archive-za.com » ZA » V » VGK.ORG.ZA

Total: 420

Choose link from "Titles, links and description words view":

Or switch to "Titles and links view".
  • In die alledaagse lewe klink God se oproep tot bekering | Vrye Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika
    honger en dors As gevolg van die massale veesterfte kan geen offers meer gebring word nie Die tempeldiens kom noodgedwonge tot stilstand Nie net die boere ly nie die stadsmense net so veel soos die plattelanders Ryk en arm belangrik en onbelangrik almal word getref n Nasionale noodtoestand Versekeringsmaatskappye raak bankrot Broers en susters u begryp hooplik teen hierdie tyd die feit dat Joël hierdie opgeskryf het en die feit dat dit in die Bybel staan nie toevallig is nie Dit was n historiese ramp wat God se volk getref het Tema In die alledaagse lewe klink God se oproep tot bekering 1 Die sprinkaanplaag 2 God se oproep tot bekering Wat Joël hier beskryf kon waarskynlik iedereen in Jerusalem toe vir jou vertel Dit was die nuus van die dag waaronder ieder en elk gebuk gegaan het Maar wat is nou eintlik die spesiale van Joël se boodskap Die spesiale eintlik skokkende van sy boodskap is wat mens lees in hfst 2 11 die HERE verhef sy stem voor sy leërmag uit want geweldig groot is sy leër ja magtig die uitvoerder van sy woord Want die dag van die HERE is groot en uitermate vreeslik en wie kan dit verdra Die skokkende van hierdie uitspraak is dat die sprinkaanplaag hier beskryf word as die leër van God HY het hulle gestuur In hierdie natuurramp klink dus SY oproep tot bekering Hfst 2 1 Blaas die besuin op Sion Dit was toe die alarmsirene Die sirenes het begin loei sodra die wagte die wolke sprinkane sien aankom het Maar nou sê Joël blaas nog n tweede keer die basuin Laat die sirenes weer loei Nie dat daar weer n wolk aankom nie Die kwaad het klaar geskied die sprinkane het reeds alles verwoes Maar tog blaas WEER die basuin Hoekom Omdat mense moet besef dat die sprinkane deur God gestuur is Hy wil dat daar bekering kom Roep almal saam vir n vasdag n dag van boetedoening Roep n biddag uit As hierdie ramp van God gekom het en ons steur ons nie daaraan nie wat sal ons dan nog verder te wagte staan Gemeente Joël se boodskap is gedurfd Om vir die volk vir die priesters en skrifgeleerdes te sê hierdie is n straf van God In hierdie toestand van ellende het hulle nie gewag op so n boodskap nie Hulle het hom dalk verwytend gevra wat is jou godsbeeld n God wat sulke wrede dinge doen Hoe kan jy so n godsbeeld hê Maar Joël kan nie anders nie God self stuur Hom Die lewende God wat sy regverdige strawwe uitdeel Die mens kan maar beter swyg Ook vandag kan mense ons kwalik neem as ons hulle met die Bybelse godsbeeld benader Wie leef vandag nog met die besef dat hy binnekort voor God se regterstoel sal moet verskyn Waar is die vrees vir God Waar is nog die besef dat n sondige lewe ons in die hel gaan bring Joël kon nie anders nie God se

    Original URL path: http://vgk.org.za/vgk/node/2002 (2015-12-05)
    Open archived version from archive

  • Die lewende God verdra geen afgode wat mense self uitgedink het nie | Vrye Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika
    gemoedsrus iets het waarop jy ook vertrou waaraan jy jouself wy waaraan jy jou geld en jou tyd bestee Wie net vir al hierdie goeters lewe moet besef dat hy nie die koninkryk van God gaan beërwe nie sê 1 Korinthiërs 6 Die Westerse samelewing het vir n belangrik deel die tegniek tot sy afgod gemaak Tegniek op sig word verheerlik Dit is wat daar in die 20e eeu gebeur het toe daar twee wêreldoorloë gevoer is met dit wat die tegniek opgelewer het Die twee wreedste oorloë uit die aarde se geskiedenis As die tegniek afgod word en aan die sondige mens ongekende moontlikhede verskaf kruip dan maar liewerste weg Die tegniek is gevaarlik as dit n afgod geword het Verlang dan maar liewerste na die koninkryk van God Verlang liewerste om daarvan deel te wees Pasop vir die afgode hulle is soms nader as wat jy dink 3 Waarsêery Waarsêery word ook in die Kategismus genoem Waarsêery kan die kop opsteek in verskillende vorme Mens kan dink aan die horoskoop die sterrebeelde waarin in koerante steeds aandag geskenk word Dit is vir die HERE n gruwel Die sterrebeelde praat nie die waarheid nie daar is slegs Een wat n ware woord oor die toekoms kan spreek Analiste life coaches sielkundiges of wie ook al kan ook nie die toekoms voorspel nie Dit is spekulasie met bymotiewe dikwels finansiële bymotiewe U Woord is n lig op my pad God se Woord is vir ons die kompas wat ons die toekoms inlei As ons die leefreëls van God se Woord inruil vir adviese wat nie daarmee ooreenstem nie as dit die koers van ons lewe na die toekoms bepaal dan kom mens in die vaarwaters van waarsêery 4 Bygeloof Bygeloof word ook genoem Ook dit wil die HERE ons bespaar Want wie daarvoor ruimte toelaat in sy lewe kry n baie komplekse en op die ou ent ongelukkige lewe Met bygeloof word bedoel dat jy die ware geloof nie heeltemal oorboord gooi nie maar dat jy daarnaas tog wel besondere waarde heg aan ander sake Jy is byvoorbeeld huiwerig vir Vrydag die dertiende Dit is n bygeloof wat nog steeds die nugtere Weste gevange hou Mense wil nie op daardie dag afsprake maak nie Mense wil nie in n huis nr 13 woon nie Mense wil nie in ry nr 13 in n vliegtuig sit nie Asof daardie ry uit die lug sou val en die res van die vliegtuig nie En so is daar nog meer bygelowe Hier in Afrika wil die mense nie n boom naby die huis plant nie en vroeër sou mense nooit in bepaalde bome se skaduwee gesit het nie Sommige bome behoort aan die voorvaders sommige bome huisves geeste Maar dis nie al bygeloof nie Bygeloof kan ook in n meer subtiele wyse deel word van n christen se lewe Selfs van die gebed kan mens iets bygelowigs maak Die gebed is nie n towermiddel nie maar dit is kommunikasie tussen ons en God

    Original URL path: http://vgk.org.za/vgk/node/2042 (2015-12-05)
    Open archived version from archive

  • Die tien gebooie is die wil van God in ’n neutedop | Vrye Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika
    10 gebooie so aan te pas Is mens dan nie besig om die Bybel te verander nie Dit is in hierdie verband goed om te kyk na die verskille tussen die wet in Ex 20 en die wet in Deut 5 Daar is naamlik enkele verskille Ek noem hulle gou In Ex 20 lui die 4e gebod soos volg Gedenk die sabbatdag dat jy dit heilig En dan volg die motivering hoekom jy dit moet doen Want in ses dae het die HERE die hemel en die aarde gemaak die see en alles wat daarin is en op die sewende dag het Hy gerus In Deut 5 klink die 4e gebod se motivering bietjie anders Die gebod is dieselfde maar die motivering sê En jy moet daaraan dink dat jy in Egipteland n slaaf was en die HERE jou God jou daarvandaan uitgelei het deur n sterke hand en n uitgestrekte arm Hoekom hierdie verskil Die rede is dat die wet in Deut 5 op datum gebring is oftewel toegespits op n spesifieke gebeurtenis wat die volk self meegemaak het Die volk kon dankbaar terugkyk op die bevryding uit Egipte Hulle het n lang woestynreis agter die rug gehad Baie jare van omswerwinge in die woestyn en hulle het nou op die drumpel gestaan om die beloofde land in te gaan Vandaar die nuwe motivering by die 4e gebod Die HERE is nie net jou Skepper wat die aarde in 6 dae geskape het nie Hy is ook die almagtige God wat julle uit Egipte met sy sterk arm bevry het Op dieselfde wyse kan ons vandag ook die wet aktualiseer op datum bring Dit beteken nie dat ons die oorspronklike weergawe van die wet in die asblik gooi nie Dit het ook nooit met Ex 20 gebeur nadat Deut 5 geskryf is nie Dit is wel so dat Ex 20 toegespits is op n heel ander tyd en samelewing as ons eie s n As ons vandag na Ex 20 luister moet mens dus dit in gedagte hou as jy daarna luister Ons begeer vandag nie meer die os of esel van jou naaste nie Maar wel dalk sy motor of sy karavaan Hierdie aktualisering van die wet beteken ook nie dat die wet nou inhoudelik aangepas word nie Die 10 gebooie bly aktueel en hulle bly van krag in watter tyd of land mens ook is As ons na ons hedendaagse samelewing hier in Suid Afrika kyk dan ek veralgemeen nou sien mens dat dalk die sesde en agste gebod nog relevant is Jy mag nie doodslaan nie Jy mag nie steel nie Hoewel hierdie twee gebooie baie aan devaluasie lyk Want in ons land kan jy ongestraf n ongebore baba vermoor en hoeveel diefstal vind daar ook nie ongestraf in ons land plaas nie Maar ander wette lyk heeltemal vergete Wie steur hom nog aan die sewende gebod jy mag nie egbreek nie Wie steur hom nog aan die 9e gebod jy mag nie skinder nie Wie steur hom nog aan die 10e gebod jy mag nie begeer nie In elke geval steur die televisie en die mense van 7e Laan hulle nie daaraan nie Maar vir sy kerk in watter samelewing die kerk ook is bly die hele wet van God onveranderd en onverkort van krag Elke Sondag word dit weer voorgelees die oorspronklike weergawes soos ons dit in die Bybel vind Dit gaan nie baie help as ons die geaktualiseerde weergawe wat ek nounet voorgelees het voortaan gaan gebruik nie Want oor n paar Sondae gaan ons ook daaraan gewoond wees en sal dit ook by die een oor in en by die ander uit gaan ten minste as mens nie goed oplet nie Maar op dag soos vandag as hierdie Sondag van die Heidelbergse Kategismus aan die orde is is dit n ideale geleentheid om n keer so n aktualiseerde weergawe te hoor 2 Die verband tussen die 10 gebooie en die res van die Bybel Wat is die verhouding tussen die 10 gebooie en die res van die Bybel Is die 10 gebooie die enigste gebooie uit die Bybel was ons moet nakom Of is daar nog meer gebooie in die Bybel Miskien het u al n keer die uitspraak gehoor Die 10 gebooie is n kort samevatting van God se wil En dit geld nog veel meer vir die samevatting wat die Here Jesus weer van die 10 gebooie gegee het Jy moet die HERE jou God liefhê moet jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand en met jou hele krag En jy moet jou naaste liefhê soos jouself Maar gemeente die 10 gebooie is op sy beurt dus ook n samevatting n Samevatting van heel God se wil soos ons dit in die Bybel vind Kom ons konsentreer vir n oomblik net op die Pentateug die eerste vyf boeke van Genesis tot Deuteronomium Hierdie eerste 5 boeke is vroeër dikwels aangedui met die benaming wet Die wet soos dit deur Moses opgeskryf is Die Here Jesus het byvoorbeeld so gepraat As Jesus praat oor die wet of soms kortweg net oor Moses dan het Hy die eerste vyf Bybelboeke bedoel Die Jode het hulle Bybel die Ou Testament naamlik in 3 dele verdeel Die wet die Profete en die Geskrifte Die weg was dus die eerste 5 boeke Genesis tot Deuteronomium Hulle vorm die fondament van die Bybel Die ander Bybelboeke bou voort op hierdie fondament Soos die Profete En ook die Geskrifte dan dink ons aan boeke soos Psalms Spreuke Prediker As ons nou weer terugkom by die eerste vyf boeke die Wet dus dan kan mens hulle indeel in sê maar konsentriese sirkels Die binnenste sirkel is die kleinste en daarom word elke nuwe sirkel bietjie groter Nou die binnenste sirkel van die Pentateug die eerste vyf boeke is wat ons vind in Exodus 19 en 20 Dit is die verbondsluiting van God met sy volk en die 10 gebooie wat daarop volg

    Original URL path: http://vgk.org.za/vgk/node/2040 (2015-12-05)
    Open archived version from archive

  • Vertel aan die mense, dat Jesus leef | Vrye Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika
    n melaatse man wat deur Jesus genees is Ook aan hom was Christus se advies duidelik Pas op dat jy dit aan niemand vertel nie Mattheüs 8 4 Moenie met die mense hieroor praat nie Maar nou het die tye dus verander Destyds mog die wonders nie uitgebasuin word nie Nou wel Destyds wou die Heiland nie dat die mense Hom tot wonderkoning sou kroon nie Sy weg na die troon moes eers voer deur n diep dal En dit het die mense nie besef nie Hulle het ook nie n oor daarvoor gehad nie selfs nie sy dissipels nie Hulle het nie daarvan gehou as Jesus oor lyde en sterwe praat nie Hulle wou net van die suksesstorie hoor en daarby behoort Daarom die op eerste gesig rare advies van ons Heiland moenie dit vir die mense vertel nie Maar nou het die tye dus verander Nou het Christus opgestaan uit die dood Nou is alles anders Nou kan die berig nie gou genoeg die wêreld oor gaan nie Dis hoekom die engel haastig was Gaan haastig vertel vir sy dissipels Hy het opgestaan uit die dode Ja die tye het nou verander En daarom vertel aan die mense dat Jesus leef Die vroue was nog maar net op pad toe Jesus self daar aankom om die berig self te bevestig Hulle het nog maar net bygekom van hulle eerste skrik Hulle wange was nog maar nie eers droog van die trane van verdriet wat hulle die afgelope dae die vrye loop gegee het nie Hulle was nog maar net op pad vyf minute tien minute toe jesus hulle persoonlik tegemoet kom Aan die een kant was dit so gewoon Hy het hulle gegroet net soos altyd Wees gegroet Maar ander die ander kan so ontsagwekkend anders Want hierdie Here het nou aan die ander kant van die graf gestaan Aan die een kant so gewoon Net soos altyd het hulle voor Hom gekniel sy voete gegryp Maar aan die ander kant so ontsagwekkend anders Was dit dalk die skrikreaksie wat hulle laat flouval het Hulle het sy voete gegryp wat koud en dood was maar nou weer warm en lewendig Sy voete met die wonde van die kruis nog daarin Meer as ooit het hulle Hom aanbid Ook Jesus het net soos die engel vriendelik en gerusstellend gepraat Moenie bang wees nie En Hy het die bevel wat die engel sy boodskapper nounet aan hulle gegee het weer herhaal Gaan heen en vertel my broeders dat hulle na Galilea moet gaan en daar sal hulle My sien vers 10 Ja Jesus noem hulle sy broers Hy die verheerlikte skaam Hom nie om ons sy broers en susters te noem nie Gaan vertel dit aan my broers Gaan vertel dit nie net aan hulle nie Vertel dit aan alle mense Vertel aan alle mense dat Ek leef Tema Vertel aan die mense dat Jesus leef 1 Die getuienis van die vroue 2 Die gerug van die soldate In die

    Original URL path: http://vgk.org.za/vgk/node/2014 (2015-12-05)
    Open archived version from archive

  • Alle Preke | Vrye Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika
    van Alten Spreuke 15 die Christen se ekonomie is n ekonomie van dankbaarheid 2013 03 24 Ds HH van Alten Sondag 44 2 2013 03 17 Ds HH van Alten Sondag 43 Die mens se tong is n kragtige instrument 2013 03 10 Ds HH van Alten Openb 21 die reeds en die nog nie van die nuwe Jerusalem 2013 03 10 Ds HH van Alten Sondag 42 2 God se paradysinstelling leer ons om geestelik met die materiële om te gaan 2013 03 03 Ds HH van Alten Openb 19 6b Halleluja Jesus Christus het die Koningskap aanvaar 2013 02 24 Ds HH van Alten Sondag 41 2 Die Here soek n bruid wat heilig is 2013 02 24 Ds HH van Alten Openb 18 23b en 24 die outopsie wys vir ons die redes vir die val van Babilon 2013 02 17 Ds HH van Alten Openb 16 21a die Sondelose gooi die eerste stene op die ontroue hoerstad Babilon 2013 02 03 Ds HH van Alten Sondag 39 deur middel van die vyfde gebod wil God ons wys maak tot die lewe 2013 02 03 Ds HH van Alten Sondag 38 4 die oorvloed van Pinkster bepaal

    Original URL path: http://vgk.org.za/vgk/preke?page=11 (2015-12-05)
    Open archived version from archive

  • Eers as jy Christus ken, ken jy jou redding | Vrye Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika
    die Skrif verstaan Tog Dit kan met enigiemand gebeur dat jy n bepaalde detail vergeet Die Skrif die Ou Testament is mos baie dik Het jy elke dag al die antwoorde gereed op vrae oor die Skrif Onthou jy elke dag elke detail Ons ken dalk globaal die Bybelse geskiedenis soos ons dit in die Ou Testament vind Maar mens onthou nie elke detail nie Wat was byvoorbeeld die naam van Simson se pa Onthou u nog Miskien het jy dit geleer toe jy nog jonk was Miskien het jy onlangs deur die boek Rigters gelees en kan jy dit onthou Maar anders Of wat was die naam van die profeet Jeremia se sekretaris sy skriba Wie was koning oor Juda toe hulle in ballingskap gegaan het Hoe oud het Adam geword En Noag Onthou u nog Dalk het die dissipels iets vergeet Dalk het hulle nie elke detail van Christus se onderrig onthou nie Byvoorbeeld dat Jesus wel gepraat het oor die feit van sy opstanding Gemeente om eerlik te wees dit was nie so nie Dit was nie net n detail nie Die feit van die opstanding was nie iets om toevallig te vergeet nie dit was nie iets soos die name van Simson se ouers of die ouderdom van Noag toe hy gesterf het nie Hierdie feit Christus se opstanding staan op n totaal ander vlak Kort daarna het Jesus begin verduidelik vir die Emmaüsgangers hoe al die Skrifte op Hom betrekking het Luk 24 27 Die hele Ou Testament bereik sy hoogtepunt in die gebeurtenisse van die afgelope paar dae Jesus Christus oorgelewer Jesus Chrisuts gekruisig Jesus Christus begrawe Maar ook Jesus Christus opgestaan Die eersteling die eerste vrug van die ewige lewe Wat aan die begin van die Skrifte belowe is in Genesis 3 15 naamlik dat die kop van die slang vermorsel sal word het op hierdie einste dag in vervulling gegaan Hoe kon hulle Petrus en Johannes dit oor die hoof gesien het En dan moet mens nie vergeet dat Jesus self hulle by herhaling hieroor ingelig het nie Ek dink byvoorbeeld aan Markus 8 31 waar ons lees Toe het Hy hulle begin leer dat die Seun van die mens baie moet ly en verwerp word deur die ouderlinge en owerpriesters en skrifgeleerdes en gedood word en ná drie dae opstaan Op daardie stadium het Petrus dit nie verstaan nie Petrus het Jesus naamlik opsy geneem en hom begin bestraf Duidelik het Petrus se toekomsscenario anders gelyk Ek kan ook verwys na Mattheüs 16 22 waar dieselfde gebeurtenis beskryf is Toe neem Petrus Hom opsy en begin Hom bestraf en sê Mag God dit verhoed Here dit sal U nooit oorkom nie Daarna lees ons dat Jesus terug reageer Hy het dit nie aanvaar soos Petrus Hom behandel het nie Inderwaarheid is dit die hoofrede hoekom Hy na die aarde gekom het Dus het Jesus omgedraai en vir Petrus gesê Gaan weg agter My Satan Jy is vir My n struikelblok omdat

    Original URL path: http://vgk.org.za/vgk/node/2006 (2015-12-05)
    Open archived version from archive

  • JESUS, DIE NASARENER, DIE KONING VAN DIE JODE | Vrye Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika
    nie Om nog n voorbeeld te noem By die tempel in Jerusalem was daar waarskuwingsborde in sowel Grieks as Latyn aangebring met die berig dat nie Jode nie die binnenste voorhof mog betree nie dit kon lei tot die doodstraf Net so was hierdie bordjie bo aan Jesus se kruis ook bestem vir n breër publiek Dit was gebruiklik dat n bordjie aan die kruis van n misdadiger opgehang is Of soms moes die misdadiger dit om sy nek hang Daarop het in vet letters gestaan wat die misdaad was hoekom hy gekruisig word Dit was ter afskrikking van die publiek wat verby gekom het En daar was inderdaad breë belangstelling vir hierdie Man aan die middelste kruis Golgota was naby die stad geleë langs een van die toegangsweë Baie Jode en nie Jode kon dus die opskrif lees Te meer omdat dit Vrydagoggend was die Vrydagoggend net voor Paasfees Dus was daar baie verkeer op die toegangsweë Watter bedoeling Pilatus met hierdie opskrif gehad het noem Johannes nie eksplisiet nie Wel noem hy dat die mense van die Sanhedrin die owerpriesters van die Jode hierteen beswaar gemaak het Johannes noem hulle met opset die owerpriesters dit in kontras met die kruisteks Koning van die Jode Hierdie owerpriesters van die Sanhedrin het naamlik gepretendeer dat hulle die ware verteenwoordigers van die volk was En hulle het hierdie koning nooit erken nie En daarom moes Pilatus volgens hulle eerder geskryf het dat Jesus homsélf beskou het as die koning van die Jode Skryf asseblief Ek is die Koning van die Jode Hulle het Pilatus versoek om die bewoording te verander n rektifikasie Die opskrif mog nie so bly soos dit was nie Maar in hierdie laaste konfrontasie met die Jode gee Pontius Pilatus nie in nie Hulle het hom nou al genoeg onder druk geplaas en gemanipuleer Hy weier om dit te verander Vers 22 Wat ek geskryf het het ek geskrywe Geen meter sou hy verder aan hulle leiband loop nie Mens kry die indruk dat Pilatus hom hier agteraf op die Jode wou wreek En dus ken hy nou vir Jesus aan die kruis kwasi amptelik die posisie en titel as koning van die Jode toe Die Jode se beskuldiging teen Hom was mos dat Hy homself as die gesalfde koning beskou het Luk 23 2 Pilatus is deur n listige plan deur die Jode gedwing om Jesus te laat kruisig Joh 18 39 Maar nou slaan hy terug Hieruit blyk sy diepe veragting vir die Jode met hulle so gehate Messiasverwagting hulle verwagting van n koning om hulle juis van die Romeine te bevry Die koningstitel het bly staan Dit is maar net n vervolg op die eerdere opmerking waaruit sy veragting ook al geblyk het Daar is julle Koning Joh 19 14 En moet ek julle Koning kruisig Joh 19 15 het hy kwasi ernstig en verbaas gevra eintlik heel spottend En dus nou weer Des te meer het hy die onstuitbare behoefte in hom voel opkom

    Original URL path: http://vgk.org.za/vgk/node/2005 (2015-12-05)
    Open archived version from archive

  • God sluit sy genadeverbond met Abram | Vrye Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika
    en magtiger Hy kan so baie belowe Abram kan eintlik niks belowe nie Al wat Hy kan doen is beloof om gehoorsaam te wees aan die verbond En om te glo wat God hom beloof Soos in vers 6 staan en hy het in die HERE geglo Dis die eerste keer wat die woordjie glo in die Bybel staan Die Hebreeuse woord vir glo is aman dis waar die woord Amen vandaan kom Glo dat dit wat die HERE sê waar en betroubaar is Daar was nog ander onderdele van n tipiese verbondsluiting wat ons nie alles in hierdie hoofstuk vind nie dit kom later byvoorbeeld in Genesis 17 Behalwe vir beloftes was daar vervloekinge oftewel sanksies Wat naamlik sou gebeur as een van die partye die verbond breek n Vaste onderdeel was ook n seën wat uitgespreek is En n vaste onderdeel was afsprake oor hoe die verbond bewaar of geargiveer moes word Op kleitablette byvoorbeeld en hoe dikwels die partye dit moes voorlees om weer daaraan herinner te word Ook was daar n teken van die verbond sodat mense elke keer daaraan herinner sou word Die teken was die instelling van die besnydenis Dit vind ons in Genesis 17 Maar wat ons hier in Genesis 15 nog verder vind is die ritueel Die HERE gee Abram opdrag om van sy beste diere te neem drie jaar oud dws volwasse maar nog jonk en gesond en die moes hy in die middel deursny Daarna moes hy die twee helftes teenoor mekaar lê sodat daar n paadjie tussen hulle deurloop Die voëls moes hy bo op die gesnyde stukke lê Dit spreek vanself dat hierdie ritueel baie bloederig was Mens kon die bloed en rou vleis ruik Die aasvoëls het die reuk op opgetel en al gou sirkel hulle bo die karkasse Abram moes hulle wegjaag Dis belangrik om te besef dat hierdie ritueel vir Abram nie onbekend was nie In daardie dae was dit algemene praktyk as mense of konings met mekaar n verbond gesluit het Die HERE sluit hier dus aan by n algemeen bekende ritueel wat Abram kon verstaan By n verbondsluiting het beide partye saam tussen die stukke vleis aan weerskante deurgeloop die paadjie vol bloedspore Die ritueel was sodat beide partye sou besef as ek die verbond breek as ek ontrou is aan die verbond dan moet daar met my gebeur wat ook met hierdie diere gebeur het Dan het ek geen reg om langer te lewe nie Die bloed van hierdie diere beseël die verbond wys hoe sterk die verbond is Die verbond is n kwessie van lewe en dood Abram moes besef hy gaan nou saam met die HERE tussen die diere deurloop Hy moes besef ek moet trou bly aan die HERE my Bondgenoot Dis n kwessie van lewe en dood Toe Abram alles gereed gesit het het hy gewag Gewag dat die HERE moes opdaag om saam met hom oor die bloedstraat te loop Die HERE het vir hom gesê om

    Original URL path: http://vgk.org.za/vgk/node/1992 (2015-12-05)
    Open archived version from archive



  •