerste dekades van die Reformasie die Protestantse kerkverbande nog in die proses was om gevorm te word Dit was nie iets wat oornag gebeur het nie As ons nou na ons eie tyd kyk en die vraag vra kan die ware en valse kerk vandag maklik uitgeken word Dan is dit duidelik dat ons vandag in heel ander omstandighede verkeer as destyds toe die NGB geskryf is Ons verkeer in n situasie waar kerkverbande vaste vorme aangeneem het en dikwels al vir dekades of eeue bestaan Ons verkeer in n situasie waar plaaslike gemeentes dikwels binne een kerkverband ver uitmekaar gegroei het Maar aan die ander kant is daar ook nog baie dieselfde in ons tyd By die beoordeling van waar of vals is die kriteria wat ons in art 29 vind nog steeds net so aktueel as toe Die kenmerke van n ware kerk En die kenmerke wat so tipies is aan n valse kerk naamlik dat die Woord van God op die agtergrond verdwyn en eie menings en besluite op die voorgrond kom dat die sakramente bedien word op n manier wat nie meer strook met wat ons in die Bybel vind nie en dat hulle wat op grond van die Bybel die kerk se swakhede uitwys vervolg word Hierdie essensiële elemente is iets van alle tye Soms is daar nuanseverskille Die Roomse kerk het hulle wat haar gekritiseer het dikwels tot die dood vervolg soos met Guido de Brès gebeur het Maar vervolging kan ook in ander vorme plaasvind Hendrik de Cock leier in die Afskeiding is vir n tyd in die tronk opgesluit Klaas Schilder leier in die Vrymaking is geskors en afgesit en so die mond gesnoer Die valse kerk beoefen ook n soort tug nie om die sonde te straf nie maar om die waarheid die mond te snoer Aan die einde van die dag moet mens vra is daar in n kerk die ruimte om die Evangelie in al sy diepte wydte en rykdom te bedien en ook daarvolgens te

    Original URL path: http://vgk.org.za/vgk/node/1941 (2015-12-05)
    Open archived version from archive

  • Jy word opgeroep om by die ware kerk aan te sluit | Vrye Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika
    om nie te meng met hulle wat valse profete is en wat die uitverkorenes probeer mislei nie Want oral waar die dooie liggaam lê daar sal die aasvoëls saamkom Mattheüs 24 28 Lig en duisternis kan mekaar nie verdra nie Wie dit wel probeer kombineer loop self gevaar Vertrek vertrek gaan weg daarvandaan raak nie aan wat onrein is nie gaan uit hulle midde uit Jesaja 52 11 Daar kan nie n kompromis gesluit word om vir watter rede ook al te bly in n kerk wat dwaal nie Jy word opgeroep om by die ware kerk aan te sluit Hierdie oproep kom uit God se Woord Nadat die Here Jesus uit die dood opgestaan het na die hemel opgevaar het en die Heilige Gees uigestort is het die Joodse Raad Jerusalem en al die sinagoges aangehou om te ontken dat Jesus die Christus is die Messias wat deur God beloof is Gelukkig was daar ook Fariseërs en priesters wat tot geloof in Christus gekom het Selfs hier en daar die hoof van n sinagoge soos Crispus in Korinthe wat met sy hele huisgesin tot geloof gekom het In die eerste jare na Christus se hemelvaart was daar n wat mens kan noem vensterperiode Christus was geduldig Hy het tyd gegun vir al die Jode en al die sinagoges om die Evangelie te hoor en om tot bekering gekom Hierdie genadetyd het egter nie ewig geduur nie En hoe langer dit gevat het hoe sterker het die oproep geklink vir die gelowiges om hulle af te skei van die valse sinagoge Die verwoesting van die tempel in Jerusalem in 70 nC was n historiese keerpunt Voor die tyd het die apostels nog dikwels in die sinagoges gepreek Na die tyd was die breuk tussen kerk en sinagoge duidelik en finaal Ware gelowiges soek mekaar op en hulle staan ook op vir mekaar Hulle skaam hulle nie om hulle broers genoem te word nie Hulle sien dit as hulle plig Ja n plig en dit is ook n heerlike plig Hierdie plig rus op elke gelowige om hom aan te sluit by die versameling van hulle wat verlos word dit is die ware kerk As mens oor die ware kerk praat is daar globaal twee maniere hoe hierdie onderwerp deesdae deur Christene benader word Die eerste manier is dat mense die kerklike denominasie waarvan hulle lid is as die ware kerk beskou En hulle sal ander oproep om by hulle kerk aan te sluit Hulle sal alle ander kerke wat beweer dat hulle waar is afwys as vals n Goeie voorbeeld hiervan is die Jehovah s getuies Mens kan ook dink aan die Sewende Dag Adventiste Die tweede manier wat mens deesdae by die meerderheid van Christene sien is dat die vraag na die ware kerk nie meer gevra word nie Soos wat art 28 sê dat elkeen verplig is om by die ware kerk aan te sluit dit speel geen enkele rol meer nie Die tydsgees van vandag in die Westerse wêreld altans is n breë ekumeniese beweging wat alle kerke weer bymekaar wil bring Daar word nie meer gefokus op wat skei nie maar op wat verenig Waar Martin Luther gewaarsku het teen die antichris waarmee hy die pous van sy dae bedoel het sien ons vandag dat Lutherane besig is om terug te beweeg en die eenheid met Rome te herstel Waar Guido de Brès in art 28 opgeroep het om af te skei van hulle wat nie aan die kerk behoort nie en dis duidelik dat hy veral hier op die Roomse kerk gesinspeel het is daar vandag baie Gereformeerde kerke wat daarna strewe om die band met Rome weer te herstel Dikwels word die groot agteruitgang van die kerk in die Westerse wêreld ook as argument gebruik Kerke loop leeg kerkgeboue word afgebreek Kerke moet wel saamvoeg anders kan hulle finansieel nie meer oorleef nie Nou hoe moet ons vandag die oproep dat jy by die ware kerk aansluit konkreet in praktyk bring Watter een van die twee maniere Ek dink dat ons as Vrye Gereformeerde Kerke staan in die tradisie van die eerste manier Ons is die ware kerk en ander is verplig om by ons aan te sluit Dit is redelik duidelik dat die tweede manier nie gekombineer kan word met art 28 van die NGB nie wat per slot van rekening ons belydenis is en wat per slot van rekening op die Skrif gebaseer is soos ons gesien het Wat die eerste manier betref is dit wel belangrik om te noem dat daardie manier nie net altyd ongenuanseerd reg is nie Dit kan ook verkeerd wees Hoe kan dit net reg wees as ook die Jehovah getuies dit gebruik om almal op te roep om by hulle sekte aan te sluit So sien ons deur die geskiedenis tot op vandag dat baie groeperings hulleself uitgeroep het as die ware kerk Nie net sektes wat totaal die spoor byster geraak het soos die Jehovah Getuies of die Mormone nie Maar ook kerklike groeperings wat nader aan mekaar staan Vir eeue lank het die Lutherane die Gereformeerdes verketter Die Lutherse Kerk sou die enigste ware kerk van die Reformasie wees en al die ander die Gereformeerdes Presbiteriane ensovoorts was die spoor byster En van Gereformeerde kant is die Lutherane ook dikwels verketter Selfs verskillende Gereformeerde denominasies het mekaar onderling afgeskryf as valse kerk En hoewel daar soms kerkskeurings plaasgevind het oor essensiële sake is daar ook baie voorbeelde waar die stiekers van waar en vals misbruik is terwyl dit oor middelmatige sake gehandel het n Simplistiese gebruik van waar en vals het aanleiding gegee tot die huidige situasie dat baie Christene allergies geword het vir hierdie terme Hulle wil nie meer van waar en vals hoor nie Hulle is moeg om die heeltyd ander Christene die maat te neem En dikwels uit reaksie slaan mense dan deur na die ander uiterste dit maak nie meer saak watter kerk jy is nie elke kerk het n

    Original URL path: http://vgk.org.za/vgk/node/1942 (2015-12-05)
    Open archived version from archive

  • Die voorbereiding van die tempelbou as onderdeel van God se heilsplan. | Vrye Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika
    koning Salomo oor die grense Selfs heidene mag saambou aan die glorie van God se huis Salomo sluit n kontrak Dit was in feite ruilhandel In ruil vir die hout het Israel landbouprodukte aangebied In vers 11 lees ons dat Huram antwoord met n amptelike brief Opvallend in hierdie brief is dat hy ook bely dat die God van Israel die God is wat hemel en aarde gemaak het Het hy dit regtig bedoel of was dit net n beleefdheidsvorm Diplomatieke beleefdheid As mense geld kan verdien dan debateer hulle nie oor beginsels nie Dan hou jy jou mening op die agtergrond Feit is dat die stede in Tirus en Sidon afhanklik was van die graan uit die suide Dit was vir eeue die geval selfs 1000 jaar later in die Nuwe Testament lees mens dat Tirus nog steeds afhanklik was van die landbouprodukte uit Kanaän In Handelinge 12 20 staan dat Herodes wat toe oor Israel geregeer het nie op goeie voet was met die Tiriërs en Sidoniërs nie Hierdie volke het egter Blastus die kamerheer van koning Herodes soort van omgekoop en so probeer om die band te herstel omdat hulle vir hulle voedsel van Herodes se gebied afhanklik was Om terug te kom by Huram hierdie huldeblyk aan die God van Israel is waarskynlik nie n geloofsbelydenis nie maar n aan oneerlikheid grensende koopmansgees In sy brief bied Huram ook n egte vakman aan Salomo aan Huram Abi wie se vakbekwaamheid Salomo mog benut vir sy projek As mens dit so lees tussen hakies merk mens dat baie dinge deur die eeue nie verander nie Ook vandag nog reis vakmanne handelaars wetenskaplikes na die buiteland om hulle kennis en vaardighede daar aan te bied En ook vandag nog kom mense uit die buiteland om plaaslik by projekte betrokke te wees Hierdie Huram Abi was n kenner op die gebied van die bewerking van metale en allerhande soorte materiale n Groot vakman Hierdie Huram Abi was eintlik half Joods en half Fenisies of Tiriër soos ons in vers 14 kan lees In sy brief stem koning Huram in met die voorstelde kontrak Salomo sou na sy land se landbouprodukte uitvoer koring gars olie dink aan olywe en wyn En hy sou hout lewer Oor die vervoer na Israel is daar ook planne gemaak Dit sou oorsee gebeur Die Fenisiërs sou die hout tot by die Israeliese hawe Jafo bring dit is die hedendaagse Tel Aviv Die Fenisiërs was naamlik ervare matrose Met wat hier genoem word vlotte sou dit gebeur En dit was vir Salomo se rekening om die hout dan vanaf die kus vanaf Jafo na Jerusalem te vervoer Dit was n afstand van soos die kraai vlieg omtrent 50 km maar in werklikheid n stuk langer En dan was daar ook nog 700m hoogteverskil n Hele karwei dus om so n gewig aan hout te vervoer na die bergstad Jerusalem In hierdie hoofstuk lees ons ook dat Salomo arbeidskragte gesoek het vir die projek Hy het veral die buitelanders wat in sy land woonagtig was vir die handearbeid gebruik Sewentigduisend van hulle het hy aangestel as lasdraers Tagtigduisend as klipkappers in die berge En oor hulle het hy drieduisendseshonderd opsigters aangestel Wie was al hierdie vreemdelinge Dit was nie vreemdelinge in die sin van asielsoekers nie Dit was mense wat al vir eeue ook in Israel gewoon het Afstammelinge van die ou Kanaäniete Toe God die land aan Israel gegee het het Hy destyds opdrag gegee om hierdie volke met die banvloek te tref God het toe Israel gebruik om sy straf oor die goddeloosheid van hierdie volke te bring Israel was egter ongehoorsaam en het hierdie volke nie met die banvloek getref nie In die tyd van koning Dawid toe hy van die twaalf stamme uiteindelik n politieke eenheid gemaak het onthou in die Rigtertyd het elke stam net vir homself geleef in die tyd van koning Dawid was hierdie Kanaäniete nog steeds daar En dus ook in die tyd van Salomo Dikwels lees ons oor hierdie mense in die Bybel was die vreemdelinge wat in julle poorte woon Hierdie mense afstammelinge van die ou Kanaäniete het n lastige status in Israel gehad En of Salomo korrek opgetree het om hulle as goedkoop arbeid te gebruik dit is nog maar die vraag Dit is ook nie die bedoeling van hierdie hoofstuk om Salomo aan ons as n etiese voorbeeld voor te hou nie Soos ons weet Salomo se lewe was lank nie altyd onbesproke nie Dit is nie die fokus van hierdie hoofstuk om al hierdie details te noem om Salomo op te hemel nie Hoekom word al hierdie inligting dan wel hier in Kronieke vermeld Ek het aan die begin van die preek genoem dat die boek Kronieke eers geskryf is na die ballingskap ten tye van die tweede tempelbou In Kronieke vind mens baie aandag vir die suidelike ryk Juda omdat dit mense uit hierdie ryk was wat teruggekeer het uit die ballingskap Daar is baie aandag vir die tempel en die bou daarvan en die voorbereiding op die bou soos in hoofstuk 2 As ons na die parallele geskiedskrywing in Konings kyk sien mens dat daar hier en daar verskillende fokuspunte is Tog word dieselfde geskiedenis beskryf Oor die algemeen fokus Kronieke veral op die geskiedenis van Jerusalem en die tempel En die skrywer moontlik Esra het aspekte in sy boek opgeneem wat van belang en interessant was vir die mense van sy tyd Wanneer sommige dinge in Kronieke uitgelaat word wat ons wel in Konings vind is dit nie verkeerd nie Dit het te make met die doel van sy boek Ook gaan hy daarvan uit dat sy lesers heelwat dinge alreeds weet wat hy nie hoef te herhaal nie Dit gaan naamlik oor die teruggekeerde ballinge se eie vaderlandse geskiedenis Ook is dit so dat die skrywer van Kronieke telkens verwys na die bronne wat hy gebruik het Sien byvoorbeeld aan die einde van 1 Kronieke n Vergelykbare situasie het

    Original URL path: http://vgk.org.za/vgk/node/1943 (2015-12-05)
    Open archived version from archive



  •