archive-za.com » ZA » V » VGK.ORG.ZA

Total: 420

Choose link from "Titles, links and description words view":

Or switch to "Titles and links view".
  • Die bloed van Christus reinig ons van alle sonde | Vrye Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika
    is nie Ag arme sondaars Asof ons mense is om jammer te kry om medelye mee te hê Maar in die oorspronklike Latynse teks van die Kategismus staan Allerellendigste sondaars Ons is nie mense om jammer te kry nie Inteendeel ons is opstandig teenoor God Mense wat baie goed weet wat hulle doen Mense wat nie arm is nie maar ryk Wat baie talente het wat n volle verstand van God ontvang het En wat met al hulle ryke gawes en moontlikhede teen God in opstand gekom het Ons is nie soos n straatkind sonder ouers wat n mens kan jammerkry nie Maar ons is opstandelinge ons is terroriste Tipes soos Ben Laden of Saddam Husein of Gadaffi Met al ons talente en kapitaal kies ons bewus vir die kwaad En so noem die Kategismus ons tereg allerellendige sondaars opstandelinge Dit is u ook Dit is ek ook En as ons deur God se Gees wedergebore word net tussen hakies wedergeboorte is nie n outomatisme nie in die kerk net so min as daarbuite ook na wedergeboorte bly die vyfde bede van die Onse Vader elke dag vir ons noodsaaklik Soos ons van Johannes kan leer As ons beweer dat ons geen sondes het nie mislei ons onsself Maar elkeen wat die reinigende werking van Christus se bloed leer ken het begin sy eie sondigheid besef Voel wat dit is om regtig skoon te wees En sien raak hoe hy elke dag weer vuil word met sondes Daardie gevoel laat ons elke dag as ons weer vuil geword het verlang En laat ons dus bid Wil my al my misdade nie toereken nie ook nie die boosheid wat ons altyd aankleef nie Op televisie sien mens soms n advertensie van waspoeier vir n wasmasjien Die een dame vertel vir n ander hoe skoon haal klere word en hoe mooi die kleure bly Die beste advertensie is van mond tot mond Die TV maak daarvan gebruik Ook vir die Christelike geloof geld hierdie wet Die beste advertensie is van mond tot mond Vertel vir die mense dat niks beter reinig as die bloed van Christus nie En ander mense sal jou glo as hulle sien dat jy elke dag self daarvan gebruik maak As hulle sien dat jy elke dag bid Vergeef ons ons skulde Vergewe my my sondes Ek vra dit met n beroep op Jesus se bloed Hierdie bede bly noodsaaklik ook vir elke kerkmens al word hy honderd Elke dag moet ons vergewing vra En hierdie bede is noodsaaklik ook vir almal wat nog onbekeer is wat nog in hulle sondes lewe Ja dit is n noodsaak Die bloed van Christus reinig ons van alle sonde 1 n Noodsaak 2 n Voorwaarde Ek het nounet al genoem dat die Here Jesus hierdie vyfde bede spesiaal toegelig het juis toe Hy die Onse Vader vir sy dissipels geleer het Want as julle die mense hulle oortredinge vergewe sal julle hemelse Vader julle ook vergewe Maar as julle die mense

    Original URL path: http://vgk.org.za/vgk/node/2054 (2015-12-05)
    Open archived version from archive

  • Gaan en doen jy net so | Vrye Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika
    priester die tweede n Leviet die derde n Samaritaan Die eerste twee het hulle nie met die slagoffer bemoei nie By die plek van onheil aangekom het hulle aan die ander kant van die pad begin loop en hom sodoende op n afstand verbygesteek Maar die Samaritaanse reisiger het na hom toegegaan en aan hom eerste hulp verleen Hy het sy wonde met wyn skoongemaak Dit klink dalk snaaks maar dit was n gewone behandeling toe Ook vandag word alkohol nog gebruik om wonde te reinig Verder het hy die wonde versag met olie By olie moet mens nie aan enjinolie dink nie maar n soort olie wat gebruik is vir medisinale doeleindes Om siek mense mee te behandel Ek dink byvoorbeeld aan n Bybelteks uit Jakobus 5 14 waar daar staan Is daar iemand siek onder julle Laat hom die ouderlinge van die gemeente inroep en laat hulle oor hom bid nadat hulle hom in die Naam van die Here met olie gesalf het Hierdie met olie salf is nie n soort ritueel nie dit is n medisinale behandeling Daarna het die Samaritaan die slagoffer op sy pakdier gehelp en hom na n herberg geneem om hom verder te versorg Die volgende oggend toe hy verder reis het hy twee pennings vir die eienaar gegee Dit was n bedrag van ongeveer twee daglone n behoorlike bedrag En het die Samaritaan bygevoeg enige onkoste wat jy nog meer mag hê sal ek jou betaal as ek terugkom In feite het hy dus n blanko tjek agtergelaat Na hierdie gelykenis het Jesus toe aan die wetgeleerde gevra wie van die drie die priester Leviet of Samaritaan homself as n naaste teenoor die slagoffer gedra het En as die wetgeleerde dan antwoord is dit eintlik raar dat hy nie eers die woord Samaritaan oor sy lippe kon kry nie Maar hy het tog wel erken dat dit hy was wat aan die arme man barmhartigheid bewys het Hoe die wetgeleerde sy antwoord ook formuleer het hy moes erken dat dit die Samaritaan was Ek vermoed dat die wetgeleerde die antwoord bietjie onduidelik gemompel het Maar vir Jesus was dit genoeg n Goeie verstaander het n halwe woord nodig En al wat Jesus toe nog kon sê is Gaan en doen jy net so Tema Gaan en doen jy net so 1 Erken dit was die samaritaan 2 Volg die Samaritaan hoofletter Nou is dit belangrik om te onthou soos ek in die inleiding gesê het dat hierdie gelykenis meer is as net n filantropiese verhaal Meer as net die boodskap dat jy jou medemens moet help dat jy altyd gereed moet staan vir n ander Dit is natuurlik so dubbel en dwars Maar hierdie gelykenis bied nog meer Dit is nie net n boodskap om op jou eie krag medemenselikheid te bewys nie In hierdie gedeelte gaan dit veral oor die persoon van die Here Jesus Want die wetgeleerde het juis groot moeite gehad met die persoon van Jesus Die wetgeleerdes en

    Original URL path: http://vgk.org.za/vgk/node/2010 (2015-12-05)
    Open archived version from archive

  • Vir die Evangelie van Christus hoef ek my nie te skaam nie | Vrye Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika
    Hy het alles gedurf Maar as jy so dink vergis jy jouself Die krag van Paulus het nie in sy persoonlikheid gelê nie Sy verlede het teen hom getuig Hy was ook nie die mees charismatiese persoonlikheid nie Hy was ook nie die beste spreker nie Hy kon nie met soveel oortuigingskrag redeneer as ander predikers nie Dus as Paulus in ons teks skryf dat hy hom nie skaam nie dan is dit puur te danke aan die krag van God En die krag van God is die Evangelie van Christus Dus nogmaals dis nie danksy sy indrukwekkende persoonlikheid dat hy nie skaam is nie Dis danksy die boodskap wat hy het die inhoud van die Evangelie die krag wat dáárvan uitgaan Dieselfde geld vandag vir die jongmense wat belydenis doen Hoewel hulle pragtig lyk vanoggend is dit nie uit innerlike krag dat hulle tot by hierdie punt gekom het nie Die krag wat hulle tot by hierdie punt gebring het kom van buite Dit is die krag van die Evangelie Soos daar in Jesaja staan wanneer God sy boodskappers uitstuur sal hulle nie leeg tot Hom terugkeer nie Hulle missie sal altyd resultaat hê Paulus vergelyk die krag van die Evangelie selfs met God se skeppende Woord Sien 2 Korinthiërs 4 6 waar ons lees Want God wat gesê het dat daar uit die duisternis lig moet skyn dit is Hy wat in ons harte geskyn het om die verligting te bring van die kennis van die heerlikheid van God in die aangesig van Jesus Christus Soos God dus deur n woord te spreek alles geskape het So bring Hy ook n mens tot bekering deur sy Woord Die Evangelie is sy Woord Dit is die instrument wat bekering veroorsaak So sorg die Evangelie van Christus vir bevryding Die grootste bevryding wat die wêreld nog ooit gesien het Nog steeds ook in ons tyd werk Christus bevryding in mense se lewens oral op aarde Hy doen dit vanuit die hemel waar Hy aan God se regterhand sit Hy sorg dat die Evangelie die goeie nuus by mense uitkom Hy eis erkenning van die feite van die Evangelie As jy glo in die Evangelie as jy daardie feite daardie heilsfeite aanvaar word jy bevry van skuld Geliefde broers en susters om belydenis van jou geloof te doen is die omgekeerde van dat jy jou sou skaam vir God vir Christus vir jou geloof in Hom Van nature van geboorte het mense die neiging om hulle vir God te skaam Net soos ons voorouers Adam en Eva En dis begryplik Ons het gesondig ons het die verbond met God verbreek Maar in Jesus Christus word ons nou weer met God versoen Hoe Christus dit gedoen het staan in die Evangelie Daarvoor hoef ons nie skaam te wees nie dis die wonderlikste nuus Dit bring vreugde en sin in n mens se lewe Dit gee ons sig op die ewige lewe Hou daarom vas aan dit wat Christus jou gee n Vader

    Original URL path: http://vgk.org.za/vgk/node/2027 (2015-12-05)
    Open archived version from archive

  • God is die oorsprong van alle goeie gawes | Vrye Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika
    agter te kom of hierdie man soos dit daar staan die geloof gehad het om gesond te word Dat hy nie maar net n skeptiese omstander was of iemand wat uit verveling net saamgeluister het Maar Paulus sien dat die man verlang het om gesond te word en dat hy Paulus se prediking geglo het U weet wat verder gebeur het Paulus het vir hom gesê Staan regop op jou voete Die man staan toe net daar en dan op Nou moet u dink hierdie man het sy lewe nog nie sy bene gebruik nie en hier begin hy net so loop geen lang herstelproses om die spiere wat nog nooit gebruik is sterk te maak nie Geen fisioterapie nie God herskep as t ware hierdie man se liggaam in n oogwink so veel so dat hy orent kan spring Geen wonder dat die skare wat dit gesien het heeltemal oorbluf was deur hierdie wonder Soiets het hulle nog nooit gesien nie En dan roep hulle uit in hulle eie taal Die gode het soos mense geword en neergedaal na ons toe Sien u daar het jy dit Die tipiese menslike neiging om van iets of iemand n afgod te maak Jy sou kan sê so sit ons as mense nou maar eenmaal in mekaar ons moet iemand hê om op te vertrou om na op te sien n Skepsel is afhanklik van sy Skepper so is die mens geskape Maar sedert die sondeval is die mens se afhanklikheidsgevoel aangetas Dis soos n antenna wat nie meer goed ingestel is nie Die kontak met God is verbreek en nou dwaal die mens rigtingloos rond op soek na vastigheid So soek die mensdom in alles en in almal n god om aan vas te klou ons soek ons vastigheid orals en in almal behalwe in die ware God Die kennis van die ware God verdring ons juis Nie vir niks leer Jesus ons bid in hierdie vierde bede Leer ons ons vertroue van alle skepsele aftrek en op U alleen stel Want van nature vanaf die sondeval dus van nature klou ons vas aan enige moontlike ding enige ding behalwe God self En dit sien jy hier by die mense van Listre Toe hulle die wonder sien gebeur wat Paulus gedoen het toe klou hulle dadelik aan Paulus en Barnabas vas Hulle dog hierdie twee manne moet ons hier hou Die gode het neergedaal na ons toe Solank ons hulle hier kan vashou kan ons elke dag voordeel trek uit hulle Soos n eend wat goue eiers lê As jy so n eend in n kooitjie kan sit en elke dag n goue eier uithaal dan is die saak goed gereël Jou god het jy soos n outomatiese masjientjie mooi in n kooitjie opgesluit en jy kan by hom alles bestel wat jy wil hê Die mense van Listre was sekerlik baie ingenome met hulleself Die mense van Ikonium het hierdie twee manne weggejaag maar hulle sou soiets nooit doen nie Miskien het hulle wel by hulleself gedink die skip met geld het aangekom ons sou sê hulle het die jackpot geslaan En hulle noem vir Barnabas Jupiter en vir Paulus Mercurius Hierdie naamgewing is heel besonder gemeente ons kan heelwat daaruit aflei In die eerste plek moet ons natuurlik weet wie hierdie twee gode was Jupiter en Mercurius was Griekse gode maar Jupiter en Mercurius is hulle Romeinse name Hulle Griekse name was Zeus en Hermes Die Grieke en Romeine het baie gode gehad tientalle maar Jupiter oftewel Zeus was soort van die oppergod Hy was die belangrikste van al hierdie gode En Mercurius oftewel Hermes was volgens die Griekse mitologie sy boodskapper sê maar sy woordvoerder Daarom dat hulle Paulus Mercurius noem want Paulus was voortdurend aan die woord En as Paulus Mercurius was dan moes die man by hom seker Jupiter wees Barnabas is dus die oppergod so het hulle afgelei En onmiddelik kom hulle in aksie Die priester van Jupiter kom daar aan by die stad se poorte met stiere en wil graag saam met die mense offers bring aan Paulus en Barnabas Kyk dis mos nie iets wat aldag gebeur nie Jupiter self met sy woordvoerder Mercurius in mensegedaante op besoek in die stad dan moet jy hulle solank as moontlik daar hou En dan moet hulle natuurlik goed versorg word en vereer word Hulle moet voel hulle word waardeer en aanbid in hierdie stad En presies dit gemeente is in die tweede plek so opmerklik oor die name want dit sê iets van die godsbeeld van die mense in Listre Ons wat so geseënd is om die ware God uit die Bybel te leer ken het dink miskien dis vreemd maar hierdie mense het n heel ander godsbeeld gehad Jy of ek sal mos nie sommer die eerste beste dokter of spesialis as n god vereer nie Goed Paulus en Barnabas was nie die eerste beste wat verby gekom het nie hulle het iemand genees wat van sy geboorte af verlam was Maar tog so iemand vereer jy mos nie as n god nie Die Bybel leer ons om God te dank vir die gawes wat Hy aan n dokter of spesialis gee Dat n dokter of medisyne n instrument in God se hand is maar dat God wel die oorsprong is van alle genesing Tog het die mense in Listre Paulus en Barnabas self as gode vereer Hieruit leer ons iets van hulle godsbeeld en ons doen goed om mooi hierop te let Die mense in Listre se godsbeeld kom neer op die idee van n eend wat goue eiers lê Hulle godsbeeld is eintlik mensgesentreerd Hulle sien n god as iets wat jy baie goed kan gebruik Ons lees dat Paulus en Barnabas van hierdie geleentheid gebruik maak om van die ware God te getuig Hulle skeur hulle mantels en roep uit Manne waarom doen julle hierdie dinge Ons is net sulke mense soos julle Julle dink tog nie ons is gode nie

    Original URL path: http://vgk.org.za/vgk/node/2053 (2015-12-05)
    Open archived version from archive

  • Loflied op die HERE van die skepping | Vrye Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika
    hoop nie Die aarde lê in God se hand En niks gebeur sonder sy wil nie Hy hou alles volgens sy plan in balans As die aarde n paar grade uit sy baan om die son sou raak sou dit die einde van alle lewe op aarde kon beteken Of soiets gebeur of nie hang volledig van Hom af En aan hierdie wonderlike balans dink die psalmis as hy sing Hy het die aarde gegrond op sy grondveste sodat dit vir ewig en altyd nie wankel nie vers 5 Daar is nog iets wat God op die derde dag gedoen het Ons lees in Genesis 1 Laat die aarde voortbring grasspruitjies plante wat saad gee en bome wat volgens hulle soorte vrugte dra waarin hulle saad is op die aarde vers 11 Hiervan hoor ons ook n ego in die psalm Vers 14 Hy laat gras uitspruit vir die diere en die plante tot diens van die mens om broodkoring uit die aarde te laat voortkom en dat wyn die mens se hart kan bly maak om die aangesig te laat blink van olie en dat brood die mens se hart kan versterk Psalm 104 beskryf die fauna en flora wat daar op aarde voorkom Die plante van die jong gras tot die ou magtige sederbome n Loflied op God se voorsienigheid Ja die Bybel ken ook hongersnode droogte oorstromings Maar hierdie dinge is op aarde nie die reël nie Dit is uitsonderings Die reël is dat God daagliks sy hand oopmaak en sy skepsels met die goeie versadig Soos die Here Jesus gesê het Julle Vader wat in die hemele is laat sy son opgaan oor slegtes en goeies en Hy laat reën op regverdiges en onregverdiges Mattheüs 5 45 Die bome van die HERE word versadig Die feit dat die bome groei elke seisoen weer is God wat skep In Israel was daar baie vrugtebome olywe vye druiwe amandels Die vrugtebome is natgelei met slootjies wat die mense gegrawe het By sulke vruteboorde kon mens dalk nog gedink het hulle het God nie nodig nie die mense lei hulle mos nat al sou so n gedagte kortsigtig wees Maar wat dan vra die digter van die seders van die Libanon Die Libanon is n hoë berg n onherbergsame gebied Wie lei die seders van die Libanon nat Inderdaad vers 16 God het die seders geplant Hy sorg dat hulle water kry of dit nou reën is of dou of grondwater of water uit n stroompie En daardie seders en sipresse staan nie doelloos daar hoog in die berge waar geen mens hulle sien nie Nee die voëls bou in hulle neste en die ooievaar vind sy huis in die sipres God sorg vir n huis en vir water en vir voedsel vir elke lewende wese So mag jy as gelowige na die aarde kyk n Bokkie wat bly rondspring na n reënbui n Voël wat sy vere was in n plas water n Grasveld wat groen kleur na die eerste lentereëns Almal proe en geniet God se goedheid En dit geld ook vir die mens Hy word vrolik van God se gawes Die digter noem n voorbeeld wyn Van wyn word mens vrolik Ten minste as mens die vrug van die wynstok met mate gebruik n Glas wyn of n yskoue bier na n dag se harde werk In hierdie hele psalm tintel n gevoel van vreugde Skepsels geniet van die lewe op hierdie aarde wat God stewig gegrondves het Skepsels geniet van alles wat die vrugbare grond van die aarde voortbring Ons gaan nou na die vierde dag Op die vierde dag het God die groot ligte geskep Daaroor sing ons in vers 19 Hy het die maan gemaak vir die vaste tye die son ken sy tyd om onder te gaan Die son wat sorg vir die helder warm lig oordag Dit is deur God geskape Ek dink dat die gemiddelde Israeliet baie meer waardering hiervoor gehad het as ons vandag Met alle elektriese ligte om ons heen kan ons die dag so lank maak as wat ons wil In Israel het hulle nog geweet wat inkswart duisternis is Daar moes almal ophou werk as die son ondergegaan het En hulle het eers weer opgestaan as dit die volgende dag begin lig word het n Natuurlike dag en nagritme Tog kan ons die son ook nog waardeer veral op n koue wintersoggend Op so n dag mag ons met ekstra dankbaarheid terugdink aan die dag toe die son geskape is Die feit dát die son geskape is is op sig al n geloofsbelydenis Nie net vandag nie maar ook vroeër Die hele wêreld rondom die volk Israel het die hemelliggame vereer as gode Koning Manasse het op die dak van sy paleis geklim en gekniel voor die son Soos hy was dalk nie elke Israeliet bly met dit wat die psalmis hier geskryf het nie Ook vandag roei ons dikwels teen die stroom in as ons sê Ek glo in God die Vader die Almagtige Skepper van hemel en aarde Vandag kniel mense voor die afgod natuur Dalk nie letterlik kniel nie maar u begryp wat ek bedoel So word daar deesdae gepraat Die natuur dit die natuur dat Die natuur kom in reaksie Die natuur wreek homself Die natuur herstel die balans Die natuur het n antwoord hierop Ensovoorts Uitsprake wat op sig nie verkeerd hoef te wees nie Maar dit wel is verkeerd as mens die voorsienige God nie meer agter die natuur sien staan nie Steenkool olie aardgas windkrag hout edelgesteentes dit is nie geskenke van die natuur nie ook nie net toeallige sedimente in die aarde nie maar geskenke van God En God verwag dat ons dit as goeie rentmeesters gebruik Dit is wat die psalm ons leer En ouers julle het die taak om julle kinders so na die skepping te leer kyk En onderwysers ook Daarom stuur ouers hulle kinders na n Gereformeerde skool Soos n onderwyser n keer in

    Original URL path: http://vgk.org.za/vgk/node/2026 (2015-12-05)
    Open archived version from archive

  • Die HERE soek ons met sy Woord. | Vrye Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika
    hoe n wag behoort te wees So n man skrik self as eerste van die opdoemende gevaar Dit be dreig mos nie net sy volksgenote nie Dit bedreig homself net so Hy is mos deel van God se volk Ja die vyand soek juis as eerste die wag om hom stil te maak Want as die wag swyg bly die volk ongewaarsku Miskien klink dit vir u veels te neg tief Verkondigers van God se Woord is tog nie in die eerste plek daar om te wáársku nie Hulle mag mos die evan gélie verkondig Bye boodskap Hoe mooi sê die HERE dit Self in Jesja 52 Hoe lieflik is op die berge die voete van hom wat die goeie boodskap bring wat vrede laat hoor wat goeie tyding bring wat verlossing uitroep wat aan Sion sê jou God is Koning U sien ek ken ook daardie bybelgedeel te Maar moenie die verlossende evan gelieverkondiging én die waarskuwen de prediking teenoor mekaar plaas nie broers en susters Daardie twee is onlosmaaklik aan mekaar verbonde Juis omdat God ons Koning is ons uit die mag van die ergste vyand die duiwel en die sonde kom verlos het laat die satan ons nie met rus nie Vir wat het Christus ons Redder ons geleer om daagliks te bid Lei ons nie in versoeking nie maar verlos ons van die Bose Omdat die Bose tot op die allerlaaste sal aanhou probeer om ons in sy mag terug te kry Johannes op Patmos het die engele in die hemel hoor roep toe Christus daar as oor winnaar weergekeer het Wee julle daar op die aarde want die duiwel het met groot woede na julle neerge daal omdat hy weet dat hy min tyd oor het Openb 12 12 Maar as die HERE dan wagte gee wat ons betyds teen sy aanvalle waarsku is dit steeds evangelie Ook met waarskuwende woorde soek die HERE ons redding Iemand wat goddeloos begin leef het kan hom nog betyds bekeer En moet dan by die woordjie goddeloos nie aan die ergste krimi nele dink nie broers en susters Of aan verstokte heidene Godde loos beteken nie meer as sonder God Jy hou God buite jou lewe Maar jy kan ook n christen wees n gereelde kerkgang er en nogtans God buite n deel van jou lewe hou Keuses maak waarby die HERE jou kerkgang buite beskouwing gelaat word Dan is jy daarin godde loos besig En kyk bietjie in vs 18 daar praat die HERE van n goddelose weg Voor jy jouself kom kry word jou verkeerde keuse n weg waarop jy van kwaad na erger gaan En nie sommer meer kan terugkeer nie Soos wanneer n mens op n snelweg die verkeerde afrit neem n ander snelweg op Jy kan dan nie sommer dadelik op die verkeerde weg omdraai en teruggaan nie Jy ry eers n hele endjie voordat daar n omdraaikans is As n mens die afrit van die sonde kies en dit gebeur nie per ongeluk nie gebeur dieselfde En dit is nie alleen die gevaar wat goddeloses bedreig nie Moet maar kyk in vs 20 ook regverdiges kan n verkeerde koers inslaan Die duiwel is slim en ken talle maniere om ons tot sonde te verlei Daarom moet ook hul le betyds gewaarsku word vir daardie verleidinge En ook dan moet die wat n oor het hoor en hom láát waarsku Verstaan u nog broers en susters dat hier HERE ons ook dan steeds soek Dat n getroue wag op die kerkmure n ge skenk van ons Koning is om voor dank baar te wees En sal u ampsdraers bewus bly daar van dat dit n nie onbelangrike taak van u is nie n Ampsdraer se eerste taak is nie om lidmate te soek wat verjaar of n huwelikherdenking vier of so iets nie Selfs nie om siekes te besoek nie Hulle eerste taak is om die lede van God se volk by God en Christus te bewaar En te wys op die gevare wat ons aanhoudend be dreig En wat so onopvallend gevaarlik na ons toe kan kom Dit kan ook op n verjaarsdag gedoen word of by n huweliksherdenking ek weet of in die hospitaal Want die vyand is orals As ons maar bewus bly daarvan wat ons eerste taak is Die taak het ons as broers en susters almal na mekaar toe Het ons nog die moed om mekaar te waarsku Ons sien wel taamlik gou raak wat iemand an der verkeerd doen En dan praat ons ook maklik met ander daaroor Dikwels veels te gou en veels te veel Maar praat ons dan ook in liefde met daardie broer of suster sélf Hoe dikwels praat ons met mekaar oor die gemeenskaplike vyand en sy taktieke Besef ons nog wel hoe groot die ge vaar is as hy in ons lewe weer n in komplek kry Mense broers en susters van ons kan vir ewig verlore gaan As ons gewaarsku het maar hulle het nie ore gehad om te wil hoor nie hulle het ons waarskuwings geïgno reer weg gelag is dit verskiklik maar kon ons dit nie verhoed nie Maar as dit ook ons skuld is dat iemand in die kloue van die satan kom omdat ons nie gewaarsku het nie stel die HERE ons mede aanspraaklik Ons kon dit miskien wél verhoed het En hoe ver skriklik is dit om voor God te moet staan sonder n verskoning Die apostel Paulus het dit geweet Hy skryf aan die kerk te Korinte Wee my as ek die evangelie nie verkondig nie En vir die broers en susters in Efese kan hy verklaar dat hy onskuldig is aan almal se bloed want hy het nie teruggedeins om die volle heilsplan van God waarskuwings ingesluit aan hulle te verkondig Kan u ook so sê Ek Indien nie laat ons dan asseblief op hierdie waarsku wing wat vanoggend uit Esegiël 3 na ons toe kom reageer met ore wat hoor 2 Tog kan

    Original URL path: http://vgk.org.za/vgk/node/1980 (2015-12-05)
    Open archived version from archive

  • Christus leer ons om te vra na God se wil | Vrye Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika
    se wil Hom gelei het nie Petrus het nie gedink in die rigting van lyding en kruisiging nie Hy wou dat sy Meester koning sou word En dieselfde het vir die ander dissipels gegeld Hulle het hulle eie wil gehad met betrekking tot Jesus se lewe En dit was met die beste bedoelings Maar Jesus se wil was anders Hy wou dat dit gebeur wat God die Vader se wil was Vir Jesus was dit n baie swaar oomblik om die Vader se wil met sy lewe aan die dissipels bekend te maak Ons het oor hierdie oomblik gelees die eerste aankondiging van sy lyde Jesus sien ons het die woordjie moet gebruik Toe het Hy hulle begin leer dat die Seun van die mens baie moet ly Mark 8 31 staan daar Dit klink amper asof Hy nog nie heeltemal vrede daarmee gemaak het nie Dit was nie vir Hom maklik om hierdie boodskap mee te deel nie Om dit reguit vir die dissipels te sê bewus van die feit dat hulle totaal ander verwagtingspatrone gehad het Tog het Jesus dit gedoen gehoorsaam aan God se wil Petrus se reaksie was daarom ook dubbel teleurstellend Jesus het gedog dat daar nou uiteindelik n oomblik aangebreek het dat Petrus dit sou verstaan Petrus het mos net daarvoor bely dat Jesus die Messias is Maar Petrus die rots het gewankel Meer as ooit tot op daardie oomblik het dit vir Jesus duidelik geword dat Hy uiteindelik heeltemal alleen sal staan Selfs Petrus het geen ondersteuning gebied nie Hy het eerder n versoeking n bedreiging vir Hom gevorm En daarom moes Jesus roep Gaan weg agter My Satan Ons Heiland het hier voor n keuse gestaan Of die wil van mense die wil van sy dissipels òf die wil van God Hy het botsende instruksies gekry Die mense rondom hom wou een ding maar die beheertoring se wil was anders En Jesus het gekies vir die hemelse beheertoring Die verbinding met die versoeking deur die satan het Hy verbreek Ons Heiland was gehoorsaam Hoewel Hy as mens geweldig teen die toekoms opgesien het het Hy tog vasgehou aan God se wil God se wil was uiteindelik die beste Al was dit soos n donker wolk waardeur Hy heen moes vlieg voordat die aanloopbaan in sig sou kom Petrus het gesê vermy die donker wolk dis nie nodig nie Maar God het geweet wat agter die wolk was en dat sy Seun in staat was om deur die donker wolk te kom Die hemelse beheertoring kon oor die wolk heenkyk en sien wat daaragter was Daarop het ons Heiland vertrou Jesus het bewys dat dit beter is om konsekwent gehoorsaam te wees Dat dit jou die verste bring Hoe moeilik dit ook vir Hom was Dink maar aan die nag in Getsemane Alleen deur sy gebed kon Hy daar staande bly Kon Hy sy wil suiwer en in die regte rigting hou Hoewel Hy tog terselfdertyd vir sy Vader gesê het Ek kan nie meer nie Ek sien so hierteen op Neem hierdie beker van My af weg Tog het Hy in dieselfde gebed ook gesê nie wat Ek wil nie maar wat U wil En dit was sy redding Langs hierdie weg hierdie moeilike weg van vernedering wat eers deur die dal van doodskaduwee gelei het langs hierdie weg het die Vader Hom verhoog Deur sy voorbeeld vra Christus om navolging Jesus het dit ook aan sy dissipels geleer Hy het hulle geleer om van hulle eie wil af te sien hoe goed hulle bedoelings ook was Neem Petrus byvoorbeeld In die gedeelte wat ons gelees het moes Jesus vir hom sê gaan weg agter My Satan Die beste bedoelings dis wat Petrus gehad het maar tog was dit lewensgevaarlik En ook in Getsemane ontmoet ons weer dieselfde Petrus Petrus wat goeie bedoelings het wat Jesus wil beskerm Wat met sy swaard vir Jesus wil veg Maar en dit het Petrus nie besef nie sy pogings het teen die wil van God ingedruis Teen God se wil het hy gestry Hy het een van die soldate se oor afgekap Hy het sy Heiland verloën tot drie keer toe En selfs na die opstanding van Jesus lees mens in die Johannesevangelie het Petrus weer sy eie wil gevolg Hy het weer teruggekeer na sy ou beroep om vis te vang op die meer van Galilea Jesus moes hom persoonlik daar gaan opsoek Tot drie keer toe moes Hy indringend aan hom vra Het jy My lief Petrus se stryd teen sy eie wil dit is wat elke mens beleef Ek as mens kan myself nie indink dat my eie wil so sleg is nie Ek kan dit so moeilik insien Tog is Jesus se boodskap duidelik Leer om jou eie wil te kruisig Maar hoe doen mens dit Dit begin met gebed Die gebed is n kragtige wapen Jou wil is sterk maar gebed is nog sterker As jy bid dan raak jy ontvanklik vir God se wil Dit is die werk van die Heilige Gees Deur die gebed maak Hy jou hart sag Gemeente moenie te gering dink oor die krag van gebed nie Moet ook nie terugdeins vir die effek van gebed nie As jy bid is jy bewus besig met God se wil As jy bid stel jy in op die golflengte van God se wil As ons bid dan is ons bewus besig om ons eie wil in lyn te kry met God se wil God se wil leer ons uit die Skrif ken Maar dit is nie genoeg om net te weet wat God se wil is nie Deur gebed word God se wil ook ingeplant in jou hart Deur gebed probeer jy alles wat op jou lewenspad kom te verbind met God se wil As jy jonk is en jy soek n lewensmaat Wees daarmee ook besig in jou gebed As jy jou salaris bestee betrek dit ook in jou gebed Hoekom gee God dit vir my

    Original URL path: http://vgk.org.za/vgk/node/2057 (2015-12-05)
    Open archived version from archive

  • Noodkreet tot Hom wat trou bly | Vrye Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika
    melaatsheid is die psalm van so n aard dat elke mens wat naby die dood gekom het homself kan inleef Die psalm help ons verder Ons sien dat die digter baie goed daarvan bewus is dat God met hom besig is Agter sy uitsiglose toestand merk hy God se hand op Sy leidende hand al sorg sy hand nie nou dat die meetsnoer in lieflike plekke val nie Vers 8 byvoorbeeld u grimmigheid rus swaar op my Of vers 17 u toorngloed gaan oor my heen u verskrikkinge vernietig my Hierdie woorde laat mens dink aan hoe Paulus later sou kla Ek ellendige mens wie sal my verlos van die liggaam van hierdie dood Rom 7 24 hierdie sterflike liggaam Die besef dat die lewe van elke mens een of ander tyd ten einde loop Selfs die mees selfversekerde persoon lê die loodjie En die trouste Christen sien dat sy lewe verbygaan vol swakhede en sonde Ja dit is volledig tereg dat God se brandende toorn oor ons heengaan En die gelowige Heman durf dit op sy sterfbed nie te ontken nie Ons hoor nie n aanklag nie hy wys nie met sy vinger na God nie Nee hy kla net hy kerm HERE u verskrikkinge vernietig my en dit is nog tereg ook moet ek erken O God my lewe was so vol sonde Op so n oomblik het mens as sterwende niks aan vroom praatjies nie Salig is elkeen wat diep daarvan deurdronge is hoeveel rede God het om toornig te wees Hoe dikwels het ons nie goedkoop met God se genade omgegaan nie Ja die Bybel hierdie psalm in besonder wals nie net oor die dood heen asof dit eintlik niks is nie Paulus noem die dood nog die laaste vyand wat eers op die jongste dag vergoed van die troon gestoot sal word Self het Paulus ook soos n berg teen die dood opgesien 2 Korinthiërs 5 4 Want ons wat nog in die tent is sug en voel beswaard omdat ons liewer nie ontklee maar oorklee wil word sodat die sterflike deur die lewe verslind kan word Ja dit is normaal om teen die dood op te sien En gelowiges ondergaan hierdie ontluisterende gebeurtenis net so radikaal as ongelowiges Wat dit betref geen verskil nie En hulle wat agterbly gelowig of ongelowig ervaar die gemis Hoe hard die dood kan toeslaan hoe onomkeerbaar die gemis is Dit geld ook vir ons wat deur Christus met sy duur bloed gekoop is Hierdie tydelike deur die sonde aangetaste en sterflike liggaam kan die ewige lewe nie beërwe nie Dit moet heeltemal afsterf En dit is baie ingrypend Dit help nie om met versagtende woorde oor die dood te praat nie Asof dit eintlik iets is wat by die lewe hoort nie Die dood het n slopende werking Van n welvarende selfversekerde man of vrou bly net n hopie vel oor been oor Miskien was dit by Heman ook die geval Het Heman dalk so afskrikwekkend gelyk as gevolg van sy siekte dat sy vriende hom nie eers meer wou besoek nie In vers 9 kla hy teenoor God U het my bekendes ver van my verwyder my iets afskuweliks gemaak vir hulle Gemeente is dit so dat hierdie psalm ons dalk wil leer dat ieder en elk van ons dieselfde op ons sterfbed sal meemaak Moet ons onsself ook voorberei op n lydensweg soos wat Heman meegemaak het Wat sê die Bybel verder hieroor Wel in die eerste plek mag ons almal bid dat dit ons bespaar bly Veral bid of die Here Jesus vóór ons sterfdag mag terugkom Sodat ons in n oogwink verander kan word en n verheerlike liggaam kry soos die Skrif sê Dan spring ons die slopende proses van die dood vry Laat ons die Here Jesus herinner aan sy eie belofte Niet dat ons vir Hom kan voorskryf wanneer Hy moet terugkom nie Laat u wil geskied dit is wat die Here Jesus gebid het die oomblik toe Hy self vreeslik teen die dood opgesien het En mog dit tog die geval wees net soos by ons Heiland dat dit God se bedoeling ook met jou en my is dat ons die heerlikheid slegs sal ontvang deur lyde en sterwe heen laat sy wil geskied want sy wil alleen is goed En laat ons dan bid vir krag volharding en geloof Laat ons bid dat Hy dit so sal lei dat daar geliefdes tydens daardie uur om ons heen is dat hulle nie van ons wegvlug omdat ons so aaklig lyk nie soos by Heman die geval was maar dat hulle liefdevol om ons bed sit vir ons bid ons geloof ondersteun ons pyn verlig En dat God veral met sy genade voelbaar aanwesig sal wees Ons weet uit ervaring en dit sien ons ook in die Skrif dat God met elke mens sy eie pad loop Die een laat Hy rustig sonder pyn inslaap Die ander een moet n lang lydensweg deurstaan Baie gelowiges in hede en verlede het Goddank nie n vergelykbare situasie as Heman meegemaak nie Hulle mog rustig ja in geloof en met n glimlag met n loflied op die lippe inslaap In hulle laaste oomblikke mog hulle selfs die hemelse heerlikheid al aanskou Maar daar is ook mense soos Heman wat n ander paadjie moet loop n Baie moeiliker weg En dit is die ryke troos van hierdie psalm God hou ook hulle vas Die God van hulle heil Die HERE verag hulle nie as gevolg van hulle geklaag en gekerm nie Hy het begrip Hulle is in sy Boek opgeskryf Kan u aan die dooies n wonder doen Of kan skimme opstaan kan hulle U loof Kan u goedertierenheid vertel word in die graf u trou in die plek van vertering vers 11 12 Gemeente dink u dat God n antwoord het op hierdie morbiede vrae Natuurlik het God En Heman het dit waarskynlik ook al te goed geweet En met sy klaende vrae herinner hy

    Original URL path: http://vgk.org.za/vgk/node/2023 (2015-12-05)
    Open archived version from archive



  •