archive-za.com » ZA » V » VGK.ORG.ZA

Total: 420

Choose link from "Titles, links and description words view":

Or switch to "Titles and links view".
  • Rein van binne | Vrye Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika
    Hy maak die mens onrein nie maar dit wat uit die mond uitgaan Die onderwerp waarmee Jesus hier besig is gaan oor die Joodse rituele tradisie om jou hande te was voordat jy gaan eet Die Fariseërs het gekla oor die feit dat Jesus se dissipels hulle nie aan hierdie tradisie hou nie Vir die Fariseërs was dit nie net n kwessie van skoon hande nie Hierdie tradisie het naamlik ook n belangrik verskil aangedui tussen die Jode en die heidene Dit was alles deel van die unieke eetgewoontes wat die Jode gehad het Hulle was trots op hulle tradisies dit het hulle onderskei van die heidene Maar dan verduidelik Jesus vir sy dissipels Die grootste gevaar vir n mens is nie dit wat van buite af kom nie byvoorbeeld die heidene of die feit dat jy met vuil hande eet nie of WAT jy eet nie onthou die Jode het net rein voedsel geëet en het ander eetgewoontes as die heidene gehad Maar hierdie dinge is nie die grootste gevaar nie Wat jy eet gaan na die maag en op sy tyd verlaat dit weer die liggaam in die heimlikheid bedoel word hier die toilet Wat jy eet is sekondêr Maar wat primêr is is jou innerlike toestand Hoe lyk jou hart Is jou hart n bron van allerlei bose dinge Vers 19 uit die hart kom daar slegte gedagtes moord egbreuk hoerery diewery valse getuienis lastertaal Is jou hart skoon As jou hart skoon is sal jy outomaties goeie dinge doen Maar mooi en eerbiedwaardige tradisies en gebruike is nie n waarborg dat jy werklik skoon van binne is nie Jesus vertel dit veral vir sy dissipels Hy doen dit om hulle te waarsku Vir hulle en ook vir ons is dit nie altyd aangenaam om gewaarsku te word nie Maar dit is nodig En onthou as iemand jou waarsku kan hy dit doen omdat hy jou liefhet en jou wil red En so sien ons hoe Jesus sy dissipels waarsku Hy vertel vir hulle die waarheid Dit is nie wat in die mond ingaan wat die mens onrein maak nie maar wat uit die mond uitgaan In feite is dit die kern van die boodskap van die Bybel Dat jy besef dat jy onrein van binne is en dat jy daarna verlang om gereinig skoongemaak te word van binne uit Soos gesê n groot deel van die wêreld se ekonomie draai op die behoefte van mense om hulleself te beskerm teen gevare van buite Van die wieg tot die graf Hoewel as ons luister na die woord van Jesus in ons teks moet ons besef dat ons nie genoeg gedoen het as ons onsself op alle moontlike maniere beskerm het ten minste teen gevare van buite af nie Jy het naamlik die belangrikste nog vergeet Jy kan so gefokus raak op alle soorte eksterne gevare dat jy heeltemal vergeet dat die grootste gevaar binne in jouself is Ons kan woon huise met hoë mure en alarminstallasies ons

    Original URL path: http://vgk.org.za/vgk/node/2013 (2015-12-05)
    Open archived version from archive

  • Sonder doop en nagmaal bly die geloof maar skraal | Vrye Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika
    saam aan tafel gaan omdat Christus ons Gasheer is Hierdie boodskap word sigbaar nie net vir onsself nie maar ook vir ongelowiges Kyk die Christene wat onderling so verskillend is in karakter in afkoms in rykdom hulle sit tog saam aan tafel Dit is baie besonders Hoe sou hulle dit regkry So is die nagmaal n illustrasie van wat die Evangelie regkry in mense se lewens en in ons as gemeente n Illustrasie n teken Maar die nagmaal is ook n seël n Seël staan vir die betroubaarheid van wat God sê Jy hoor nie net dat God jou sonde vergeef nie Jy hoor nie net dat God jou lewe voed en verkwik nie Jy proe dit ook Iemand het ooit gesê die pad van jou mond na jou hart is korter as van jou ore na jou hart Wanneer jy proe dat die Here jou seën dan stroom jou hart vinniger vol van dankbaarheid as wanneer jy dit net hoor So is om die eerste punt saam te vat sowel doop as nagmaal n teken en n seël Dit is wat n sakrament is Ons kom nou by die tweede punt Tema Sonder doop en nagmaal bly die geloof maar skraal 1Wat n sakrament is 2 n Vergelyking tussen ons manier van sakramentsbediening en die oorspronklike bedoeling Ek het die preek begin met die vraag Word jou gevloof versterk deur die gebruik van die sakramente Het jy die gevoel na n nagmaalsviering dat jy die kerk met nuwe krag verlaat Of moet jy vir jouself daardie gevoel n bietjie aanpraat anders sou jy dit nie hê nie Ek dink dat hierdie moeite bietjie herkenbaar is En ek dink dat daar meerdere oorsake hiervoor is n Belangrike oorsaak is miskien dat dit inderdaad so is dat die prediking van die Evangelie dikwels by die een oor ingaan en by die ander een weer uit En as dit so is dan help die nagmaal ook nie veel nie Woordbediening en nagmaal hoort bymekaar As ons nie die Woord in ons lewe werklik laat inkom nie dan bly die nagmaal ook maar net n tradisie Iets wat ons elke keer weer herhaal Maar dan is dit n seël wat heeltemal op homself staan As jy net die merkteken die badge die logo van n motor het maar nie die kar self nie dan help dit niks nie Uiteindelik gaan dit oor die motorkar self Die teken is daar voor op die bonnet vir herkenning watter motor dit is By die nagmaal is dit ook so Wie nagmaal vier maar die Woord nie ken nie of die Woord nie ter harte neem nie vier nie nagmaal na behore nie Dan hang so n tradisie heeltemal in die lug Juis daarom het Christus die nagmaal ingestel Om ons aandag te rig op Hom op sy Woord Laat ons eerlik hier met onsself wees Is jy regtig bereid om te luister as die Heilige Gees tot jou spreek in die Evangelie Laat jy elke Sondag

    Original URL path: http://vgk.org.za/vgk/node/2035 (2015-12-05)
    Open archived version from archive

  • Ons goeie werke getuig van die groot werk van die Here in ons | Vrye Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika
    vra hulle nou aan Jesus Here ons stem wel saam met u leer Dat u so hamer op vergewingsgesindheid MAAR voeg tog asseblief ook n bietjie geloofwaardigheid daaraan toe Bedoelende daar is niemand wat ons ernstig neem nie Kan U nie sorg dat ons u volgelinge n bietjie meer waardering en status ontvang nie Dat ons beter vaar in die opiniepeiling in die oë van die volk Dat die Fariseërs ons begin behandel as die volgelinge van n baie eerbiedwaardige rabbi wat U tog is of nie Dink U nie dis n goeie idee nie Pla dit U nie dat niemand ons ernstig vat nie Ons het n baie sterk boodskap maar dit ontbreek ons aan status aan geloofwaardigheid aan invloedrykheid Here gee ons meer geloof dws Here gee ons meer geloofwaardigheid meer status Dat ander mense regtig vir ons luister dat hulle vir ons uit die pad gaan Jesus se antwoord op die vraag van die dissipels dat Hy hulle geloofwaardigheid moes ophef is nogal ontnugterend Jesus sê As julle geloof gehad het soos n mosterdsaad sou julle vir hierdie moerbeiboom sê Word ontwortel en in die see geplant en hy sou julle gehoorsaam wees n Moerbeiboom het bekend gestaan as n boom wat stewig in die aarde staan wat nie met die eerste beste storm omwaai nie Maar wat bedoel Jesus hiermee Hy bedoel my liewe dissipels ook al kry jy nul in die opiniepeilings ook al heg niemand geloof aan wat jy sê nie ook al is jou geloofwaardigheid so klein soos n mosterdsaadjie dan nog steeds kan jy baie kragtig en invloedryk wees Julle moenie so agter die eer en status aan wees nie En in hierdie verband vertel Jesus dan nog n gelykenis In hierdie gelykenis vergelyk hy sy dissipels met slawe n Slaaf moet sy werk doen ploeg of die vee oppas Hy moet sy werk doen omdat dit sy plig is Nie omdat daar n groot beloning vir hom wag nie Na n dag se werk moet n slaaf nie reken dat n feesmaal op hom wag nie Die normale gang van sake is as n slaaf by die huis kom dat hy moet gaan kos kook en sy baas bedien En eers daarna kan hy self eet en tot rus kom n Slaaf moenie verwag dat sy baas hom gaan bedank asof hy n groot guns aan hom gedoen het deur hom te bedien nie Dit is gewoon deel van sy dagtaak En só sê Jesus vir sy dissipels is dit ook met julle Julle moet net julle arbeid trou verrig Julle geloofwaardigheid is miskien nie veel in die oë van die wêreld nie maar nog steeds moet julle julle taak trou doen Moenie die verwagting koester dat julle geëer gaan word nie n Slaaf word nie geëer nie Solank hy maar sy plig teenoor sy heer vervul So moet die dissipels nie hoë verwagtings koester nie As hulle geminag word deur die Fariseërs deur die volk as hulle beskou word as

    Original URL path: http://vgk.org.za/vgk/node/2034 (2015-12-05)
    Open archived version from archive

  • God se oordeel en geduld, soos ons dit sien in hoe Hy gehandel het met die generasie voor die sondvloed | Vrye Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika
    dogters van die mense Dalk is dit goed om op hierdie stadium bietjie nader in te gaan op die term reus Wat of wie word bedoel met hierdie sg reuse Die Hebreeuse woord wat hiervoor gebruik word kom maar min in die Ou Testament voor Slegs een ander keer in Numeri 13 33 waar die 12 Joodse verspieders wat Moses uitgestuur het die Enakiete in die land Kanaän beskryf as reuse daarby vergeleke het hulle self gevoel soos sprinkane Wat wel opvallend is is dat die Hebreeuse woord vir reus wat hier gebruik word afgelei is van n ander woord n woord wat iets soos n miskraam beteken Op n manier is daar n korrelasie met n persoon wat n afwyking het Nou weet ons vandag dat mense wat ekstreem groot en lank word dit is omdat hulle n afwyking het Volgens die Guiness Book of World Records was die langste man ooit deur hulle opgeteken 2 72 meter lank Dit was n Amerikaner wat van 1918 1940 geleef het Die langste vrou opgeteken is n Chinees en wel 2 48 meter lank Sy is in 1982 oorlede en het 18 jaar geword In beide hierdie gevalle was daar sprake van n afwyking n gestremdheid Hoe was dit presies met hierdie reuse waaroor Genesis 6 praat Soos wat ek deur die verklarings gelees het het dit my opgeval dat mens nie net op die liggaamlike kant moet let nie maar ook op die karakter Juis in die konteks van Genesis 6 maak dit nogal sin Reuse nie net in die sin van liggaamlike grootte nie maar reuse in die sin van SKOFTE Ongemanierde bullebakke Mense wat net vir hulleself gelewe het en wat met al hulle mag en krag gedoen het net wat hulle wou en sonodig ander uit die pad gestamp het Miskien kan ons dink aan hoe sommiges hulle vandag op die paaie gedra met hulle groot bloulig konfooie of sommiges met hulle groot 4x4 bakkies In elk geval hierdie reuse was tipes wat hulle aan God en gebod nie gesteur het nie Hulle het hulleself gedien verryk en het geleef asof die aarde aan hulle behoort Moontlik dat in hierdie konteks die liggaamlike aspek die liggaamsgrote ook inpas in die sin van n superras Hitler wat hom ook nie aan God of gebod gesteur het nie het bewus begin om n soort super Ariese ras te kweek sterkter en groter en beter as die res Verafgoding van die mens Net soos n honderas geteel kan word om bogemiddeld groot te wees Wie weet het dit voor die sondvloed ook met die mense gebeur Dat die mensheid die kinders van Kain in hulle arrogansie n übermensch probeer teel het Maar dit was nog nie die ergste nie Die skokkendste van die toestand net voor die sondvloed is wat ons ook hier lees naamlik dat die seuns of kinders van God bedoelende hulle wat God dien die vromes dat juis hulle ook afvallig begin raak het Dat hulle voorkeur begin uitgaan het by die uitsoek van n huweliksmaat nie in die eerste plek na iemand wat die HERE dien nie maar na die dogters van die mense wat mooi was Mooi gedefinieer dan in terme van wat hierdie übermense hierdie onbeskufte bullebakke as mooi beskou het Ook hier moet ons nie net aan die liggaamlike kant dink nie reuse van meisies baie lank en gespierde groot meisies maar ook aan die karakter die geestelike kant Dit was moontlik toe die ideaalbeeld Maar kom ons sê dit maar reguit die wêreldse sondige meisies was vir die seuns van God aantrekliker as die wat die HERE gedien het Ons sien hier gebeur wat Bileam later ook as advies vir Balak sou gee Hoe oorwin jy God se volk Jy gaan hulle nie op die slagveld kan wen nie maar probeer net om hulle te verlei En so sien ons hier dat daar n afval op ongekende skaal begin optree het onder die wat die HERE vrees Tradisioneel was dit die onderskeid die antitese tussen die nageslag van Kain en die nageslag van Set die Setiete soos hulle soms genoem word Al is dit belangrik om te besef dat dit nie die mees akkurate onderskeid is nie Want ook in Set se nageslag was daar wat deur die eeue afvallig geraak het en God nie meer gedien het nie En ook in die nageslag van Kain sou daar hulle gewees het wat deur die HERE se genade na Hom en die wat Hom vrees die pad teruggevind het In elk geval wat nou hier plaasvind is n periode in die wêreldgeskiedenis voor die sondvloed n periode van afval op ongekende skaal So groot dat dit die HERE moedeloos gemaak het Daar staan selfs dat dit die HERE berou het dat Hy die mens op die aarde gemaak het Daar was smart in sy hart So iets word nie gou van die HERE gesê nie Dit moet daarop dui dat die situasie buitengewoon buitengewoon desperaat was Die slangesaad het omtrent volledig die vrousaad ingesluk as u begryp wat ek bedoel verwysende na die moederbelofte in Genesis 3 15 En daarom dat die HERE sê my Gees sal nie vir ewig in die mens heers nie Hier word verwys na die Gees van die HERE wat die lewensasem in elke mens gee in elke mens en dier vgl Ps 104 God is dus van plan om die lewe wat Hy geskenk het nou terug te neem Hy wil dat die mense sterf in die lig van wat hulle op aarde aangevang het Tog sien ons ook hier hoe genadig en geduldig die HERE is Ons lees in vers 3 sy dae sal wees honderd en twintig jaar Hierdie vers word dikwels misverstaan asof die HERE die lewensverwagting hier inkort Eers kon die mense amper 1000 jaar oud word nou bring God dit terug op rofweg 120 jaar Maar dis nie wat in hierdie vers bedoel word nie As dit die geval was sou ons

    Original URL path: http://vgk.org.za/vgk/node/1996 (2015-12-05)
    Open archived version from archive

  • Alle Preke | Vrye Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika
    wil word Luister na Hom 2013 01 06 Ds HH van Alten Sondag 33b elke goeie werk is n daad van liefde 2012 12 23 Ds HH van Alten Prediker 3 Hoe om aan wisselende tye sin te gee 2012 12 23 Ds HH van Alten Mark 1 1 8 As Israel sy Koning wil ontmoet moet hy sy geskiedenis oordoen 2012 12 16 Ds HH van Alten Sondag 31 Die kerk ontvang die sleutelmag van die Here 2012 12 02 Ds HH van Alten Joh1 29b Johannes wys vir ons die Lam van God aan 2012 12 02 Ds HH van Alten 1 Thes 2 In die gesin van God het elkeen sy eie verantwoordelikheid 2012 11 25 Ds HH van Alten Sondag 30 Verloste sondaars moet na die nagmaal kom 2012 11 25 Ds HH van Alten Belydenis van geloof 2012 11 18 Ds HH van Alten Sondag 28 2 Jesus Christus hou n maaltyd en ons is die gaste 2012 11 11 Ds HH van Alten Spreuke wees wys met die wyse en vind so jou weg tussen rykdom en armoede 2012 11 04 Ds HH van Alten Sondag 27 2 Wat doen die doop met ons

    Original URL path: http://vgk.org.za/vgk/preke?page=12 (2015-12-05)
    Open archived version from archive

  • Ook Juda is afhanklik van God se welbehae | Vrye Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika
    van selfbevrediging Want Onan vrees nie meer die HERE die God van die verbond wat die huweliksgemeenskap juis ingeskakel het om diensbaar te wees aan die koms van sy koninkryk Daarom slaan die HERE ook hierdie Onan in sy heilige toorn dood En die breë pad wat Juda gekies het blyk al hoe smaller te word Nog maar een seun het daar vir Juda oorgebly Sela Juda skrik wel van die skielike dood van sy twee seuns Hy voel ook in n mate dat dit n straf kan wees Maar hy soek die skuld nie by homself nie Hy beskou Tamar as die skuldige En daarom durf hy nie ook Sela nog n keer met hierdie vrou te laat trou nie Hy skuif n huwelik tussen Tamar en Sela op die lange baan Sela moet maar liewer ongetroud bly en Tamar weduwee En so het Juda se huis in n doodloopstraat gekom Veral as ook Juda se vrou na verloop van tyd sterf Nou is Juda self sonder vrou twee takke van sy stam het voordat hulle vrug kon dra afgebreek En Juda durf die derde en laaste een nie meer laat probeer om vrug te dra nie Sy stam sal dus stadigaan afsterf Wie die pad van die verbond verlaat kies n heillose weg broeders en susters Wie God se welbehae verag en eiewys sy eie koers wil volg beland in n doodloopstraat Ja die weg waarop God ons roep ìs maar smal en God hou ons daarop klein en swak Want sy krag word nou maar eenmaal in swakheid volbring Maar hierdie pad loop nooit dood nie Terwyl n mens wat sy eie koers kies aanvanklik wel dink hy het nou die ruimte gevind om te kan lewe hy is vry en onafhanklik hy kan darem nou sy eie toekoms bou Maar God self breek die toekoms al hoe meer af en laat sy pad in die dood vasloop Juda het dit agtergekom Hy moes leer dat ook hy sonder die God van die welbehae nie kan lewe nie 2 God sàl hom dit leer As die skrik oor die skielike dood van sy twee oudste seuns nie voldoende is om Juda na die pad van God se welbehae terug te dwing nie dan sal die HERE Juda op n nog beskamender wyse leer om tog voor sy welbehae te buig Deur middel van Juda se skoondogter Tamar Hierdie Tamar wat heeltemal sonder die HERE grootgeword het bly soek wat Juda moes gesoek het Sy begeer om tog moeder in die huis van Juda te mag word en saam te bou aan sy geslag Ek durf nie te sê gemeente dat hierdie Kanaänitiese vrou in Genesis 38 as n voorbeeld van geloof en oorgawe aan die HERE en aan die saak van sy verbond aan ons voorgehou word nie Dit lyk nie waarskynlik dat Tamar deur Juda en sy seuns wat self mos die rug op die HERE en sy verbond gedraai het met die diens van die

    Original URL path: http://vgk.org.za/vgk/node/259 (2015-12-05)
    Open archived version from archive

  • Volhard in gebed om u volkome verlossing! | Vrye Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika
    ons dan nie die uitverkorenes dag en nag tot Hom roep nie Hoor God dit dan nie Dit is nogal wat om Hom dag en nag aan te roep en tog nie te ontvang waarom ons smeek nie regsverskaffing volkome verlossing en redding Dit bring ons by gebedsworsteling broeder en suster Dit kan n ontsaglike moeite word Ek weet dit God weet dit Hoe langer ons in die moeites van ons tyd vasgevang bly hoe swaarder dit word By hierdie gebedsworsteling kan u nou dink aan u persoonlike gebed om verlossing en die wegneem van siekte en sorge van moedeloosheid van swakheid van onreg wat ondervind word van sondes van die kerk van eensaamheid Dit is almal dinge waarmee ons in ons gebed moet worstel Al hierdie dinge vorm deel van die allesomvattende gebed van die kerk O God laat U Heerlikheid gesien word in hierdie wêreld en die heerlikheid van U Sion wat roep om reg Laat tog U volkome verlossing deurbreek sodat die wêreld moet erken dat U in Christus oorwin het Kyk dit is die diepte van ons gebedsworsteling Dan is ons as kerk hier benede verbind met die kerk daarbo in die hemel Want in die laaste bybelboek hoor die apostel Johannes die kerk in die hemel met n groot stem roep Hoe lank o heilige en waaragtige Heerser oordeel en wreek U nie ons bloed op die bewoners van die aarde nie Openb 6 10 Dit is so mooi gemeente dat ons gebed vanuit hierdie kerkgebou of vanuit die hospitaalkamer vermeng met die gebed van die uitverkorenes in die hemel Hoe lank nog o God Nou is dit so vertroostend dat Jesus Christus ons Heiland hierdie gebedsworsteling kan verstaan Hy weet alles daarvan Hy ken die swaktes van die menselike hart so goed ook die van Sy disipels Christus het hierdie gelykenis vertel met die oog daarop dat hulle altyd moes bid en nooit verslap nie Hy ken die gevaar van verslapping in ons gebedsworsteling so goed Verslap letterlik staan daar moeg word Hoe raak het ons Heiland dit nie geteken nie Dit is immers so moeilik om vas te hou en ook vol te hou in hierdie gebed Dit is so moeilik om te bly glo dat Christus nie n onbewoë regter is nie maar iemand is wat dwarsdeur mure sien en die nood van alle tye ken Hy hoor die gesug van Sy kerk op die eensaamste plek in hierdie wêreld Daar kan n lamheid en verslaenheid oor ons kom en selfs n soort luiheid deurdat ons sê Ek weet nou nie meer nie Ek durf nie meer te hoop of te verwag nie Die wêreld raak al hoe doller Die sorge stapel maar op Is die een verby dan kom die ander Het die kerk een stryd agter die rug dan doem die volgende een op Jy staan steeds voor n muur Ek raak nou moeg daarvoor Niks help nie Eers het jy wel gebid Ek sou kon së dag en nag Smekend pleitend verwagtend Ondanks al die gebede staan jy tog voor die muur van die swaar van die laaste dae Oplaas word dit n noodkreet Genadige God hoor my gebede Stry vir my reg verlossing en bevryding Waarom my God gaan ek terneergeboë Soms word ons dan opgebeur en gehelp Maar dan kom dit weer Dikwels heers daar in die kerk n mentaliteit van Ek weet nou nie meer nie Nou moet maar kom wat wil Ons gee ons oor aan genade of ongenade Gebedsmoegheid Verslapping Ja gemeente jy kan langs hierdie dinge verbyleef Ons doen dit ook so dikwels Daar is massas mense wat sê Waarvan praat jy Is die wêreld regtig so n slegte plek Ek bemerk daar nie veel van nie Weet u broeders en susters baie mense ook kerkmense leef met die gedagte Ons het eintlik niks meer om voor te vra nie In die huidige welvaart leef ons mos lekker So sien jy dit dan gebeur dat talle mense nie meer weet van hierdie gebedsworsteling nie Hoekom sou hulle bekommerd wees oor die definitiewe verlossing van die kerk Of die nood onder Gods volk Hoekom sou hulle n probleem maak van die dag en nag roepe tot God Die aarde sal vanself aanhou draai So is vandag dikwels die mentaliteit Daarom moet ek die vraag stel broeders en susters reg op die man af Ken u die roep waarvan ons teks spreek die roep om Gods volkome verlossing dag en nag Beoefen u in u gebed die gemeenskap met u God en die gemeenskap van die kerk Dag en nag Die uitverkorenes roep bedags aan die etenstafel of waar ook al net nadat jy die wêreldnuus oor die radio gehoor het En snags as die nood van die kerk en die wêreld en jou eie lewe jou wakker hou Ken u hierdie aanroep Die gebedsworsteling van die kerk 2 Hoor nou die Woord Sal God dan nie reg doen aan sy uitverkorenes wat dag en nag tot Hom roep nie Ek sê vir julle dat Hy gou aan hulle reg sal doen Dit staan daar gemeente so rotsvas so oneindig rustig so onloënbaar seker Christus verseker u dat God u hoor en sal hoor Met hierdie rotsvaste versekering lok Hy ons en wek ons op tot volharding om ook vandag vol te hou in gebed Nou moet u begin insien broeders en susters hoe Christus in ons teks ons harte wil opbeur en ons gebedsswakheid wil oorwin Wat is nou die verskil tussen die onregvêrdige regter tot wie die weduwee haar moes wend en God die Here tot wie ons mag roep Die regter het hoegenaamd geen belangstelling in die vrou nie Sy is vir hom n vreemdeling Watter band bestaan daar tussen die twee Haar regsaak waarmee sy hom lastig val is vir hom maar net nog n saak nog n lêer om af te handel By God is dit egter heel anders Regter van hemel en aarde Ons roep nie tot n vreemde

    Original URL path: http://vgk.org.za/vgk/node/420 (2015-12-05)
    Open archived version from archive

  • As seun van die mens bekommer God's seun hom oor sy broers | Vrye Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika
    van Abraham Hoekom nie alle mense nie Slegs een woord uitverkiesing nog n woord verbond en nog n woord geloof Dit is met Abraham iets besonders God het Abraham uitverkies Met hom n verbond opgerig God het hom geroep en Abraham het geluister en gegaan Hy het geluister en geglo Abraham het die Here geglo toe die Here hom ongelooflike dinge belowe het God het vir Abraham n land belowe wat menslikerwys nooit kon verkry word nie En Abraham het God geglo Die Here het vir Abraham veiligheid en loon belowe toe veiligheid en loon wel baie onbereikbaar gelyk het Abraham het geglo Die Here het vir Abraham n nageslag belowe terwyl Sara sy vrou onvrugbaar was Abraham het geglo En later as Abraham en Sara beide te oud geword het sodat almal weet nou is dit absoluut onmoontlik het God weereens vir Abraham belowe dat hy en Sara vader en moeder sal word het Abraham geglo Hy het elke keer weer geglo Hy het bly glo In hierdie geloof het Abraham gesterwe En die Here het met Abraham n verbond opgerig Abraham sal alles kry wat God aan hom toegesê het God Almagtig maak die beloftes sonder uitsondering waar eers Isak die wonderkind daarna kleinseun Jakob die wonderkind daarna n hele volk uit die twaalf seuns van Jakob Wanneer dié volk sukkel om te bestaan dan floreer hulle juis As farao die mans hulle laat kapot werk en die seuntjies wat gebore is laat verdrink en die volk moet uitsterf dan gebeur dit die volk groei bo normaal die volk vir Abraham belowe kom daardie wondervolk Nie van benede gebore nie maar deur God s woord Nie uit vlees verwek nie maar kinders van die belofte Straks die gelowiges met hulle kinders Abraham is tog die vader van alle gelowiges Die Jode is nie Abrahams nageslag nie maar Israel is Abrahams saad In Israel word daar baie ingelyf alle soorte mense uit alle moontlike lande en volkere Abrahams nageslag Hier Vaders en moeders en ouer gemeentelede wat in geloof die kinders voorgaan Nageslag van Abraham Hier Seuns en dogters wat aan vader en moeders hand saam kerk toe gebring word deur die kleuterskoolonderwyseres en deur die jeugverenigingleiers die stappe geleer word op die weg van die verbond waarop vader en moeder hulle ook al leer gaan het Seuns en meisies wat christelik en godvresend opgevoed word Wat indie enigsins moontlik aan ander kinders van Abraham toevertrou word die onderwyser die lektor op skool en verder Seuns en dogters met wie tuis in geloof oor kerk en katkisasie en skool gepraat en gebid word Hulle is daar Hulle sal daar wees En dis hulle waarna die Here Jesus Christus gryp Soos die owerpriesters en die skrifgeleerdes eens na Jesus wou gryp en Hom op n woord wou betrap Hulle wou Hom gryp om Hom kwaad te doen Soos ons moet stry om na die ewige lewe te gryp tot ons heil So wil die Here Jesus Christus die nageslag van Dawid gryp om nou vir Hom te hê en dit later aan God die Vader aan te bied So wil Hy almal gryp wat by Israel ingelyf is Daarvoor sal Hy enigiets doen Moedgewend vir sendelinge 2 Hy het die nageslag van Dawid nie sommer so nie Ons hoor oor wie Hy hom bekommer en lees ook hóe Hy dit doen Hierdie nageslag van Abraham wat se mense is dit En die kinders van die gelowiges hoe lyk hulle Kan sulke seuns en dogters ooit deur God aangeneem word Een woord sê hier alles hulle is vuil Net so vuil soos al die ander Hul lewens spel die woord sonde skuld Wat begin ons daarmee voor God en Sy hemel en die nuwe aarde Wie sal ons versoen en voor God skoonmaak Dit sal iemand moet wees wat heeltemaal met ons een is wat staan waar ons staan leef waar ons leef werk waar ons werk volledig een met ons uitgesonder die sonde net so n swak en sieklike liggaam dieselfde senuweekwaal soortgelyke gesinslewe wat op ons plek moet staan en moet reg maak wat ons verknoei het Wat alles moet volbring wat ons moes gedoen het n Geskonde huwelik kan nie deur n buitestaander reggemaak en tot goeie huwelikslewe gebring word nie n Verbond kan nie stand hou na verbreking nie en nie herstel word deur iemand wat nie tot die verbondsgemeenskap behoort nie Die wet van die liefde kan slegs nagekom word deur iemand wat onder die wet gestel is Wil God se Seun ons neem ons gryp Dan is dit so die Seun van God moet heeltemaal een met ons word aan ons gelyk gebore uit n vrou gebore onder die wet om hulle wat onder die wet was vry te koop Dit weet ons van God self wat dit self bekend gemaak het Die Here het ons dit al vroëer laat sien Dit was toe Hy die hoëpriester gegee het om die volk se sondes te versoen Die hoëpriester moes wees uit die volk van God Abraham se nageslag Hy het daar gestaan en moes doen wat die volk moes gedoen het en die volk versoen en hy kon dit nie doen nie Hy het met die priesters die hulp van die leviete Maar hy kon nie As hy tot sterwe gekom het miskien na lang en getroue diens was daar nog geen blywende versoening nie Iemand anders het hom opgevolg Die nuwe man kon dit ook nie En die sondes van die volk moes versoen word Elke groot versoendag het dit weer getoon hierdie jaar is daar soveel diere geslag dag en nag is offers gebring altyd het die altaar gerook maar nog was die versoening nie daar nie Die hoëpriester kon dit nie doen nie sondaar tussen sondaars en eindige mens Die offer wat hy gebring het kon dit nie doen nie dit was maar net dierebloed Die een groot versoendag het die ander opgevolg Maar die skuld van die volk was nie gedelg

    Original URL path: http://vgk.org.za/vgk/node/524 (2015-12-05)
    Open archived version from archive



  •