archive-za.com » ZA » V » VGK.ORG.ZA

Total: 420

Choose link from "Titles, links and description words view":

Or switch to "Titles and links view".
  • Spreuke : wees wys met die wyse, en vind so jou weg tussen rykdom en armoede! | Vrye Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika
    en asem en alles Hy sorg dat alle mense bestaan Wie dus die naaste ryk of arm reg wil takseer reg met hom wil omgaan moet hom in sy oë kan kyk moet verby die huis en die kar en die bankbalans van die mens kan kyk na die Skepper en die Oorsprong van daardie mens Mense wat mekaar in hierdie sondige en egoïstiese bestaan dikwels nie die lig gun nie moet leer om die lewenslig van die Here in mekaar se oë raak te sien Gemeente kan ons ons naaste nog só in die oë kyk Kan ek die arm bedelaar met sy vuil klere en bakhande nog diep in sy oë kyk en bely Die Here het hom gemaak Kan ek agter die miljoenêr se rykdom kyk en eerlik sê Die lig in sy oë kom van die Here af Kan ek beide my ryk baas en die arm skoonmaakster beskou as wesens wat lewe vanuit die Bron in die hemel Kan ryk en arm hier in die gemeente mekaar in die oë kyk en hulle gemeenskaplike Maker bely en prys Die eerlike beantwoording van hierdie is vrae van die grootste belang broers en susters Want wanneer ons in geloof die Skepper agter elke mens raaksien dan hoef die arme die ryke nie meer te beny of te verwens oor sy rykdom nie en dan sal die ryke besef dat hy niks het om hom teenoor die arme op te beroem nie Dan hoef ons mekaar in gewas en arbeid nie meer te vertrap om bo uit te kom nie dan is gewas en arbeid nie meer n stryd teen die naaste nie Nee dan word gewas en arbeid met reg n bede tot God as die Gewer en Beskikker van elkeen se deel en aanvaar ons dankbaar wat Hy oor my lewe bepaal het En wie leer dat gewas en arbeid nie n saak van ekonomiese kompetisie is nie maar eerder n saak van gebed van opkyk na die Maker van ons almal daardie persoon kan in liefde met die naaste begin omgaan Dan kom daar gevolglik ook sorg vir mekaar dan kan die ryke soos vers 9 sê sy brood vir die arme gee en word hy deur die Here geseën Ja dan ontmoet die gelowige ryke die armes van hierdie wêreld as dienskneg as iemand wat hulle wil dien met wat hy van die Here ontvang het En dan ontmoet die gelowige arme die rykes van hierdie wêreld as een wat n skat het om weg te gee die skat van die evangelie Met so n houding mag u in die komende seisoen u werk gaan doen Nou word die ontmoeting tussen ryk en arm n ontmoeting waarin die Maker sentraal staan Broers en susters bevind ons onsself in spannende ekonomiese omstandighede Verseker Gaan dit nog moeiliker word in ons land Heel moontlik Maar gee dit maar vir die gelowiges die gelowige ryke maar ook die gelowige arme Hulle weet in die Here wat om daarmee te maak Hulle sien die lewenslig in die oë van die naaste en hulle weet Wie die Maker is van daardie mens En dít bepaal hulle gebede maar ook hulle arbeid Gemeente op hierdie Biddag wil ons dus nie in die eerste plek bid vir verbetering van ekonomiese omstandighede nie maar wil ons begin deur te bid vir krag om ín hierdie realiteit wys te kan lewe Ons bede op hierdie dag is dat die Here ons wys sal maak wanneer ons môre weer die arme gaan ontmoet wanneer ons die ryke in sy groot kar sien ry En dat ons dan in geloof en nederigheid mag sê die Here het beide gemaak Mag die Here ons dan seën Vervolgens let ons op die bede vir die ideaal 2 Maar gemeente beteken dit wat ons hierbo gesê het dat ons maar in die status quo moet berus Ek is nou eenmaal n arme dus dit is wat ek sal bly of ek het nou eenmaal baie geld en so is dit vir my bestem Nee broers en susters bogenoemde erkenning van God as Maker van alle mense beteken nie noodwendig die handhawing van my huidige toestand nie Ek mag bid vir verandering maar dan moet ek goed weet waarvoor ek bid Ek moet reg bid soos wat die Kategismus ons leer En ook hierin gaan die Spreuke boek ons voor wanneer ons luister na die gebed van Agur die seun van Jake Ons lees naamlik in Spreuke 30 7 die woorde van Agur Twee dinge vra ek van U onthou dit nie aan my voordat ek sterf nie Die eerste waarvoor hy vra is dat die Here valsheid en leuentaal ver van hom af sal hou Maar hierdie eerste bede laat ons eers vir wat dit is Dit is die tweede ding wat Agur vra wat vir ons tans belangrik is Hy vra Gee my nie armoede of rykdom nie laat my geniet die brood wat vir my bestem is Agur vra dus om bewaar te word van uiterstes die uiterstes van rykdom en armoede omdat hy weet dat aan beide uiterstes gevare verbonde is Armoede is die eerste uiterste waarvan Agur gespaar wil word Armoede kan naamlik rampspoedig wees dit kan die arme bring tot diefstal Die arme kan in so n ellendige situasie kom dat hy geen ander uitweg sien nie as om hom te vergryp aan die besittings van n ander Maar die vergryp aan n ander se besittings is eintlik nog nie eens Agur se grootste vrees nie sy grootste vrees is dat hy hom deur sy gedwonge optrede as armoedige aan die Naam van die Here sal vergryp Hy is bang dat hy eendag in n toestand sal kom waarin hy van sy kant die innige band met sy God sou verbreek deur die Naam van daardie God aan te tas Gemeente die nood van die armoede leer nie altyd bid nie inteendeel soms bring dit mense tot n vloek As jy jouself van

    Original URL path: http://vgk.org.za/vgk/node/1786 (2015-12-05)
    Open archived version from archive

  • Sondag 27(2) : Wat doen die doop met ons? | Vrye Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika
    en in sterwe nie aan myself nie maar aan my getroue Verlosser Jesus Christus behoort Hy het met sy kosbare bloed vir al my sondes ten volle betaal en my uit alle heerskappy van die duiwel verlos Sien u ek het eers aan die duiwel behoort sodat ek van nature geneig was om saam met die Korinthiërs die dinge te doen wat in vers 10 genoem word Maar ek is losgekoop van die duiwel en ek behoort nou aan Jesus Christus Dít is die primêre betekenis van heiliging in hierdie vers die Korinthiërs behoort aan Christus en is apart geplaas om vir God te lewe En is dit nie maar presies wat ons in Sondag 27 van die kindertjies bely nie Hulle is deur die doop in die Christus kerk ingelyf en van die kinders van die ongelowiges onderskei Onderskei apart geplaas En ten slotte is die Korinthiërs volgens vers 11 ook geregverdig dit behels n wetlike uitspraak van God waardeur die gelowiges deur die bloed van Christus regverdig verklaar word Dit is n vryspraak deur die hemelse Regter op grond van die voltooide werk van Jesus Christus Dit beteken nie dat die Korinthiërs nou sondeloos geword het nie maar wel dat God na hulle kyk asof hulle nooit enige sonde gedoen het nie Of soos die nagmaalsformulier dit verwoord dat die geregtigheid van Christus ons so volkome toegereken en geskenk is asof ons in eie persoon vir al ons sondes betaal en alle geregtigheid volbring het Máár julle het julle laat afwas máár julle is geheilig máár julle is geregverdig Met behulp van hierdie drie aksies wat die Korinthiërs trouens nie aan hulleself gedoen het nie maar wat hulle passief ondergaan het wys Paulus watter verandering daar in die lewens van die Korinthiërs plaasgevind het en wys hy verder ook hoe hierdie verandering die gelowiges van die onregverdiges onderskei Daar is n verskil tussen die Korinthiërs se vroeëre lewe en hulle huidige lewe daar is n verskil tussen die gelowiges en die onregverdiges En dít is wat die doop aan ons doen broers en susters Nee ons moet dit suiwerder stel dit is wat die bloed en die Gees van Christus met ons doen Dit is wat gebeur in die Naam van die Here Jesus en deur die Gees van onse God soos die laaste woorde van vers 11 dit stel Die doop simboliseer die bloed en die Gees van Christus waardeur ons verander word van onrein mense na gewaste mense van besmette mense na geheiligdes van verdoemdes na geregverdigdes Sien u die kontras Gedooptes mense wat gewas en gereinig is in die bloed en Gees van Jesus Christus se lewens verander radikaal So radikaal dat die kontras met die vroeëre lewe en met die lewe van die onregverdiges onmiddellik sigbaar is Dit is soos dag en nag En hier het ons die antwoord op ons eerste vraag wat doen die doop met ons Dit verander ons gemeente radikaal En wanneer ons dít verstaan dan kan ons teruggaan na die Korinthiërs se onverkwiklike hofsake Dit bring ons by ons tweede gedagte skeiding 2 Gemeente dit is op grond van die radikale andersheid van die gelowiges in Korinthe dat ons Paulus se behandeling van die eerste deel van hoofstuk 6 vir onsself relevant kan maak Soos ek reeds gesê het wil dit voorkom asof gemeentelede in Korinthe mekaar oor allerhande sake voor die wêreldlike regbank gedaag het Let wel dit gaan hier nie oor die vraag of gelowiges dan nooit n regsaak mag aangaan nie dit is nie die vraag wat Paulus hier probeer beantwoord nie Terloops Paulus het sélf tydens sy lewe verskeie kere n beroep gedoen op die wêreldlike reg Nee dit gaan hier oor die vraag of n christen n mede gelowige voor die wêreldlike hof mag daag Moet die christen ook al word hy verontreg dan nie maar liewer die minste wees nie dit is Paulus se vraag in vers 7 Ly liewer onreg word liewer beroof máár moet net nie julle radikale andersheid op die spel plaas nie Dit is uiteindelik Paulus se opdrag aan die Korinthiërs moenie julle radikale andersheid verspeel nie Hierdie radikale andersheid beskryf Paulus in vers 1 deur die heiliges teenoor die onregverdiges te plaas Durf iemand van julle wat n saak teen n ander het gaan reg soek voor die onregverdiges en nie voor die heiliges nie En in vers 6 maak hy dieselfde onderskeid maar net met ander woorde Maar gaan die een broeder met die ander na die regbank en dit voor ongelowiges Sien u heiliges teenoor onregverdiges en broeders teenoor ongelowiges Dit bevestig vir ons dat die kerk dat die gelowiges anders is as die onregverdiges die ongelowiges En daardie andersheid moet ons nie op die spel plaas nie inteendeel daardie andersheid moet sigbaar word in n duidelike onderskeid Dit is n onderskeid waaroor Sondag 27 nie skaam is nie gelowiges en hulle kinders word volgens antwoord 74 in die verbond van God en sy gemeente ingesluit En daardie insluiting impliseer ook n uitsluiting van ander hulle word in die Christelike kerk ingelyf en van die ongelowiges onderskei So was dit in die Ou Verbond deur die besnydenis en so is dit ook in die Nuwe Verbond deur die doop Regdeur die geskiedenis was daar hierdie onderskeid n onderskeid wat God self ingestel het toe Hy vyandskap gegee het tussen die vrouesaad en die slangesaad En daarmee sê ons nie broers en susters dat ons beter is nie daarmee neem ons geen hoogmoedige elitêre houding aan asof ons self hierdie posisie verwerf het nie Nee dit is n posisie wat God ons uit genade geskenk het n Posisie wat só uniek is só besonder dat Paulus verbaas vra Weet julle nie dat die heiliges die wêreld sal oordeel nie En as die wêreld deur julle geoordeel word is julle dan onbevoeg vir die geringste regsake Weet julle nie dat ons engele sal oordeel nie hoeveel te meer die alledaagse dinge verse 2 en 3 Ons gaan eendag

    Original URL path: http://vgk.org.za/vgk/node/1787 (2015-12-05)
    Open archived version from archive

  • TEKSWOORDE : Daar bly dus ‘n sabbatsrus oor vir die volk van God | Vrye Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika
    wat Hy uiteindelik met n sterke hand en n uitgestrekte arm uit die slawehuis van Egipte uitgelei het En wanneer Hy hulle kort ná hierdie uittog by die berg Sinai bring dan kondig Hy sy wet vir hulle af En as deel van daardie wet hoor mooi lui die vierde gebod soos volg Gedenk die sabbatdag dat jy dit heilig Ses dae moet jy arbei en al jou werk doen maar die sewende dag is die sabbat van die HERE jou God dan mag jy géén werk doen nie Ná duisende jare waarin ons van die rus van die sewende dag eintlik niks hoor nie betrek God sy volk weer by sy rusdag God lei sy volk uit die slawehuis van Egipte sodat hulle weer kan deel in die sewende dag waarop Hy ewig rus En as ons vervolgens weer vooruit spring en dit in Nuwe Testamentiese taal omsit dan kan ons sê deur Jesus Christus lei God sy volk uit die slawebande van die sonde en die dood sodat hulle kan deel in sy ewige rus Dit is presies die uitnodiging wat die Here Jesus na die volk en na ons toe rig Kom na My toe almal wat vermoeid en belas is en Ek sal julle rus gee Neem my juk op julle en leer van My want Ek is sagmoedig en nederig van hart en julle sal rus vind vir julle siele Mt 11 28 30 En van daardie rus is die sabbat of die Sondag soos ons dit vandag ken n teken ja so noem die Here dit in Exodus 31 13 n teken van die ewige rus wat die Here uit genade weer herstel En dan gaan dit nie maar net oor daardie sewende dag of oor die eerste dag wanneer ons Nuwe Testamenties daarna kyk nie Nee dan gaan dit oor die herstel van God se ewige rusdag vir die hele lewe Dan gaan dit oor die herstel van die totale vrede met God Dit gaan dus nie net oor die rus op daardie dag nie dit gaan oor die vrede met God in my hele lewe Daarom dat ons in Sondag 38 van die Heidelbergse Kategismus in verband met die vierde gebod bely Ten tweede moet ek elke dag van my lewe van my bose werke rus en die Here deur sy Gees in my laat werk So begin ek die ewige sabbat reeds in hierdie lewe Elke Sondag is n teken van die rus wat Christus vir ons verdien het rus van die sonde rus van die bande van die duiwel en die dood Die ewige sabbat is nie eendag nie nee dit begin vandag alreeds Daarom stel br Bram ook tereg in een van sy skrywes die vraag hoe die Sondag deurwerk in die res van ons lewens want hy het verstaan dat dit gaan oor n alles omvattende ewige rus Vrede met God op Sondag maar ook op Maandag en Dinsdag Máár sê die Hebreërskrywer dan vir ons in hoofstuk

    Original URL path: http://vgk.org.za/vgk/node/1788 (2015-12-05)
    Open archived version from archive

  • Sondag 25-1 :Die Heilige Gees werk die wonder van geloof! | Vrye Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika
    redetwister van hierdie eeu Het God nie die wysheid van hierdie wêreld dwaas gemaak nie v 19 en 20 Ja lagwekkende dwaasheid Kom ons aanvaar daarom dat Gód die weg tot geloof bepaal En dit is soos ons bely in antwoord 65 dat die Heilige Gees die geloof in ons harte werk deur die verkondiging van die heilige evangelie Ja in óns wysheid sou ons totaal ander middele gekies en sou ons n totaal ander boodskap verkies het Maar kom ons lê ons in geloof neer by God se keuse kom ons wees bly wanneer ons Sondae weer kerktoe mag gaan kom ons vertel met vrymoedigheid dat daar by ons nog gepreek word Dwaasheid Wel dit is tot ons redding Vervolgens die Gees werk geloof ten spyte van die swakheid van die gemeente 2 n Mens sou jouself kon voorstel dat aangesien die wysheid van God ver bo dié van die mense uitstyg hierdie wysheid juis deur die wyses en die aansienlikes van die wêreld aanvaar sal word dat dit juis die opgevoede en belese mense van die wêreld sal wees wat tot geloof in Jesus Christus kom n Mens sou kon dink dat hierdie mense meer toeganklik sal wees vir die wysheid van God as die onopgevoedes en dwase Maar Paulus wys vervolgens vir die gelowiges in Korinthe dat dit nie die geval is nie God se wysheid en menslike wysheid gaan nie saam nie God se wysheid hou geen verband met sosiale ekonomiese of opvoedkundige status nie God soek in sy wysheid nie diegene op waarvan óns dink dat hulle geskik is nie Inteendeel sê Paulus vir die Korinthiërs let op julle roeping julle is nie baie wyse na die vlees nie nie baie magtiges nie baie edeles nie Hiermee gee Paulus iets weer van die sosiale ekonomiese en opvoedkundige samestelling van die gemeente in Korinthe Wat hulle ook al van hulleself gedink het volgens wêreldse maatstawwe was hulle niks besonders nie En broers en susters selde in die geskiedenis van die kerk was dit enigsins anders Ook vir die gemeente hier geld dieselfde is hier wêreldberoemde mense in ons gemeente is hier akademiese reuse of mense wat in die besigheidswêreld die hoogste aansien verwerf het Natuurlik het ons mense wat ekonomies baie goed gedoen het en mense met doktersgrade en mense wat by naam in die samelewing bekend is Maar is hier werklik iemand onder ons waarna die wêreld luister iemand wat die rigting van ons tyd noemenswaardig beïnvloed iemand wat elke tweede dag die nuus haal Nee maar dit is ook nie waarop die Here let wanneer Hy die dwaasheid van die prediking laat klink nie Inteendeel om die krag van die prediking te bewys kies die Here juis die dwase in die oë van die wêreld hulle wat nie werklik saamtel nie om sodoende die wyse te beskaam Verder kies God die swakkes in die oë van die wêreld om die sterkes te beskaam en die onedeles en die wat verag is Ja gaan kyk

    Original URL path: http://vgk.org.za/vgk/node/1784 (2015-12-05)
    Open archived version from archive



  •