archive-za.com » ZA » V » VGK.ORG.ZA

Total: 420

Choose link from "Titles, links and description words view":

Or switch to "Titles and links view".
  • Prediker 3 : Hoe om aan wisselende tye sin te gee. | Vrye Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika
    ontvou want alles het Hy mooi gemaak op sy tyd vers 11a Mooi Is dood mooi Is doodmaak mooi Is oorlog mooi Nee ons kan beter vertaal met gepas Alles pas presies op die tyd waarvoor God dit beplan het en só dra elke tyd by tot die totale meesterstuk waarmee die Skepper besig is Elke tyd elke geleentheid hoe verganklik ook al is n onderdeel van die geheel En God het iets van daardie geheel in ons harte gelê kyk maar na vers 11b ook het Hy die eeu in hulle harte gelê Bedoelende God het die besef van tyd van hede en verlede en toekoms deel van ons mens wees gemaak dit sit in ons om meer te wil weet van die verlede die geskiedenis dit sit in ons om vandág te wil analiseer en verstaan dit sit in ons om die toekoms te wil ken En tóg so sluit vers 11 af kan ons die werk wat God doen van begin tot end nie uitvind nie Ons probleem is dus nie dat die lewe weier om tot stilstand te kom nie gemeente ons probleem is nie dat daar voortdurende veranderings is nie maar ons probleem is dat ons slegs n fraksie van die totale beeld kan sien Ons het geen oorsig nie ons sien die deeltjies die afwisselende tye maar ons sien nie die geheel nie Daar is dus nie so iets soos gevriesde volmaaktheid nie nee daar is n dinamiese goddelike beweging met n duidelike begin by die skepping en n beplande einddoel waarvan God alleen weet Máár en dit is ons probleem ons vang net die verskillende momente op soms wonderlike asemrowende tye soms donker hartseer tye Ten spyte van ons kennis van al hierdie afsonderlike momente al hierdie aparte tye bly ons onvergenoegd want ons kan die totale betekenis nie gryp nie Ons is soos n bysiende persoon wat met sy neus teen n massiewe muurskildery of mosaiek staan Ons sien genoeg om te besef dat ons hier met n werk van uitsonderlike kwaliteit te make het maar die geheel ontgaan ons Ons kan nooit ver genoeg terugstaan om daarna te kyk soos wat die Skepper daarna kyk nie heel en volledig van begin tot end Nou broers en susters sonder om ons moedeloos te wil maak want dit is nie die Prediker se doel nie is dit tog belangrik dat ons vir n oomblik by hierdie bysiendheid van ons stilstaan dat ons verstaan dat ons met ons neuse teen God se muurskildery staan en die geheel nie kan oorsien nie Want as jy dít verstaan dan leer jy iets van jouself ken Wie is ek regtig Wat het ek regtig bereik En só leer die Here jou om jouself en die gebeure in jou lewensgeskiedenis te relativeer Dit gee aan ons n stukkie beskeidenheid wanneer ons besef dat ons die belang van ons lewens die belang van ons prestasies van ons opinies van ons swaakry dat ons die belang daarvan in die geheel van God se muurskildery nie ken nie en ook nie kan oorsien nie Jy kan die geheel nie oorsien nie en tog gee dit perspektief wanneer jy besef dat jou lewe maar net n klein steentjie is in die geheel van God se eeue omvattende wêreld omspannende mosaiek En kyk dan weer na jou lewe van die afgelope jaar Jy het dalk in die afgelope jaar n prominente rol in die samelewing gespeel as besigheidsman of as akademikus of as beleidsmaker Óf jy het dalk n verandering aan mense se lewens gemaak met jou liefdadigheidswerk of liefdesdiens Óf jy het dalk n groot prestasie behaal met jou matriek uitslae of die graad wat jy behaal het of daardie sportspan waarvoor jy verkies is En Hoe weet jy of jou oomblik wat jyself so belangrik ag in die geheel van God se plan so belangrik is Dit is maar net n tyd as dit nie al verby is nie gaan dit binnekort wees Jou oomblik in die kollig is presies dit n vlietende oomblik Relativeer daarom dit wat jy in die afgelope jaar bereik het moenie dat jou steentjie in die mosaiek die hele mosaiek word nie Dit is maar net n steentjie haal dit uit die mosaiek en dit verloor sy betekenis in die geheel Of jy het dalk in die afgelope jaar swaar tye deurgegaan jy het miskien groot hartseer beleef jy was dalk deur n dal van doodskaduwee In n jaar kan daar baie in mense lewens gebeur miskien het n geliefde gesterf jy het dalk n liefdesteleurstelling beleef jy is dalk deur n egskeiding miskien het jy jou werk verloor Ook dit is deel van God se groter mosaiek onthou en ek sê dit met groot deernis en versigtigheid jou hartseer en teleurstellings is n deel nie die geheel nie Jou en my swaarkry is n teëltjie in God se massiewe mosaiek Maar so is daar miljoene ander swaarkry teëltjies in die kerk in ons land en op soveel ander plekke in die wêreld Op dieselfde manier moet ons ook ons eie opinies van die afgelope jaar kan relativeer Ons ag ons opinies ons menings geweldig gewigtig ons vat onsself baie ernstig op Ag soms is dit goed om maar n noot laer te sing Want opinies verander Mense verander Iemand kan in die kerk baie sterk voel oor n sekere saak maar die oomblik as dit homself oorkom dan sing hy n ander deuntjie die praktyk bewys dit oor en oor Wees maar beskeie oor jou opinies moet jou gedagtes maar nie te veel verabsoluteer nie Tye verander Let wel daarmee sê ek nie dat ons die geloofsinhoud moet relativeer nie ek sê nie dat ons die Here se Woord moet relativeer nie maar weet wel dat jou verstaan van God se Woord ook maar gebrekkig is dalk gee die Here jou oor n jaar verdieping van kennis en kan jy jou opinie bystel Dus die waarheid verander nie maar ken wel jou eie beskeie plekkie

    Original URL path: http://vgk.org.za/vgk/node/1797 (2015-12-05)
    Open archived version from archive

  • Mark 1 : 1-8 : As Israel sy Koning wil ontmoet, moet hy sy geskiedenis oordoen! | Vrye Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika
    nodig So neem Johannes alle grond onder die voete van die volk weg Hulle kan nie meer vertrou op wat hulle opgebou het nie Hulle kan selfs nie meer vertrou op hulle afkoms van Abraham nie Mt 3 9 want God kan uit die klippe kinders vir Abraham verwek So skud Johannes die volk tot op sy diepste fondamente n Aardbewing vanuit die woestyn ontneem alle gelowiges in Israel hulle selfvertroue Daar is niks meer waarop hulle kan staatmaak nie En op dié manier word hulle voorberei op die koms van die Koning Gemeente is dit nodig om die relevansie hiervan vir ons vandag te verduidelik Want ook ons moet voorberei word op die ontmoeting met die Koning ook ons fondamente moet geskud word Ook ons moet leer dat ons die Koning nie vanuit ons selfopgeboude koninkryke kan ontmoet nie Ons ontmoet die Koning nie vanuit die veiligheid van ons eie kerklike geskiedenis en tradisie nie Ons ontmoet die Koning nie vanuit ons gemaksone nie Want al hierdie dinge skep n verkeerde beeld van ons egte toestand Hierdie dinge skep die indruk asof ons deur die loop van die tyd iets moois opgebou het asof ons iemand besonders is Maar die Wegbereider leer ons iets anders terug na die woestyn Terug na wie julle werklik is Want niemand kan die Koning ontmoet in selfgenoegsaamheid en tevredenheid nie niemand kan Kersfees tegemoet gaan met n gees van selfvoldaanheid nie Arm en hulpbehoewend dít is hoe die Here ons wil ontmoet Nee gemeente ons hoef vandag nie fisies terug na die woestyn te gaan nie maar van ons word wel gevra om te luister na die stem wat roep in die woestyn En sy roepstem moet ons houding bepaal En dit is nie in die eerste plek n houding van Kom alle getroues vrolik en vol vreugde nie Nee dit is heel eerste n houding van Ek ellendige mens Sonder my Koning is die woestyn die werklikheid van my lewe Maar ons moet nog verder gaan en daarom let ons nou in die tweede plek op die Jordaan 2 Die volk het inderdaad in antwoord op Johannes se roep hulleself op grootskaal bekeer en belydenis van skuld gedoen Nou hierdie bekering het gepaardgegaan met n doop handeling met n onderdompeling in die Jordaan Baie is al oor hierdie doop ritueel gesê en geskryf Baie het al probeer om Johannes se doop terug te voer tot bestaande doop praktyke uit daardie tyd Maar uit die bynaam die Doper wat al sommer gou aan Johannes gegee is kan ons aflei dat sy doop ritueel iets nuuts was So n bynaam sou hy sekerlik nie gekry het as hy eenvoudig gedoen het wat elders ook gebruiklik was nie Johannes se doop was dus uniek Maar wat het dit dan so besonders gemaak Wel broers en susters as ons n goeie beeld wil kry van Johannes se doop handeling dan moet ons aandag gee aan die plék waar hy gedoop het Johannes doop immers nie maar net met water nie nee hy dompel onder in die Jordaan Waar die christelike doop n doop in die naam van n persoon Jesus Christus is is die onderdompeling van Johannes n onderdompeling in n spesiale rivier Die mense is nie ondergedompel in die naam van Johannes nie maar hulle is ondergedompel in die Jordaan Mt 3 6 Mk 1 5 Nou sal die kinders sekerlik kan onthou wat so belangrik was aan die Jordaan rivier Dit is reg die Jordaan is die rivier van die intog waardeur God destyds sy volk met droë voete heengelei het om hulle in die beloofde land te laat woon En nou kom Johannes die Doper en hy dwing die volk nie net om die beloofde land agter te laat deur terug te keer na die woestyn nie maar hy laat hulle vervolgens ook nog ondergaan in hierdie grensrivier Waar hulle eeue gelede dróógvoets deur die Jordaan rivier die land binnegetrek het word hulle hierdie keer nie gespaar nie hulle moet ondergaan in die waters van die Jordaan rivier Immers die onderdompeling baptizein is die Griekse woord wat hier gebruik word dui op n handeling waarby iets heeltemal onder die water gedruk word en nie weer daaruit opgetrek word nie Dit gaan hier dus oor n verdrinking die volk word in die Jordaan rivier verdrink En ook al bly dit net by n simboliese verdrinking tog spreek hierdie ritueel die dodelike taal van n ondergang in die rivier Abraham se kinders moet sterf op die grens van die beloofde land hulle is soos burgers wat hulle paspoorte moet ingee en op die grens doodgeskiet word En daardeur word hulle soos asielsoekers in hulle eie land vreemdelinge wat amnestie soek by die komende Koning Ja soos wat die volk eenmaal droogvoets deur die Jordaan gelei is so word die volk nou simbolies verdrink in dieselfde water En so wil Johannes die volk wat eers alles agtergelaat het en wat met hierdie verdrinking die lewe self verloor het so wil hy hulle gereed maak vir die amnestie wat daar te vinde is in die koninkryk van die hemele En juis daarom word Johannes se doop ook die doop tot vergewing van sondes genoem Mk 1 4 Luk 3 3 Nie omdat die doop in die Jordaan rivier sélf een of ander reinigende werking het nie maar omdat die volk deur hierdie doop voorberei word op die amnestie vir skuldiges wat oppad is Die komende Koning sal almal wat voorbereid is doop met die Heilige Gees So louter en heilig Hy sondaars Gemeente om die nuwe lewe van die Koning te kan ontvang moet ons sterf aan die ou lewe Om die beloofde land te kan ingaan moet ons in die Jordaan rivier sterf Of ander gestel om die Koninkryk van die hemele te kan binnegaan moet ons eers doodgaan Nadat ons alreeds alles afgelê het alles wat sekerheid gee soos wat ons in die eerste punt gesien het moet ons nou ook nog die lewe self

    Original URL path: http://vgk.org.za/vgk/node/1795 (2015-12-05)
    Open archived version from archive

  • Sondag 31 : : Die kerk ontvang die sleutelmag van die Here! | Vrye Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika
    huisbesoeke na vore kom wanneer die ampsdraer op huisbesoek kom en nie vanuit die Woord die koninkryk vir u oopsluit nie vra hom daarna Hy het immers nie gekom om u opinie oor die laaste kerklike verwikkelinge te hoor of om u lys met probleme aan te hoor nie Hy kom om vir u oop te sluit Maar gemeente dit moet ook in ons onderlinge gesprekke na vore kom Ons is immers nie vir mekaar gegee om vir mekaar van n liewe Jesus te vertel nie ons is ook nie vir mekaar gegee om maar net te dweep met die Woord die Woord sonder om die Woord konkreet in die omstandighede te laat spreek nie Nee in ons onderlinge omgang moet die Woord konkreet gebruik word sodat ons mekaar in ons omstandighede kan bemoedig kan leer en kan vermaan Ek moet die Woord konkreet as sleutel gebruik sodat of ek nou vermaan of bemoedig of leer die ander persoon met verwondering kan sien dat in Jesus Christus die koninkryk vir ons oopgaan En gemeente dieselfde geld vir die bediening van die tug Die tug is niks anders nie as bediening van die Woord en het as die doel die opening van die koninkryk en die behoud van die sondaar Die tug is nie om mense uit die koninkryk weg te jaag nie Nee ons is die kerk van Christus wat daarna soek om die sondaar te red En daarom begin ons die christelike tug heel eerste deur oop te sluit Wanneer jy iemand in die gemeente vermaan oor sy leer of lewe dan begin jy mos nie deur aan hom te verkondig dat hy geen deel aan die koninkryk het nie Nee jy begin deur hom terug te roep van sy verkeerde weg en jy verkondig aan hom vergifnis in die sterwe en opstanding van Jesus Christus Jy sluit vir hom die koninkryk oop sodat hy kan ingaan Dít behoort ons strewe te wees by die bediening van die tug wat uiteindelik niks anders is nie as bediening van die Woord Dus gemeente dit is die eerste aspek van die sleutelmag die bediening van die Woord In die Woord het die Here vir ons n baie kragtige sleutel gegee Ons het iets gekry wat niemand anders in hierdie wêreld het nie En daarby het die Here die gemeente en in besonder die ampsdraers bedienaars van daardie sleutel gemaak Ons het iets om vir mekaar en die wêreld te bied Laat ons dit nie verspeel nie Sluit oop die koninkryk met die Woord van die Here Ons let vervolgens op die sleutelmag in ons dade 2 Tydens Jesus Christus se bediening op aarde is dit opmerklik om te sien dat sy prediking sy bediening van die Woord altyd gepaard gegaan het met tekens en wonders Let maar n bietjie daarop wanneer u weer die evangelies lees Enersyds het Jesus daardeur sy prediking bevestig en bekragtig maar andersyds het Hy daardeur ook gewys wat die ware betekenis van die evangelie van die koninkryk is Die evangelie is nie maar net woorde sonder effek nie nee die evangelie bring nuwe lewe en daarom is dit gerig teen alles wat die lewe op aarde bedreig en beskadig die evangelie is daarop uit om elke siekte en kwaal alle ellende en gebreke te verdryf Of positief gestel die evangelie is daarop uit om die lewe te herstel en te vernuwe En daarom kon die Here Jesus sy bediening nie slegs by woorde laat nie maar wou Hy dit ook met die daad bevestig Hy het verkondig dat Hy gekom het om lewe te gee en Hy het dit vervolgens ook bewys deur dooies op te wek deur siekes te genees en deur besetenes van bose geeste te bevry Nou toe Jesus by sy hemelvaart aan sy apostels die sleutel van die verkondiging van die evangelie toevertrou het het Hy daarmee saam ook híérdie aspek van sy werk aan hulle toevertrou En ons sien vervolgens hoe dit op n pragtige manier in die vroeë kerk uitgewerk is Kyk maar na Handelinge 2 42 46 onder die leer van die apostels dit wil sê onder die verkondiging van die evangelie het daar n gemeenskap ontstaan en hierdie gemeenskap was sigbaar en tasbaar tydens die gemeenskaplike maaltye en in die gemeenskaplike vreugde oor die heil asook in die verdeling van die gawes Ons sien dus dat die apostels tegelykertyd besig was met én die prediking én die diens van die barmhartigheid op allerhande maniere En só moes dit ook wees want ons het reeds by Jesus gesien dat hierdie twee bymekaar hoort die verkondiging van die evangelie vra vir diensbetoon En ons sien dit op n besondere manier in Handelinge 4 wat ons saam gelees het In vers 32 lees ons eers dat die gemeentelede alle besittings gemeenskaplik gehad het niemand het gesê dat iets sy eie was nie Direk daarna word in verband hiermee gesê dat die apostels met groot krag getuienis gegee het van die opstanding van die Here Jesus net om in vers 34 te vervolg want niemand onder hulle was behoeftig nie Sien u hoe nou die verkondiging met die diensbaarheid verweef was Dus om die materiële sake te reël en te verdeel was nie maar net n ekstra takie wat die apostels verrig het n soort buitemuurse aktiwiteit nie Nee dit was n regstreekse gevolg van hulle verkondiging Met apostoliese volmag sorg Petrus daarom vir die verdeling van die materiële gawes en waak hy teen vervalsing en korrupsie soos wat sigbaar word in die geskiedenis van Ananias en Saffira Hand 5 1 11 Daarin tree hy op as verteenwoordiger van die Gees en in die krag van die opgestane Christus En wanneer later blyk dat die getalle te groot raak vir die apostels om alles te hanteer dan stel hulle hiervoor n eie besondere diens in ons het daarvan gelees in Handelinge 6 En tog bly die apostoliese verkondiging en die diakonale versorging baie nou op mekaar betrokke Apostels en diakens is baie

    Original URL path: http://vgk.org.za/vgk/node/1793 (2015-12-05)
    Open archived version from archive

  • Joh1 : 29b : Johannes wys vir ons die Lam van God aan. | Vrye Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika
    kom is Genesis 22 lees Gen 22 6 14 In hierdie gedeelte sien ons dat die Here self die Een is wat die offer skenk dit wat ons aan Hóm skuld daarin voorsien Hy Ook as jy vandag hier aan die nagmaalstafel kom sit dan vra die Here nie van jou n offer nie die Here vra nie dat jy iets vir Hom kom aanbied voor jy van die brood mag eet en van die beker mag drink nie Nee die Here sê eenvoudig vir jou Kyk hier is die Lam van God vir jou Neem eet Ek voorsien in jou behoeftes En broers en susters Abraham wys vir ons ook nog hoe ons op hierdie weldaad van God behoort te reageer Want Abraham kon in geloof reeds voor die tyd vir sy seun Isak sê God sal vir Homself die lam vir n brandoffer voorsien my seun Gen 22 8 En dit is in daardie geloof dat Abraham kon gaan doen wat die Here van hom gevra het ook al was dit die opoffering van sy eie seun In dieselfde geloof daardie totale en hartlike oorgawe van Abraham mag jy vandag hier kom sit Nie in spanning omdat jy niks het om te bied nie omdat jou sondeskuld so groot is omdat jou las so swaar is Nee in geloof Kom daarom want God voorsien In die tweede plek let ons daarop dat die skuld oorgedra word 2 Dáár is die Lam van God wat die sonde wegneem Die woord sonde staan hier in die enkelvoud nie omdat daar slegs een sonde begaan is nie Nee die gebruik van die enkelvoud dui daarop dat al die menslike mislukkings al joune en joune en joune en myne al hierdie sondes word gesien as een groot kompleks van skuld n warnet van ongeregtigheid Dit is die totale lewenslas van die mensheid waaronder ons ewig moes versink soos wat die nagmaalsformulier dit stel Nou dít word volgens Johannes deur die Lam op homself gelaai en weggedra dit is wat letterlik daar staan Of soos wat ons lees in 1 Petrus 2 24 wat self ons sondes in sy liggaam op die kruishout gedra het Die Lam is in staat om hierdie ondraaglike las voor God se aangesig weg te dra Pragtig sien ons hoe hierdie wegdra van die sonde in die Ou Testamentiese offerwetgewing versinnebeeld word kom ons lees daaroor in Levitikus 16 lees Levitikus 16 20 22 Hier sien ons dat Aaron beide sy hande normaalweg was dit slegs een hand dus met die twee hande word die erns beklemtoon dat hy beide sy hande op die bok se kop moes plaas So is al die ongeregtighede van die kinders van Israel en al hulle oortredinge wat hulle sondes ook al mag wees simbolies op hierdie bok gelê Die diepte en die breedte en die totale omvang van die sondes van die volk word met hierdie drie woorde ongeregtighede oortredinge sondes beklemtoon Maar daarmee saam word ook die wonder van die

    Original URL path: http://vgk.org.za/vgk/node/1794 (2015-12-05)
    Open archived version from archive

  • 1 Thes 2 : : In die gesin van God het elkeen sy eie verantwoordelikheid! | Vrye Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika
    hierdie moederskap presies behels Kom ons lees verder Vers 8 Terwl ons so na julle verlang het was dit ons aangenaam om aan julle nie alleen die evangelie van God mee te deel nie maar ook ons eie lewe omdat julle vir ons dierbaar geword het Is dit nie wat moeders doen nie gemeente Hulle gee hulleself hulle offer hulleself op vir hulle kinders Moeders sal alles doen om te verseker dat hulle kinders goed versorg is hulle sal selfs hulleself verwaarloos om te sorg dat daar genoeg is vir die kinders Dus broers saam met die bediening van die evangelie gaan ook die aflê van jou eie lewe ter wille van die lidmate Die amp word dikwels geassosieer met mag en posisie en aansien maar niks is verder van die waarheid af nie Ampsdiens beteken eerder om jou eie lewe af te lê Jy moet iets gee wat jy nie sal terugkry nie jou lewe En die rede Omdat julle vir ons dierbaar geword het omdat jy die lidmate van hierdie gemeente van harte liefhet En dan ook nog vers 9 Julle onthou tog broeders ons arbeid en inspanning want terwyl ons nag en dag gewerk het om niemand van julle te beswaar nie het ons die evangelie van God aan julle verkondig Elke moeder ken hierdie inspanning elke moeder ken hierdie selfopoffering Daar is nooit genoeg slaap nie Jy ontspan nooit heeltemal nie want jy is altyd besig om te luister en te wonder of dit met die kinders goed gaan So moederlik was Paulus in sy versorging van die Thessalonicense Hy het alles moontlik gedoen om hulle te voed met die evangelie en om te sorg dat sy eie behoeftes nie vir die gemeente n las word nie Ampsdraers van Christus se kerk behoort gekenmerk te word deur hierdie moederlike eienskappe Ek weet dit is teen die tydsgees In vandag se samelewing word daar baie waarde geheg aan sterk leiers leiers wat hulleself kan laat geld leiers wat vir niks en niemand terugstaan nie Regte manne En tog sê Jesus van Homself in Mattheus 11 Ek is sagmoedig En tog vergelyk Jesus Homself in Mattheus 23 met n moederhen wat haar kuikens onder haar vlerke bymekaar maak Nou as Jesus dit van Homself sê en as die apostels Hom daarin nagevolg het dan behoort dit vir vandag se ampsdraers geen verhindering te wees nie En daarmee hoef iemand nog nie n sissie te wees nie immers dieselfde Jesus wat kindertjies omhels het het met n sweep die tempel skoongemaak dieselfde Jesus wat sag en teer met die sondaar gewerk het het die sonde hard aangespreek Sagmoedigheid het niks te make met swakheid nie broers en susters Nee sagmoedigheid is om jouself deur God te laat beheers en daardeur die vermoë te ontwikkel om jouself te gee om dié wat seer het te koester en te versorg Broeders gee uself aan die gemeente soos moeders Voed hierdie gemeente met die gesonde leer met die Woord van die evangelie En luister mooi doen dit met sagtheid met teerheid met groot deernis Die nederlandse kultuur waaruit baie van ons kom word dikwels ervaar as hard en reguit en nugter Niks nonsens nie dit is hoe dit is Daaraan is positiewe kante maar daarin skuil ook die gevaar dat ons ons moeder instink verloor En ampsdraers mág dit nie verloor nie want die lewe is nie so swart wit nie die menslike siel sit nie so eenvoudig inmekaar nie Die lewe en die siel vereis soms moederlike begrip en teerheid en koestering Leer daarom van die Here Jesus leer van die apostel Paulus leer selfs van die moeders in die gemeente en wees in hierdie gemeente soos moeders Maar broers en susters Paulus laat dit nie net by die moeder beeld nie In verse 10 12 verskuif hy die fokus vanaf die moeder na die vader En die vader kry by Paulus n heeltemal ander funksie komplementêr tot dié van die moeder maar tog anders Paulus sê in vers 10 dat hy en sy medewerkers heilig regverdig en onberispelik onder die Thessalonicense opgetree het Heilig dit verwys veral na die lewe voor God se aangesig dat iemand aan God toegewy is Regverdig dit wys veral na die lewe te midde van die mede mense dat iemand reg teenoor sy naaste optree En onberispelik dit is eintlik maar die samevatting van heilig en regverdig Nou gemeente dit is die basis van enige vaderlike optrede hy moet onberispelik wees Hierdie Griekse woord beskryf letterlik n kledingstuk sonder enige kreukels En dit is wat vaders moet wees n Vader moet daarna streef om onkreukbaar te wees in sy voorbeeld aan sy kinders Natuurlik dit is wat almal van ons moet wees maar die vaders in die besonder Want dit is hulle wat leiding aan elke kind moet gee Dit is hulle wat deur hulle heilige voorbeeld die gesin moet voorgaan As n pa nie heilig en regverdig lewe nie dan verloor hy enige geloofwaardigheid om sy kinders daartoe op te roep As n pa se taalgebruik sleg is wie is hy dan om sy kinders daaroor te vermaan As n pa se lewenstyl veel te wense oorlaat hoe kan hy dan sy kinders oproep tot n regte lewenstyl As n pa nie bybelstudie doen nie hoe kan hy sy kinders daartoe oproep Nou dit is hierdie beeld van n onberispelike vader wat Paulus gebruik om sy eie optrede onder die Thessalonicense te beskryf En juis omdat hy onberispelik onder hulle was kon hy soos n vader die Thessalonicense vermaan bemoedig en betuig dat hulle waardiglik moet wandel voor God Vermaan bemoedig en betuig Vermaan die woord wat hier gebruik word is presies dieselfde woord wat vir die Heilige Gees gebruik word wanneer Hy die Parakleet die Trooster genoem word Joh 14 16 Hierdie woord het dus nie nét die betekenis van vermaan soos in ons vertaling weergegee nie Nee dit het eerder die dubbele betekenis van vermaan én vertroos En dit is belangrik dat

    Original URL path: http://vgk.org.za/vgk/node/1791 (2015-12-05)
    Open archived version from archive

  • Sondag 30 : Verloste sondaars moet na die nagmaal kom… | Vrye Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika
    geëis het Die kneg doen wat sy heer hom opdra en as daar vervolgens nóg plek is dan word selfs dié buite die stad gehaal om in te kom Dít is die soort mense wat God by sy maaltyd soek mense wat niks het om terug te gee nie en wat dit ook besef en dan tog aan die uitnodiging gehoor gee en kom om te eet van die maaltyd van die groot Koning En broers en susters dit is nou presies wat Jesaja in hoofstuk 66 2 verkondig op hierdie een sal Ek let op hom wat arm is en verslae van gees en wat bewe vir my woord Die groot en verhewe God soek die nederiges op Hy soek dié wat gebroke en verslae is Soos wat ons lees in Psalm 34 19 Die HERE is naby die wat gebroke is van hart en Hy verlos die wat verslae is van gees Vir hierdie mense het God sy Offerlam gestuur as voedsel en drank aan sy maaltyd Vir hierdie mense het die Lam Homsélf gegee Nie dié wat meen dat hulle die Geneesheer nie nodig het nie maar die siekes wat weet dat hulle genesing nodig het húlle is welkom aan die etenstafel van die Here Die Kategismus het hierdie boodskap in v a 81 soos volg saamgevat Wie moet na die nagmaalstafel van die Here kom dus wie is welkom by God se maaltyd En die antwoord Hulle wat vanweë hulle sondes n afkeer van hulleself het dit is dus die armes en kreupeles en verminktes en blindes wat niks het om te bied nie maar tog vertrou dat hulle sondes hulle om Christus wil vergewe is en dat die swakhede wat nog oor is met sy lyding en sterwe bedek is en dié wat begeer om hulle geloof hoe langer hoe meer te versterk en hulle lewe te verbeter Gemeente dit is belangrik om in hierdie antwoord van die Kategimus die driedeling raak te sien wat ons so dikwels in ons belydenisgeskrifte en liturgiese formuliere teëkom ellende verlossing en dankbaarheid kyk maar na Sondag 1 kyk na die doopsformulier die formulier vir die aflegging van openbare geloofsbelydenis die nagmaalsformulier en nou ook weer hier in antwoord 81 Telkemale kom hierdie driedeling na vore as beskrywing van dié houding dié ingesteldheid wat God by sy maaltydgangers soek ellende weet dat jy n arme en kreupele en verminkte en blinde voor God is verlossing weet dat jy nogtans mag nader kom om die liggaam en bloed van ons Here Jesus Christus te eet en te drink dankbaarheid weet dat die Here jou bring tot n nuwe lewe voor Hom Gemeente dit is hierdie mense wat aan die nagmaalstafel mag kom Dít is die geestelike ingesteldheid wat God van ons soek met só n houding mag ons weet dat die tafel vir ons oopstaan En broers en susters dit is dan ook waartoe die selftug ons moet bring Die selftug vra van ons om onsself te ondersoek om soos Jesaja sê te bewe vir die woord van die Here en onsself in die lig van daardie woord te toets Kyk na jou lewe in die lig van God se Woord moenie iets wegsteek nie En wie dit in geloof doen leer homself sien vir wie hy werklik is Hy kry n afkeer van homself hy sien sy eie sondes sy selfsug sy hoogmoed sy ongehoorsaamheid Maar dan dryf die selftug ons vervolgens ook na Christus toe die regte selftug bring ons by die feite van Kersfees Golgota Paasfees en hemelvaart En uiteindelik laat die selftug ons ook n nuwe mensheid sien een waarin die Gees van Pinkster woon om bekering en vernuwing te bewerk Broers en susters gaan verrig hierdie selftug Dit is n persoonlike en daaglikse taak Elke dag opnuut moet jy die ellende verlossing en dankbaarheid toets gaan doen in die lig van God se Woord wie is ek Wie is my Verlosser Hoe is my lewe voor Hom En moet dit nie slegs op Saterdagaand voor die nagmaal doen nie ook is dit nie die taak van die predikant om in sy voorbereidingspreek dit vír u te doen nie Nee elkeen van ons moet ons lewens voor God op die proef stel nie om uiteindelik die gevolgtrekking te kan maak dat ons vanuit onsself waardig is om aan die tafel te gaan nie nee maar om te besef dat ons slegs in Christus slegs met sy liggaam en bloed voor God kan bestaan Verrig hierdie selfbeproewing sodat jy nie as huigelaar aan die tafel gaan Want ja daarvoor waarsku die Kategismus ons Die laaste sin van antwoord 81 lui immers Maar die huigelaars en die wat hulle nie tot God bekeer nie eet en drink n veroordeling oor hulleself Dit is presies waarvoor Jesaja in hoofstuk 66 ook waarsku Nadat die Here in vers 2 gesê het op wie Hy wel let wys Hy vervolgens in verse 3 en 4 wie nie voor Hom kan bestaan nie Die Here noem in vers 3 deur die mond van Jesaja vier verskillende soorte offers offers wat in die wet deur die Here voorgeskryf is Maar hoewel dit offers was wat deur die Here voorgeskryf is vergelyk Hy elkeen van hierdie offers met moorddadige en afskuwelike handelinge Want waar hierdie offers met die verkeerde gesindheid en sonder die nodige bekering gebring word is dit afskuwelik in die Here se oë Die onbekeerde en skeinheilige mens wat n bees as offer slag om die Here tevrede te stel word dan vir Hom soos iemand wat n mens doodslaan die huigelaar wat n lam slag word vir Hom soos iemand wat n onrein hond se nek breek die onbekeerde mense wat n spysoffer bring word vir Hom soos iemand wat varkbloed offer en die skeinheilige wat wierook as gedenkoffer bring word vir die Here soos iemand wat n afgod prys Sien u offers wat in sigself goed is word afskuwelik voor die oë van die Here wanneer dit nie met opregtheid

    Original URL path: http://vgk.org.za/vgk/node/1792 (2015-12-05)
    Open archived version from archive

  • Belydenis van geloof | Vrye Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika
    as ons sondigheid hoe groot jou sonde ook al is Daar is n groter werklikheid as my gebrokenheid hoe pynlik ek hierdie gebrokenheid ook al ervaar in my daaglikse lewe En die vraag is glo jy daardie núwe werklikheid vir jou lewe Glo jy dat jou status deur God verander is Jy wás onrein glo jy dat jy deur Christus geheilig is Jy wás n slaaf van die Satan glo jy dat jy deur die Vader tot sy kind aangeneem is Jy wás ongehoorsaam glo jy dat die Gees jou opgewek het om n lewe van gehoorsaamheid te gaan lei Weereens moet ons mooi luister Die vraag is nie doen jy altyd hierdie dinge nie Die vraag is nie lewe jy elke oomblik volgens jou nuwe status nie Daardie aspek kom in die vierde vraag aan die orde Nee die vraag is eerder glo jy dat Gód n verandering in jou lewe gewerk het en steeds werk Aanvaar jy dat Gód jou status verander het Hierdie vraag fokus nie op jou werk nie hierdie vraag fokus op die werk van die Vader die Seun en die Heilige Gees Dit is pragtig om te sien hoe Petrus in hierdie brief die fokus plaas op die werk van God in die lewens van die gelowiges God se werk is die vertrekpunt Hy het aan ons die wedergeboorte geskenk 1 3 julle is losgekoop 1 18 julle is wedergebore 1 23 julle is n uitverkore geslag n konklike priesterdom n heilige volk 2 9 Met die verbondsluiting is dít wat God ons gemáák het En ek weet ons sien nog maar min daarvan ons beleef dit nog nie elke dag nie Vir ons gevoel is die werklikheid anders Maar God vra Glo jy in mý werklikheid Ek het jou gevat nog voordat jy iets kon doen of sê Ek het aan jou die teken van my liefdesverhouding gegee en Ek het jou iets gemaak wat jy nie was nie Dit is soos n aantreklike jongman wat n vaal onaansienlike meisie vat en sê ek maak jou my meisie As daardie meisie in die spieël kyk dink sy waarskynlik by haarself dit is nie moontlik nie En tog is die werklikheid anders hy het immers so gesê Aan Hom wat ons liefgehad het en ons van ons sondes gewas het in sy bloed en ons gemaak het konings en priesters vir sy God en Vader aan Hom die heerlikheid en die krag tot in alle ewigheid Openb 1 5 6 Dit is die werklikheid want Hy het so gesê As julle dít glo kom ons bely dit dan saam met die sing van Skr 25 4 Dan vraag 3 3 Glo en bely jy dat die Ou en Nuwe Testament die Woord van God en die volkome leer van die saligheid is soos dit ook in die Belydenisskrifte van Gereformeerde Kerke uitgedruk en in die kerk hier geleer word Hierdie vraag vloei eintlik noodwendig voort vanuit die vorige vraag God skenk ons die wedergeboorte daar lê die wortel van ons nuwe posisie voor God Maar sê Petrus n bietjie later hierdie wedergeboorte is nie uit verganklike saad nie maar uit onverganklike deur die lewende Woord van God wat tot in ewigheid bly 1 23 Dus met behulp van die lewende en blywende Woord het God nuwe lewe gewek n lewe wat wesenlik anders is as by n natuurlike bevrugting By natuurlike bevrugting ontstaan verganklike lewe maar deur sy Woord plant God onverganklike lewe voort Uiteraard weet ons dat ons na ons menslike natuur steeds verganklik is Alle vlees is soos gras en al die heerlikheid van die mens soos n blom van die gras Die gras verdor en sy blom val af Dit is die werklikheid waarmee ons daagliks te make het soms van baie naby wanneer siekte of dood ons tref Die menslike liggaam is n kwesbare plant Maar God se Woord bly vir ewig God se Woord het deur die werking van die Heilige Gees lewe wekkende krag En Petrus se lesers is die bewys daarvan Die lewende onverganklike Woord het sy lesers tot lewe gewek Hulle het geluister na die prediking hulle het begin glo Hulle lewe het n nuwe rigting en n nuwe posisie gekry toe hulle die waarde van die gepredikte Woord ontdek het Ja die oes van die verkondiging bestaan nie uit n verlepte veldruikertjie of uit vergeelde gras nie Nee wanneer God se Woord gehoor vind bloei die lewe op Julle is net soos Petrus se lesers die bewys van die krag van die Woord Die feit dat julle vandag hier staan om julle geloof te bely hoe skugter en skaam ook al getuig daarvan dat die Woord van God lewend en kragtig is Deur jare se onderrig vanuit die Woord in die huise in die eredienste in die skool in die katkisasieklas het julle uiteindelik hierdie dag bereik Is julle ouers so besonders Is die dominee se onderrig so besonders Nee Julle is weergebore uit onverganklike saad En daarom is hierdie derde vraag van die formulier wat dalk effens akademies in die ore mag klink nie onvanpas nie Hierdie vraag wil by jou weet of jy erken dat in die Woord in die Bybel God se krag werksaam is tot jou saligheid En implisiet wil die vraag weet gaan jy daarom ook die Woord bly lees En gaan jy die verkondiging van die Woord bly opsoek Petrus noem dit in hoofstuk 2 2 nie verniet die onvervalste melk van die Woord waardeur ons kan opgroei nie Dus selfs ná die wedergeboorte van sy lesers roep hy hulle steeds op om soos pasgebore kindertjies na daardie melk te verlang Want wie eenmaal gesmaak het dat die Here goedertieren is verlang altyd na meer Maar wat dan van die belydenisskrifte waarvan hierdie vraag praat Verlang gerus ook daarna Die belydenisskrifte is nie die onvervalste melk nie dit mag ons nie sê nie Maar hulle help ons wel om die smaak van die onvervalste melk te leer ken en

    Original URL path: http://vgk.org.za/vgk/node/1790 (2015-12-05)
    Open archived version from archive

  • Sondag 28(2) : Jesus Christus hou ‘n maaltyd, en ons is die gaste! | Vrye Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika
    hand van die bedienaar ontváng Hierdie laaste woorde verwys na n tyd in gereformeerde kerke toe mense in een lang ry gestaan het en een vir een na vore gegaan het om n stukkie brood en n slukkie wyn van die bedienaar te ontvang n soort lopende nagmaal wat ons vandag weer in sommige kerke van gereformeerde belydenis terugvind En hoewel ons dit hier by ons anders doen bly die feit steeds dieselfde ek ontvang die brood en die beker van die Here deur middel van die bedienaar wat dit rondstuur Ek vat n stukkie brood van die bord af ek kan voel hoe sag daardie stukkie brood tussen my vingers is en ek sit dit in my mond En dan voel ek met my tong die tekstuur van die brood en ek kan die smaak daarvan proe Dieselfde geld vir die beker ek ontvang die beker ek bring dit na my lippe ek ruik die aroma van die wyn en ek voel hoe die wyn deur my mond gaan en by my keel afgly Dit is goed moontlik dat ons hierdie sensoriese belewing selfs geniet In elk geval weet jy dat dit ég is jy beleef dit dan eerstehands En dit is nou presies waaroor die sakramente gaan dit gee vir ons n eerstehandse lewensegte fisiese ervaring om daarmee ons aandag te rig op n gééstelike werklikheid En die geestelike werklikheid waarop die Here ons in hierdie tweede belofte wil rig is die feit dat ons in die nagmaal gevoed en verkwik word Net soos ons die brood en die wyn ontvang en met die mond geniet net so word ons gevoed met die liggaam en bloed van Jesus Christus Ons word in ons siele gevoed tot die ewige lewe met Christus se gekruisigde liggaam en uitgestorte bloed Christus belowe in die nagmaal vir ons dat ons besig is om onsself met Hom te voed en dat ons in Hom versterk word Dit is net so werklik as die smaak en die gevoel en die reuk van brood en wyn En hoekom het ons dit nodig gemeente Wel hoekom het jy nodig om elke dag te eet en te drink As jy soggens opstaan en nie jou ProNutro of jou broodjie eet nie hoe voel jy teen middagete Op n goeie dag voel jy dalk bietjie swak en honger op n slegte dag is jy sommer knorrig Dieselfde gebeur met ons geestelike lewe As ons nie deur ons Verlosser gevoed word nie dan word ons geestelik swak Dan het ons nodig om weer gevoed en versterk te word En dit is wat die Here in hierdie tweede belofte vir ons aanbied Die Here belowe so seker soos wat jy die brood en die wyn eet en drink dat Hy jou aan die nagmaal sal voed sodat jy die krag en die lus kry om verder te gaan om as sy kind te lewe Dus gemeente die nagmaal is belofte maaltyd In die eerste belofte deur eenvoudig te kýk na die brood wat gebreek en die wyn wat geskink word word ek verseker van die werklikheid van Christus se gebreekte liggaam en uitgestorte bloed En in die tweede belofte deur daardie brood en wyn te voel en te ruik en te proe ontvang ek Christus se lyding baie persoonlik vir die versterking van my geloof Broers en susters dit is wat in hierdie skynbaar eenvoudige handelinge vir ons belowe word Inteenstelling tot ons maaltye waar dit dikwels n kwessie is van hap sluk weg neem ons die tyd aan die maaltyd van die Here en gebruik ons al ons sintuie om hierdie ryk beloftes van die Here ons eie te maak En daarom sal jy ook by ons nagmaalsviering sien dat wanneer die laaste persoon n stukkie brood geneem het ek altyd nog n rukkie wag voordat ek oorgaan tot die volgende handeling Dit is nie maar net n kwessie van almal het gekry dus ons gaan verder nie Nee elkeen wat hier aan tafel sit ook die laaste een wat n stukkie brood of n slukkie wyn vat moet die tyd kry om al sy sintuie in te span om die geestelike werklikheid te kan beleef Christus se belofte daarin is geweldig groot Genoeg rede om saam n lofsang te sing soos wat Jesus en sy dissipels gedoen het Mt 26 30 sing Ps 116 2 en 3 In die tweede plek let ons op ons deelname 2 Dus jy het nou n stukkie brood gevat en geëet en jy het n slukkie wyn gedrink Dit is beide tekens en seëls let maar op die woorde wys en verseker in vraag 75 daarvan dat jy Christus se gekruisigde liggaam eet en sy uitgestorte bloed drink Máár is vraag 76 se vraag wat beteken dit nou regtig om die gekruisigde liggaam van Christus deur die geloof te eet en sy bloed wat vergiet is deur die geloof te drink Wel net soos in die geval van antwoord 75 is ook antwoord 76 tweeledig In die eerste plek beteken dit dat ek met n gelowige hart die hele lyding en sterwe van Christus aanneem en daardeur vergewing van sondes en die ewige lewe verkry dit is die eerste deel van antwoord 76 Dus met die daad van eet en drink wys ek dat ek glo dat Jesus Christus vir mý gely en gesterf het As ek Jesus Christus in die nagmaal eet en drink dan aanvaar ek dat sy liggaam vir my gebreek en sy bloed vir my gestort is Dit is toeëiening van die werk van Jesus Christus Só ontvang ek vergewing van sondes en die ewige lewe Gemeente waarmee ons ten diepste hier te make het is die regverdiging of die regverdigmaking Onthou maar hierdie bybelse begrip Regverdiging beteken dat God sê Omdat jy glo in wat die Here Jesus gedoen het en omdat jy gelowig sy werk aanvaar vir jou lewe daarom is jou verhouding met My weer herstel Dinge met God is weer reg Hy sal ons

    Original URL path: http://vgk.org.za/vgk/node/1789 (2015-12-05)
    Open archived version from archive



  •