archive-za.com » ZA » V » VGK.ORG.ZA

Total: 420

Choose link from "Titles, links and description words view":

Or switch to "Titles and links view".
  • Volharding in gebed tot en gehoorsaamheid aan die hemelse Heiland | Vrye Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika
    bisarre gebeurtenisse in die regte perspektief Hy verwys na Psalm 69 en 109 psalms van Dawid Juis in die lewe van Jesus het die wrange woorde uit hierdie psalms tot vervulling gekom In Psalm 69 kan mens lees dat die giftigste venyn uit die kring van die broeders gekom het En in Psalm 109 het die aanval gekom van die kant van diegene wat sogenaamd vir die koning liefgehad het Op dieselfde manier het Jesus op n intense wyse meegemaak waaroor Dawid in hierdie psalms kla In vers 18 en 19 vertel Petrus dan oor die dood van Judas As ons hierdie beskrywing vergelyk met die weergawe van Mattheüs hfst 27 dan lyk dit nogal verskillend In Mattheüs 27 smyt Judas die geld wat hy vir Jesus se verraad ontvang het voor sy opdraggewers se voete Maar volgens Petrus koop hy n stuk grond met die geld In Matthëus hang Judas homself op uit wroeging Hier in Handelinge sterf hy deur n soort ongeluk In Mattheüs 27 koop die opdraggewers n stuk grond met die geld wat Judas nie wou hê nie en dit word Bloedgrond genoem verwysende na die onskuldige bloed wat hy verraai het Hier in Handelinge kry die stuk grond waar Judas sy bloedige dood gesterf het hierdie naam By Mattheüs word die lewenseinde van Judas van binneuit beskryf Daar is sprake van berou en skuldbelydenis Die selfmoord vind plaas as Judas sonder vergifnis deur sy opdraggewers die priesters weggestuur word Maar die strekking van Petrus se woorde is eenvoudig die verraaier kry sy verdiende loon Hierdie twee weergawes van Judas se lewenseinde klink heel verskillend Tog kan die meeste dinge wat op eerste gehoor teenstrydig klink gekombineer word Twee oogpunte van dieselfde saak Belangrik is ook om die konteks van beide beskrywings in gedagte te hou Mattheüs en Petrus oftewel Lukas beskryf Judas se lewenseinde naamlik uit verskillende oogpunte Mattheüs skryf meer hoe Judas alles persoonlik beleef het Hoe hy heeltemal in n hoek gedryf is n Beskrywing wat psigologies baie sin maak Mattheüs was ook n dissipel en hy het Judas persoonlik geken Mattheüs was oorspronklik van beroep n tollenaar Hy het die suigkrag die aantrekkingskrag van geld geken Hy het waarskynlik ook geweet dat juis dit die liefde vir geld Judas se swakplek was Hy het dalk simpatie gehad met Judas wat juis deur sy liefde vir geld in Satan se lokval geloop het Petrus plaas die gebeure rondom Judas se lewenseinde in die kader van God se raadsplan En in die konteks van die verkiesing van n nuwe apostel Maar miskien wonder u nog steeds in u agterkop Wat het toe uiteindelik met Judas gebeur Het Judas salig geword of het hy verlore gegaan Op hierdie vraag kan ek u geen antwoord gee nie Die Bybel skryf nie eksplisiet iets hieroor nie Ons lees net dat Judas in hierdie lewe gestraf is vir sy verraad Oor wat na hierdie lewe met hom gebeur het lees ons nie Maar in hierdie lewe het Judas totaal ongeskik geword om verder sy amp verder uit te oefen Laat n ander een sy opsienersamp neem sê Petrus en hy haal aan uit Psalm 109 En daarmee kom Petrus tot sy eintlike punt Daar ontbreek iemand in die twaalftal Die leë plek moet gevul word Petrus gee in vers 21 22 n omskrywing van hierdie amp Dit gaan bewus oor iemand wat ooggetuie moes wees Die apostels het naamlik die taak van Jesus ontvang om sy getuies te wees in Jerusalem sowel as in die hele Judea enSamaria en tot aan die uiterste van die aarde Hand 1 8 Dus voordat die 120 daar bymekaar die geleentheid kry om name op te gee moet eers duidelik wees aan watter vereistes die persoon moet voldoen Vers 21 manne dan wat saam met ons rondgegaan het al die tyd waarin die Here Jesus by ons in en uitgegaan het van die doop van Johannes af dit was die oomblik toe Jesus sy amp offisieel aanvaar het Tot en met die dag van die hemelvaart n Oog en oorgetuie dus van Jesus se prediking genesings wonderwerke kruisiging opstanding verskynings en hemelvaart Nadat die groep van 120 na die vereistes geluister het het hulle met twee name vorentoe gekom Twee manne waarvan hulle oortuig was dat beide hierdie amp sou kon beklee Naamlik om die Evangelie die Blye Boodskap in die volkerewêreld in te dra Josef wat genoem is Barsabas met die bynaam Justus En Matthias Albei dus Joodse manne gesien hulle name hoewel die een ook n Latynse bynaam gehad het Justus Israel was in daardie dae n Romeinse kolonie In die strate van Jerusalem is ook baie Latyn en Grieks gepraat Die loting tussen die twee is voorafgegaan deur gebed Hulle is aan God opgedra Daar is gevra of God die keuse wil maak Toe is die lot gewerp Gemeente is dit iets vreemds Is mens dan nie besig om God te versoek nie Speel mens nie met sy voorsienigheid nie Nee want die lot word hier gebruik in n bepaalde konteks Petrus en die 120 aanwesiges doen nie iets wat teen God se gebooie indruis nie Jy kan nie argumentsonthalwe die lot werp tussen iemand wat wel en iemand wat nie geskik is vir die amp nie Hulle het die Here nie op die proef gestel nie Hulle het twee manne voorgestel wat gemeet aan God se geopenbaarde wil beide geskik was Maar die eindbeslissing is aan die Here oorgelaat Hy as Kenner van die harte het geweet wie die plek van Judas moes inneem Judas het deur sy persoonlike optrede homself ongeskik gemaak om langer die amp te beklee Sy plek wat hy moes vervul het hy verlaat deur sy optrede Die apostelskap het hy ingeruil vir n ander funksie In vers 25 kontrasteer Lukas die plek wat Jesus vir Judas gekies het met die plek wat Judas self gekies het En in vers 26 lees ons dan dat die lot op Matthias geval het Ons lees verder

    Original URL path: http://vgk.org.za/vgk/node/2000 (2015-12-05)
    Open archived version from archive

  • Die gebruik van die naam van die HERE herstel vertroue op aarde | Vrye Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika
    verander niks daaraan nie In die Nuwe Testament lees ons in Hebreërs 6 16 mense sweer by een wat meer is en die eed van bevestiging is vir hulle die einde van alle teëspraak Dus ook in die Nuwe Testament word die eed gehandhaaf Kom ons kyk nou in die tweede plek hoe die eed in die Bybel self gebruik is Is daar voorbeelde in die Bybel wat ons wys hoe die eed behoort te funksioneer as dit goed is Is daar voorbeelde hoe die eed n positiewe uitwerking gehad het Ja daar is Kom ons kyk wat ons daarvan kan leer Byvoorbeeld in Genesis 21 is die goeie verhouding tussen Abraham en Abimeleg toe dit onder spanning te staan gekom het gered deur die eed Abimeleg het vir Abraham gevra om die eed af te lê Toe Abraham dit gedoen het is Abimeleg se vertroue in hom weer herstel Dit is n voorbeeld van wat die Kategismus sê n eed in geval van nood Want Abraham het naamlik al n keer vir Abimeleg gejok Abraham het gesê dat Sara sy suster is en nie sy vrou nie Dit was n halwe waarheid Maar die gevolg was dat Abimeleg n verkeerde afleiding gemaak het Logies dat dit toe Abimeleg dit later agterkom sy vertroue in Abraham geskend het En vandaar dat Abimeleg nou tereg van Abraham eis om n eed af te lê n Soortgelyke geval vind mens in Genesis 31 Jakob en sy skoonpa Laban het finaal vertroue in mekaar verloor Laban het vir Jakob al n paar keer bedrieg onder andere deur Lea pleks van Ragel vir hom as vrou te gee En op sy beurt het Jakob sy skoonpa ook al bedrieg In Genesis 31 het hulle paaie vergoed geskei Tog dank sy die eed het hulle op goeie voet uit mekaar gegaan Saam het hulle voor God n eed afgelê dat hulle mekaar in die toekoms nie meer sou teëwerk nie Nie dat hulle ooit vriende sou word nie maar hulle het wel op goeie voet uitmekaar gegaan Danksy die eed was dit moontlik Nog n eed wat uit die nood gebore is vind ons in 1 Samuel 24 Dit is die geskiedenis oor hoe Dawid vir Saul se lewe gespaar het Saul het met sy soldate toevallig in dieselfde grot geslaap as waarin Dawid weggekruip het Dawid kon sonder veel moeite Saul net daar en dan om die lewe gebring het Hy het dit ook laat merk deur n stukkie van Saul se mantel met sy swaard af te sny En nadat Saul en sy lyfwag vertrek het het hy dit vir hom gewys In reaksie hierop het koning Saul toe vir David gesmeek om by die HERE te sweer dat David nooit Saul se nageslag sou uitroei nie Eintlik was dit in hierdie geval vir Saul glad nie nodig om van Dawid n eed te vra nie Daar was hoegenaamd geen aanleiding dat Saul vir Dawid moes wantrou nie Die omgekeerde was eerder die

    Original URL path: http://vgk.org.za/vgk/node/2045 (2015-12-05)
    Open archived version from archive

  • Die verhoogde Christus stort sy Gees uit met die oog op die verbreiding van die Evangelie | Vrye Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika
    En dit nie net in hulle moederstaal nie in Aramees of in Grieks nie Dit was nou juis die groot wonder Mens kan dit n taalwonder noem Die Heilige Gees het aan hulle die vermoë geskenk om die Evangelie te verkondig in meerdere tale Soos gesê tydens die Pinksterfees dit was n Joodse fees was Jerusalem vol feesgangers Ook feesgangers uit die buiteland Net soos vandag die geval is het daar toe ook meer Jode buite as binne Judea of Israel gewoon Sommige van hierdie buitelandse Jode veral as hulle ouer geword het het soms gerepatrieer om naby Jerusalem soos ons vandag sou sê af te tree Maar hulle het dan nog almal hulle eie tale gepraat Dit is bekend dat daar in die stad Jerusalem verskillende sinagoges was waarin daar ook verskillende tale gepraat is Dit sien mens byvoorbeeld in Handelinge 6 9 Daar word melding gemaak van n sinagoge van die Cireneërs n sinagoge van die Alexandryne n sinagoge van die Jode uit Cilicië en n sinagoge van die Jode uit Asië Al hierdie verskillende mense is dus deur die apostels toegespreek in hulle eie taal van herkoms Die taal van hulle geboorteland Die Heilige Gees het na hulle uitgereik in hulle eie moedertaal Want dit is die belangrikste van ons teks Hier doen die Heilige Gees n wonder Hy word deur Christus uitgestort en Hy aktiveer Christus se gesante op aarde Die tema vir vandag se preek is Die verhoogde Christus stort sy Gees uit met die oog op die verbreiding van die Evangelie Dit is die kader waarbinne hierdie taalwonder plaasvind Die Heilige Gees verrig n wonder sodat die Evangelie versprei En nie sommer n wonder nie n baie effektiewe wonder Want watter wonder kon die Heilige Gees beter verrig op daardie oomblik as hierdie taalwonder Want nogmaals wat het die apostels eintlik gepraat in al die verskillende tale Dit is wat vers 11 sê ons hoor hulle oor die groot dade van God praat in ons eie taal n Bietjie later sien ons vanaf vers 14 hoe die leier van die geselskap Petrus alleen die woord begin voer Petrus hou dan n uitgebreide preek waarskynlik in Aramees die taal van die Jode oor die groot dade van God Hy toon aan uit die Ou Testament die Bybel van die Jode hoe die koms van die Messias daarin aangekondig word En hoe Jesus die beloftes wat daar in die Ou Testament staan vervul het Die beloftes het in vervulling gekom tot hierdie einste dag toe Want toe Christus op hierdie Pinksterdag sy Gees uitstort het die profesie uit Joël in vervulling gegaan Ek sal my Gees op alle vlees uitstort en julle seuns en dogters sal profeteer ens en elkeeen wat die Naam van die Here aanroep sal gered word Dus nogmaals wat het die apostels in die vreemde tale gesê Ons kan daarvan uitgaan dat hulle presies dieselfde verkondig het as Petrus in sy Pinksterpreek Kort saamgevat dit het gegaan oor die groot dade van

    Original URL path: http://vgk.org.za/vgk/node/2001 (2015-12-05)
    Open archived version from archive

  • Praat vrymoedig oor God, maar moenie sy naam misbruik nie | Vrye Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika
    opgetree en in die naam van God gelieg Ons ken ook wat bestempel kan word as die ergste voorbeeld van alle tye Hoe valse getuies in naam van God Jesus aangekla het voor die Sanhedrin die Joodse Raad en voor Pilatus Dit is bewus lieg en dan God se naam daarby betrek Misbruik maak van die eed wat God ingestel het Die eed wat behoort te funksioneer as n beroep op God wat as Skepper alles weet Die funksie van die eed is juis om vertroue tussen mense te herstel as hulle alle vertroue in mekaar verloor het n Valse eed is dus dubbel so erg dit skend vertroue onherstelbaar Dit sal sê die derde gebod nie ongestraf bly nie 2d Die vierde vorm van misbruik handel ook oor die eed Waar die vorige voorbeeld gegaan het oor bewus vals sweer gaan dit hier oor die onnadenkende gebruik van die eed Onnodig sweer Jesus se mening hieroor was kort en kragtig laat julle woord wees Ja ja nee nee Wat meer as dit is is uit die Bose Mattheüs 5 33 37 En in Jakobus 5 12 lees ons moenie sweer nie nie by die hemel nie ook nie by die aarde nie en ook geen ander eed nie maar laat julle ja ja wees en julle nee nee sodat julle nie onder n oordeel val nie Soiets het die Fariseërs gedoen Hulle het beweer dat jy n egte eed by God nie mog verbreek nie Maar as jy gesweer het by die hemel of by Jerusalem of wat ook al was jy nie verplig om so n eed te hou nie Die Here Jesus het hierdie gewoonte aan die kaak gestel Dit is n gekamofleerde manier om tog die krag van n eed te misbruik Jesus het vir die Skrifgeleerdes gesê Wee julle blinde leiers julle wat sê Elkeen wat sweer by die tempel dit is niks nie maar elkeen wat sweer by die goud van die tempel hy is gebonde Die Here Jesus het hierdie haarklowery skerp veroordeel wie sweer by die tempel sweer daarby en by Hom wat daarin woon En wie sweer by die hemel sweer by die troon van God en by Hom wat daarop sit Matt 23 16 22 Onnodig sweer al is dit in n verkapte vorm dit aanvaar die HERE nie 2e n Vyfde vorm van misbruik is vandag ook nog baie aktueel En dit is om te swyg Wie swyg stem saam In Levitikus 5 1 staan dat as iemand n luid uitgesproke beswering vloek hoor en dit nie te kenne gee nie dra hy ook verantwoordelikheid daarvoor Wie swyg is mede skuldig Wie sien dat iemand steel en nie die fluitjie blaas nie word ook skuldig Wie sien dat iemand sondig en niks verder doen nie dit verswyg is ook aanspreeklik En dit geld dus ook wat betref misbruik van die HERE se naam Dit vra uiteraard moed as iemand vloek om op te kom vir die HERE se naam

    Original URL path: http://vgk.org.za/vgk/node/2044 (2015-12-05)
    Open archived version from archive

  • Die lewende God verdra nie verkeerde denkbeelde van wie Hy is nie. Hy wil geken en gedien word soos Hy Homself in sy Woord openb | Vrye Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika
    tempeldiens wat vir hom beter gepas het Hierdie twee kalwers was dus die produk van n verkeerde denkbeeld wat hy gekoester het In antw 98 staan Ons moet nie wyser as God wees nie Hy wil sy Christene nie deur stomme beelde nie maar die lewende verkondiging van sy Woord laat onderrig God het goeie redes hiervoor Net soos Hy in die Ou Testament goeie redes gehad het om te besluit dat die tempeldiens in Jerusalem moes plaasvind Jerobeam wou egter wyser as God wees Eiebelang het natuurlik n rol hierby gespeel Want as sy onderdane die tienstammeryk elke keer na die Juda die tweestammeryk moes reis om daar in Jerusalem te gaan offer sou hulle altyd n band hou met daardie stad en ook met die regering daar Jerobeam het by homself gedink As hierdie volk optrek om slagoffers te bring in Jerusalem sal die hart van die volk terugkeer tot Rehabeam Was dit eintlik nie presies God se bedoeling sy wens nie Dat die eenheid weer herstel sou word die pynlike breuk tussen die noorde en die suide Maar Jerobeam het anders gedink hy het sy eie belang voorop gestel Daarom het hy n nuwe heiligdom vir die 10 stamme ontwerp n nuwe offerkultus n nuwe godsbeeld En deel daarvan was dat hy twee goue kalwers gemaak het Daarna het hy slinks op die gevoelens van die volk ingespeel Dit is veels te ver vir julle om na Jerusalem op te trek So n verre reis elke keer dink net aan al die kostes Daardie geld kan julle mos vir beter dinge gebruik Kom ons maak liewers só hier is julle gode Israel wat julle uit die land Egipte gelei het n Goue kalf in Betel en n goue kalf in Dan Baie nader aan huis Strategies gekies Betel bietjie meer na die suide Dan bietjie meer na die noorde Jerobeam het tempels op die hoogtes gebou hy het priesters uit alle stamme aangestel hy het sy eie feesdae ingevoer hy het self ook op die altaar geklim Iets wat koning Dawid of Salomo nooit sou gewaag het om te doen nie In al hierdie dinge het Jerobeam afgewyk van die wet wat die HERE deur Moses aan die volk gegee het Oor sulke optrede sê die Kategismus dus Ons moet nie wyser as God wil wees nie Wie die Woord van God sy geopenbaarde wil nie normatief bly beskou nie begin aan n doodlooppad Jerobeam het die tienstammeryk op n doodloopspoor gelei Vandag in ons tyd is daar baie kerke wat ook op n doodlooppad tereg gekom het Omdat die geopenbaarde wil van God sy Woord nie meer as normatief beskou word nie Net soos Jerobeam die wet van Moses aan die kant geskuif het gebeur dit vandag ook Dit was nie vir die HERE OK byvoorbeeld dat daar skielik priesters uit alle stamme aangestel mog word nie Dit was nie n aanpassing van die wet wat goed wat in die HERE se oë nie Natuurlik sou

    Original URL path: http://vgk.org.za/vgk/node/2043 (2015-12-05)
    Open archived version from archive

  • Die HERE se oproep deur die eeue heen | Vrye Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika
    die geduld op is en dan kom die straf oor almal wat hulle teen Hom verhard het In Paulus se tyd As ons nou n aantal eeue die toekoms in beweeg en ons kom by ons teks en Romeine hfst 10 dan sien ons hier dat Paulus hoewel dit n heel ander tyd en omstandighede is dat Paulus tog presies dieselfde proses beskryf Ook in sy tyd was God dieselfde as in Joël se tyd en was die mense met hulle gedragspatrone dieselfde Wat was naamlik die geval Ook in hierdie tyd het God n profeet na sy volk gestuur Hierdie keer was dit nie n relatief onbekende profeet soos Joël nie Hierdie keer het God sy eie Seun gestuur as Profeet Hy het met dieselfde boodskap tot God se volk gekom as Joël destyds Al was Jesus se boodskap veel ryker was die kern presies dieselfde n Boodskap wat vra vir bekering en geloof wat praat oor God se beloftes aan sy volk maar ook dreig met God se straf as sy volk hulle nie bekeer nie n Boodskap wat ook aandag skenk aan die lot van die heidenvolke net soos by Joël al die geval was Ons ken hierdie geskiedenis Hoe die grootste deel van God se volk die boodskap van die Messias verwerp het Hoe hulle God se Profeet selfs gekruisig het En wat daarna gebeur het Hoe nadat God eers vir sy eie verbondsvolk die kans gegee het Hy vervolgens ook sy apostels na die heidene gestuur het En hoe baie heidene tot bekering gekom het dit tot beskaming van die Joodse volk En dit is presies waaroor Paulus in Romeine 10 skryf Die jong kerk in die stad Rome het vir n groot deel uit bekeerde heidene bestaan Daar was ook n klompie Jodechristene onder hulle Maar tog het ook vir die stad Rome gegeld soos dit vir al die ander stede gegeld het waar Paulus op sy sendingsreise was en wat ook vir die stad Jerusalem gegeld het naamlik Die meerderheid van die Jode het die evangelie afgewys In die stad Rome was daar naamlik ook baie Jode woonagtig In daardie tyd was die Jode verspreid oor die hele Romeinse Ryk Daar het meer Jode buite die ou beloofde land Judea Samaria en Galilea gewoon as daarbinne Die sogenaamde Jode van die Diaspora As mens vandag n besoek aan Rome sou bring kan jy nog steeds die katakombes van die Jode besoek Die Romeine het hulle dooies veras Maar die Jode het hulle begrawe en daarvoor het hulle tonnels net buite die stad Rome gegrawe Die Christene het in latere eeue hierdie gewoonte oorgeneem en ook katakombes gegrawe vir hulle oorledenes Die jong gemeente aan wie Paulus sy brief skryf het hulle eintlik in n baie moeilike posisie bevind Hulle het hulle bekeer en begin glo in Jesus Christus wat n Joodse Profeet was Maar die meerderheid van die Jode in Rome het Hom verwerp Dit het die kerk se posisie baie kwetsbaar gemaak Vir Paulus wat self n trotse Jood was was dit n geweldige groot hartseer Dat die meerderheid van God se ou verbondsvolk die Messias wat Hy gestuur het verwerp het Dit was een van die moeilikste vraagstukke waarmee Paulus geworstel het Hy was self ook een van hulle wat die Messias aanvanklik verwerp het Toe Petrus op Pinksterdag die woorde van die profeet Joël aangehaal het Handelinge 2 21 elkeen wat die naam van die Here aanroep sal gered word en Petrus het hierdie teks toe spesifiek op Jesus toegepas Met die naam van die Here het hy sy hoorders dus gewys op Jesus toe Petrus op Pinksterdag die Jode dus opgeroep het om Jesus as Messias aan te neem het Paulus Saulus was hy toe nog dit verwerp Die woorde van Petrus het sy haat net nog laat oplaai Maar sy lewe is so gelei dat hy homself later voor die lewende God verneder het Christus het hom op die knieë gedwing En nou gebruik Paulus hierdie selfde woorde van Joël om almal op te roep om te buig voor Jesus Jode sowel as nie Jode In Romeine 10 fokus Paulus spesifiek op die Jode Paulus het presies geweet uit eie ervaring wat hulle deurmaak Hy kon hulle gedrag baie goed plaas En Paulus gebruik nou die Ou Testament onder andere Joël om die situasie te verduidelik Want net soos in die tyd van Joël is God nog steeds dieselfde En net soos in die tyd van Joël is die gedrag van God se volk ook nog dieselfde Dit is dalk belangrik in hierdie verband om net te beklemtoon dat mens nie n verkeerde onderskeid tussen die Ou en die Nuwe Testament moet maak nie Dis ook nie wat Paulus in Romeine 10 doen nie Asof Paulus in sy Romeinebrief sou skryf dat in die bedeling van die Ou Testament God se volk gered is deur die onderhouding van die wet Dat n lewe streng volgens die gebooie jou krediet by God sou oplewer En dat volgens Paulus dit nou in die nuwe bedeling verander het na die geloof Dat n mens voortaan gered sou word uit geloof en nie meer deur onderhouding van die wet nie Dit sou n verkeerde teenstelling tussen die Ou en Nuwe Testament wees Die Ou Testament sê self soveel keer bv deur Joël dat die regverdige uit die geloof sal lewe dat elkeen wat die die Naam van die Here aanroep gered sal word Ook in die Ou Testament het die genade die botoon gevoer Paulus besef egter dat die gedrag van sy eie volk op hierdie stadium egter presies ooreenstem met die gedrag van God se volk in Joël se tyd God se volk wou nie luister na die profeet se boodskap nie Dit was lank gelede die geval Dit is nou ook weer die geval Die volk wou nie na Jesus luister nie En hulle het selfs redes begin uitdink redenasies om hulle gedrag te regverdig Hulle het selfs die Ou

    Original URL path: http://vgk.org.za/vgk/node/2028 (2015-12-05)
    Open archived version from archive

  • Met die eerste gebod leer God ons vertrou | Vrye Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika
    hy hom Isak ook om so te spreek terug ontvang Hebr 11 18 19 Gemeente verstaan u dit is WARE GELOOF Uiteindelik is dit sover dat Abraham werklik op God vertrou En dit is ook hoever God elkeen van ons vir jou en my wil kry Dat ons dit Abraham durf nasê Ek reken daarop dat God by magte is om my en ook my geliefdes uit die dood op te wek Dit is ware geloof Dit is wat die 1e gebod ons ge bied Dit is wat dit beteken om die 1e gebod na te kom in positiewe sin Ek glo dat God dit kan doen Ek vertrou Hom Langs n baie lang pad het God dit aan Abraham geleer Dit het lank geduur maar uiteindelik het God vir hom sover gekry Ondertussen het Abraham heelwat misstappe begaan sy eie vrou verstoot in Egipte n tweede vrou gevat om n kind te kan kry Maar uiteindelik lank na Isak se geboorte het God vir Abraham sover gekry Dat hy slegs op God vertrou En sedertdien danksy God se geduld met hom kan Abraham nou vir alle mense ten voorbeeld gestel word Abraham die vader van alle gelowiges Tema Met die eerste gebod leer God ons vertrou 1 Abraham hoe hy die vader van alle gelowiges geword het 2 Jakob hoe hy vertroue net op God geleer het Daar is nog n bekende figuur uit die Bybel wat met val en opstaan moes leer vertrou Dit was Abraham se kleinseun Jakob Om op God te vertrou dit was by hom ook nie n aangebore eienskap nie soos dit trouens by niemand is nie Ons het n gedeelte gelees wat handel oor die lewe van Jakob God het aan hom by Betel verskyn Daar mog Jakob hoor wie die HERE vir hom is Miskien ken u die lewe van Jakob in groot lyne Hoe hy opgegroei het met sy tweelingbroer Esau Hoe hy op n skelm manier die eersgeboortereg ingepalm het Hoe het later saam met sy ma sy pa bedrieg het Dit is alles voorbeelde van hoe Jakob se karakter was n Houding dat hy homself wel uit situasies kon uitred Solank ek myself nog kan uitred hoef ek God nie daarby te betrek nie Maar God het nie genoeë daarmee geneem nie Hy het persoonlik aan hom verskyn te Betel Gemeente is dit nie algemeen vir die lewenshouding van baie mense nie Dalk veral as jy nog gesond is as jy nog alles met jou liggaam kan doen dink jy tenminste as jou liggaam nie protesteer as jy werk nie of as jy sport doen nie as jy kan werk vir jou eie inkomste as jy n bietjie verstand het om sake na jou hand te sit So het Jakob sy vetroue nie op God alleen gestel nie maar hy het vir n groot deel op homself vertrou Maar in die lewensloop van Jakob sien mens dan dat God hom dit steeds meer probeer afleer Hoe God hom probeer leer om die 1e gebod na te leef Naamlik slegs op God vertrou Dit het begin toe Jakob hals oor kop moes vlug Dit was nie vir hom aangenaam nie Tog het hy die terugslag die hoof gebied Deur hard te werk deur sy verstand te gebruik het hy dit reggekry om Laban se veestapel buitengewoon uit te brei veral tot sy eie voordeel Ten koste van Laban n familielid wat hom onderdak verskaf het het hy homself verryk Ondertussen het Ragel in sy lewe verskyn maar hierdie keer was Laban hom te slim af Hy het eers Lea tot vrou gekry Hy moes 7 jaar langer bly vir Ragel Selfs hierdie teleurstelling het Jakob die hoof gebied Maar om werklik op God te vertrou dit het hy nog steeds nie geleer nie Ten spyte van God se verskyning aan hom te Betel Tog het God Hom met Jakob bly bemoei Hy het hom op die proef gestel Hy het hom in benarde situasies gebring met hierdie doel Jakob moes weer hals oor kop vlug Hierdie keer weg van sy skoonpa af Maar goed hy was nog sterk genoeg om dit te doen En toe hy op die pad terug die konfrontasie met Esau sien aankom het het hy homself daarop ook goed voorberei Waar hy nooit vrygewig was nie het hy nou ineens n oorvloed aan geskenke vir Esau gestuur Maar ook weer met n bymotief So het hy homself probeer uitred Maar weer het God aan hom verskyn Hierdie keer in die nag toe n engel gestuur deur God met Jakob geveg het Hy het Jakob nie doodgeslaan nie maar slegs gedoen wat God op daardie oomblik wenslik geag het Hy het Jakob mank gemaak aan sy heup Die eerste teenslag wat sy liggaam getref het Op sy gesondheid kon hy voortaan nie meer volledig vertrou nie Daarna het daar egter nog iets baie meer ingrypends gebeur Daar was naamlik n persoon wat dit vir Jakob moeilik gemaak het om slegs op God te vertrou Iemand wat sy geloofsgroei steeds gerem het En dit was sy eie vrou Ragel Toe hulle vlug het Ragel die huisgode van haar pa gesteel en saamgevat Ragel kon skynbaar nie sonder hierdie afgode lewe nie Ragel se hart was nie onverdeeld vir die HERE nie Dit het ook uit haar houding geblyk Sy het n ondankbare karakter gehad Selfs nadat God haar gebed verhoor het en haar tog n kind gegee het n seun soos sy wou was sy nog nie tevrede nie Sy moes en sou net soveel kinders soos Lea haar sussie kry Maar daar het n dag gekom toe dit vir die HERE genoeg was Ek sê dit met die nodige skroom want God se weë is vir ons onbegryplik Dit gaan ons verstand te bowe Maar ons lees wel in Genesis dat God vir Ragel op n sekere oomblik uit hierdie lewe weggeneem het Ons sou sê n vroegtydige dood Sy het gesterf toe haar jongste seun gebore

    Original URL path: http://vgk.org.za/vgk/node/2041 (2015-12-05)
    Open archived version from archive

  • Die almagtige God duld onreg nie vir ewig nie | Vrye Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika
    het Volgens die wet van God die wet wat deur Moses opgeskryf is het die doodstraf op slawehandel gestaan Dit staan in Exodus 21 16 En hy wat n mens steel en hom verkoop of as hy in sy besit gevind word dié moet sekerlik gedood word Dit was dus n ernstige misdryf Iets wat tot God geroep het om vergelding In hierdie hoofstuk sien ons dat God se tyd nou aangebreek het Hy duld onreg nie vir ewig nie Almal moes bymekaarkom in die dal van Josafat die plek waar die straf sou plaasvnd Daar sou God afreken met elkeen wat sy wette verontagsaam het Inderdaad God straf die hele wêreld Nie net sy eie volk nie met hulle begin Hy dikwels Hoekom eintlik Dit is genade dit het ons in die vorige preek uit Joël ook al gesien Dit is pure genade dat God ons deur sy strawwe met die neus op die feite druk So dwing Hy ons om na Hom toe terug te keer So betoon God Homself as die lewende Hy leef en regeer kerkmense kom dit agter Maar ook heidene ongelowiges sal agterkom dat Hy leef en regeer Die onreg kan Hy nie vir ewig verdra nie Vanaf vers 13 word met baie beeldmateriaal verduidelik hoe God die volke straf Ons vind in vers 13 beelde uit die agrariese wêreld Steek die sekel in Trap die parskuip Dit herinner aan die drie belangrikste landbouprodukte van Palestina graan druiwe en olywe Die tyd van die oes het gekom Die tyd dat die koring van die kaf geskei gaan word Al die kaf alles wat nie deug nie word met vuur verbrand Ook word op n baie beeldende wyse beskryf hoe God met die volke praat hoe sy stem klink In vers 16 staan die HERE brul Die woord laat mens dink aan onweer Soos n sware donderslag klink God se stem Hemel en aarde bewe Swaar donker wolke skuif voor die son in Son maan en sterre trek hulle glans in Helder oordag word dit donker Almal verkeer in doodsgevaar Gemeente dis belangrik om te besef dat hierdie net beelde is Beelde vir hoe God met sy oordeel oor die wêreld kom Want hoe straf God eintlik werklik Daarvoor gebruik Hy verskillende metodes Ons het al in die vorige preek gesien dat Hy natuurrampe kan gebruik sprinkane of n aardbewing of n orkaan Maar God kan ook die een volk gebruik om die ander een te straf So het God die Assiriërs as instrument gebruik om sy volk te straf Die Assiriërs het die noordelike 10 stammeryk in ballingskap gevoer En God het die Babiloniërs gebruik om Juda weg te voer Dit wil nie sê dat die Assiriërs en die Babiloniërs vryuit kon gaan nie Want die wyse waarop hulle God se opdrag uitgevoer het was van so n aard dat dit op sy beurt weer om straf geroep het En dit sien ons in hierdie hoofstuk dus ook Die Filistyne Sidoniërs en Tiriërs het die lewe vir die mense van Juda baie swaar gemaak Telkens het hulle weer as bendes deur die land getrek en alle goud en silwer geroof en selfs mense vir die slawehandel Enersyds was hulle deur God gestuur net soos die sprinkane om God se volk te straf Maar andersyds het hulle buite hulle boekies gegaan En dit het die almagtige God ook nie verdra nie En daarop volg nou dus die straf Die profeet Joël vertel oor die dal van Josafat die dal van beslissing Daarheen dryf God alle volke die Filistyne die Sidoniërs en die Tiriërs En daar ontbrant hulle teen mekaar Daar straf hulle mekaar Daar vernietig die kwaad homself En so herstel God reg op aarde Die onreg word weggevaag dit kry sy welverdiende straf Gemeente ons weet ook dat dit regtig gebeur het Tirus Sidon en Filistea is verslaan deur die Assiriërs En die Assiriërs wat die 10 stammeryk in ballingskap gevoer het is op sy beurt verslaan deur die Babiloniërs So gebruik God die een volk om die sonde en wreedheid van n ander volk te beëindig En dit gebeur vandag ook nog Die almagtige God herstel die reg op aarde As sy tyd gekom het dan word alle kaf op aarde alles wat nie deug nie verbrand God is regverdig Hy duld geen onreg Hy duld dit nie binne sy eie volk nie Daarmee reken Hy eerste af Maar ook alle onreg buite sy volk word vroeër of later getermineer Gód regeer hierdie wêreld En met die kwaad reken Hy af Ook die onreg wat Christene aangedoen word Die christene wat vervolg of ontvoer word of dit is in Noord Korea Sirië Somalië of Nigerië hulle saak roep tot God net soos die bloed van die vermoorde Abel Ook alle diskriminasie teen Christene en diskriminasie teen n Christelike lewensstyl ook in westerse lande dit ontgaan God se oog nie God besoek die tradisioneel Christelike lande in die Weste met sy seën Hy oorlaai hulle met welvaart Maar God besoek mense ook daadwerklik met sy straf As jy goeie raad soek vir die toekoms hou hiermee rekening Sowel God se seën as sy straf is n werklikheid Tema Die almagtige God duld onreg nie vir ewig nie 1 Hy besoek die wêreld met sy straf 2 Hy besoek die wêreld met sy seën Dit is nie die bedoeling dat die boodskap van die eerste punt van hierdie preek nou in die tweede punt geneutraliseer gaan word nie Die werklikheid van God se straf bly staan vir kerklede en nie kerklede God is regverdig en Hy reken met die kwaad af Dit is sy aard Hy wil die beste vir sy skepping Hy duld die kwaad nie vir ewig nie Mens kan nie sê dat God se seën hierteenoor staan nie Mens kan nie sê dat sy seën oftewel sy barmhartigheid die teenpool is van sy regverdigheid nie Sy seën sy barmhartigheid loop juis parallel aan sy regverdigheid Hy straf inderdaad alle onreg Hy tref

    Original URL path: http://vgk.org.za/vgk/node/2003 (2015-12-05)
    Open archived version from archive



  •