archive-za.com » ZA » V » VGK.ORG.ZA

Total: 420

Choose link from "Titles, links and description words view":

Or switch to "Titles and links view".
  • Die Here Jesus Christus waak oor sy gemeente | Vrye Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika
    die Fariseërs Van die verskillende Joodse leiers het die konserwatiewe Fariseërs die meeste invloed op die volk gehad En soos ons in hoofstuk 12 sien het Herodes sy godsdienstige ywer probeer bewys deur vervolgingsaksies So het hy geywer vir die guns van die volk En deur veral die Christelike leiers te teiken het hy geprobeer om die kerk in Judea nog verder te verstrooi Dit het voorgekom asof Herodes in sy opset geslaag het Jakobus is gevange geneem met die swaard omgebring En toe Herodes sien dat die Jode in hulle noppies hieroor was het hy voortgegaan Hy het n tweede leier nog n apostel laat arresteer Hierdie arrestasie het plaasgevind op n godsdienstig gesproke strategiese oomblik Tydens die dae van die ongesuurde brode sien vers 3 Hierdie opmerking benadruk dat Herodus probeer het om op die godsdienstige gevoelens in te speel Herodes het dit ook met die nodige publisiteit gedoen Hy het n spektakel daarvan gemaak Hy het naamlik vier groepe van vier soldate gebruik om Petrus in hegtenis te neem en te bewaak Bloot om indruk te maak op die volk en Joodse leiers n Waterdigte bewaking wat eintlik net gebruik is vir terroriste Dit het die opwinding by die volk net nog groter gemaak Maar aan die ander kant natuurlik dit het die ontsnapping ook des te indrukwekkender gemaak Daar is dus nou twee kragtevelde Aan die een kant koning Herodes wat van plan is om dieselfde met Petrus te doen as wat hy met Jakobus gedoen het En aan die ander kant die gemeente wat intens vir Petrus gebid het En daarop vestig Lukas as skrywer van Handelinge ons aandag eintlik is dit n kragmeting op kosmiese skaal Die oomblik toe dit gebeur het die gemeente dit nog nie besef nie Dit sien mens uit die feit hoe verbaas hulle was Want hulle het glad nie rekening gehou met n moontlik ontsnapping nie Selfs Petrus ook nie n Engel van die Here het naamlik by hom gekom Skielik n bonatuurlike lig in die donker sel Die engel moes Petrus wakker por hy t hom op die sy geslaan Sulke klein details maak duidelik dat Petrus volkome sonder eie toedoen bevry is Die boeie het van sy hande afgeval Daarna het die een deur na die ander vanself oopgegaan Die boodskap is duidelik geen beveiliging hou stand as Christus betrokke is nie As Hy wil bevry help kettings en boeie en yster deure niks nie Nog steeds is Petrus nie heeltemal wakker nie Die werklikheid is so ongelooflik dat Petrus onder die indruk was dat hy droom Eers na die engel met hom n ent saamgeloop het een straat ver gegaan het en van hom afskeid geneem het eers toe het dit tot Petrus begin deurdring wat gebeur het En daar staan Petrus toe Hy moes homself vir n oomblik oriënteer Mens hoor hom hardop dink Waarlik die Here het sy engel gestuur en my gered uit die hand van Herodes en uit al die verwagtinge van die Joodse volk Die Joodse volk het geweet dat Herodes hom gevange geneem het Hulle het uitgesien na die dag na die Paasfees dat Herodes hom ook net soos Jakobus voor die volk sou bring en openlik teregstel Maar nou staan Petrus ineens buite op straat En nadat hy bygekom het rondgekyk het het hy koers gekies na die huis van Maria die ma van Johannes Hierdie huis het soos dit algemeen in daardie tyd die geval was met welgesteldes n voorportaal of n poortgebou gehad Die huis is verder rondom n binneplaas gebou Miskien het u al ooit so n huis gesien anders moet u bietjie kyk in n boek of op internet n Tipiese Romeinse huis het n binnehof gehad waaromheen die kamers gebou is Die binnehof was dikwels mooi versier met plante n fontyntjie ensovoorts Sulke huise van die welgesteldes het in die tyd van die vroeë kerk dikwels gedien as plek van samekoms vir die gemeente Dink byvoorbeeld aan die huis van Lydia Hand 16 40 of die huis van Jason Hand 17 5 of die huis van Justus Hand 18 7 waaroor ons ook in Handelinge lees Petrus het op die poort geklop Die diensmeisie Rhode het van blydskap die poort nie oopgemaak nie maar vir die ander gaan vertel Maar hulle kon dit nie glo nie het gedink dit was sy beskermengel Duidelik het niemand met n ontsnapping rekening gehou nie Hoe kom n mens verby vier viertalle soldate Maar terwyl hulle in ongeloof die diensmeisie aangestaar het het Petrus bly bons op die deur Na n rukkie is die poort toe wel oopgemaak en is Petrus in veiligheid gebring Die volgende oggend was daar natuurlike n konsternasie in die gevangenis Herodes het direk gedoen wat n bevelhebber in so geval moes doen Met n soekaksie begin En die personeel van die bewaking het hy afgevoer en laat teregstel Herodes het voor n raaisel gestaan Die kragte wat dit veroorsaak het het hom ontgaan Tema Die Here Jesus Christus waak oor sy gemeente Hy span sy engele in om Petrus te bevry Hy span sy engele in om Herodes uit te skakel Lukas wat oog hiervoor het gaan verder Want Christus was nog nie klaar met Herodes nie Dit blyk uit die dramatiese einde van sy lewe Nog steeds is daar sprake van n hongersnood En Herodes n gevoellose en genadelose heerser het probeer om selfs uit die nood van ander voordeel te trek Ons lees oor n gesantskap uit Tirus en Sidon En soos ek al genoem het was hierdie land in tye van droogte ekstra afhanklik van Israel met sy groter graanproduksie Hierdie gesantskap het probeer om met die hulp van Blastus n hoë funksionaris van Herodes n vredesvoorstel te bemiddel Maar Herodes was meedoënloos en het nie ore hiervoor gehad nie Hy wou munt slaan uit iemand anders se nood Steeds meer het hy homself geopenbaar as die kwaad in eie persoon Lukas sien n duidelike verband en daarom skryf hy

    Original URL path: http://vgk.org.za/vgk/node/1961 (2015-12-05)
    Open archived version from archive

  • God se verlossingsplan ontkiem in die moederbelofte | Vrye Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika
    het en dat Jakob en sy kinders na Egipte kon aftrek en so gered is van die hongersnood In die boek Genesis neem God se beloftes dus n prominente plek in en ook hoe God begin het om daardie beloftes te vervul Sien mens die boek Genesis egter nie as n eenheid nie en die res van die Skrif ook nie soos liberale uitleggers doen dan kom mens by n totaal ander uitleg Dan is die eerste hoofstukke van Genesis legendes of fabels wat oorspronklik weinig te make gehad het met die geskiedenis van die aartsvaders soos beskryf vanaf Genesis 12 en wat net so min te make het met die res van die Skrif Daarenteen bely ons egter saam met die NGB dat die Skrif as geheel God se Woord is en dat ons in Genesis 3 15 n bewuste heenwysing vind na Christus Dit is moontlik omdat God die outeur is van elke vers in die Bybel Dit is nie inlegkunde as ons in hierdie teks n eerste en prille verwysing vind na Christus se middelaarswerk Christus se oorwinning van die duiwel met sy kruisiging en opstanding nie Dit pas dit spreek uit die teks self en hierdie teks staan in die verband van die res van die Skrif met al die ander beloftes wat later gevolg het waaruit God se plan steeds duideliker geword het Dis soos wanneer mens op die verre horison n figuur sien aankom Omdat hy so ver is kan jy nog geen detail onderskei nie Jy kan net sien dis n mens wat aangeloop kom Maar of daardie mens blank of swart is man of vrou jonk of oud dit kan jy nog nie onderskei nie Laat staan die gelaatstrekke van die persoon sodat jy kan sien wie dit is So is die belofte in Genesis 3 15 n persoon wat op die verre horison verskyn Ons weet slegs Hy stam af uit die saad van die vrou Maar wie dit is wat sy naam is wanneer Hy gaan kom en wat Hy gaan doen dit is nog alles onduidelik Gemeente so beïnvloed die manier hoe ons Genesis benader en die Bybel as geheel hoe mens Genesis 3 15 interpreteer Ontken jy dat hierdie teks die moederbelofte is of erken jy dit Ons bely saam met art 17 van die NGB dat die moederbelofte nie inlegkunde is nie Maar dat dit die korrekte eksegese is wat rekening hou met die konteks Eerstens die konteks van die res van hierdie hoofstuk Genesis 3 Tweedens die konteks van die hele boek Genesis En derdens die konteks van die geheel van die Skrif God se verlossingsplan ontkiem in die moederbelofte Ontkenning en erkenning van die moederbelofte Toeëiening van God se verlossingsplan Genesis 3 beskryf kortliks die sondeval van die eerste mensepaar Adam en Eva Ons het in die preek oor die erfsonde NGB art 15 daarna gekyk Die sondeval was nie net n appeltjie steel nie Dit was dat hulle bewus die grens geminag het wat God gestel het Adam en Eva het na die duiwel geluister en geloofwaardigheid verleen aan dit wat hy te sê gehad het Jesus noem die duiwel die vader van alle leuens Johannes 8 44 hy is n leuenaar en die vader daarvan Luister net na wat die duiwel te sê gehad het Genesis 3 1 Is dit ook so dat God gesê het Julle mag nie eet van al die bome van die tuin nie n Suggestiewe vraag waarmee hy gepoog het om God in diskrediet te bring Om sogenaamd n onredelike element in die proefgebod uit te wys Maar dit was allermins wat die proefgebod ingehou het Adam en Eva mog van al die bome van die tuin vry eet Genesis 2 16 net van die boom van kennis van goed en kwaad mog hulle nie eet nie Satan verdraai dit nou na dat hulle van geen enkele boom mog eet nie En oor die boom van kennis van goed en kwaad vertel hy net so leuen Dit sou nie die dood tot gevolg hê nie maar dit sou hulle oë laat oopgaan Dit sou hulle in die posisie stel om te mag kies wat goed en wat kwaad is Ons weet dat Adam en Eva toe aan die versoeking toegegee het Die slang het hulle omgepraat Mens wonder soms hoekom die duiwel juis n slang uitgekies het om deur te praat Het hy geassosieer met hoe n slang is en lyk Met die geniepsige manier waarop n slang sy prooi vang Het slange al ander diere geëet voor die sondeval Dit is almal vrae waarop die Bybel ons nie n antwoord gee nie In die res van die Skrif sien ons vervolgens na hierdie gebeurtenis dat die duiwel telkens vereenselwig word met n giftige en gevaarlike slang Dink byvoorbeeld aan Openbaring 12 9 En die groot draak is neergewerp die ou slang wat genoem word duiwel en Satan wat die hele wêreld verlei Dit verwys terug na die ou geskiedenis van die sondeval Na Adam en Eva se opstand het God hulle opgesoek en Hy het van hulle rekenskap geëis van dit wat hulle gedoen het God begin by Adam Want Adam wil nie verantwoordelikheid neem nie Hy skuif die skuld oor op sy vrou eintlik op God Daardie vrou wat U my gegee het Gen 3 12 En Eva skuif ook die blaam van haar af na die slang Die slang het my bedrieg Gen 3 13 En dan begin God om elkeen van die drie toe te spreek beginnende by die slang God maak met enkele woorde eintlik net duidelik hoe die nuwe situasie nou gaan lyk noudat daar n era van dood en verganklikheid en verderf en moeite en verdriet sy intrede gedoen het Die slang sal n veragtelike dier word Die vrou sal met smart kinders baar en die man as die sterker geslag sal haar oorheers Die man sal in die sweet van sy aangesig n bestaan op aarde maak En aan die

    Original URL path: http://vgk.org.za/vgk/node/1962 (2015-12-05)
    Open archived version from archive

  • Die wonderlike werklikheid van die verkiesing | Vrye Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika
    het en alles voorgeprogrammeer het en nou gebeur dit presies so Mens kan dit vergelyk met n film en die vertoning van die film As die film geskiet word dan word dit vasgelê op n filmrol deesdae is dit dalk digitaal Daarna word die film in n projektor gesit en dan word dit vertoon Soos die film geskiet is soos dit vasgelê is op die filmrol so word dit op die skerm vertoon Daar is nie n verskil tussen die een en die ander nie Nou is fatalisme is as ons op hierdie manier oor God se raad dink Voor die skepping sou God alles voorgeprogrammeer het en nou draai die film van die wêreldgeskiedenis af presies soos dit in God se gedagtes lank gelede gemaak is Maar gemeente let wel hierdie is NIE soos die Skrif praat nie Hierdie is n eensydige fatalistiese voorstelling Dit moet baie duidelik wees en dit is nie goed om so te dink nie Neem byvoorbeeld n Bybelteks soos 2 Petrus 1 10 Daarom broeders moet julle jul des te meer beywer om julle roeping en verkiesing vas te maak want as julle dit doen sal julle nooit struikel nie As fatalisme korrek was dan sou hierdie teks onmoontlik wees dan sou hierdie teks nie sin maak nie Hoe is dit moontlik om jou verkiesing vas te maak Verkiesing is verkiesing en verwerping is verwerping Daaraan kan niks verander word nie Dis die fatalistiese uitkyk MAAR die Skrif praat dus NIE SO NIE Die Skrif roep ons op tot aktiewe inspanning sodat ons ons verkiesing nie versuim nie Die Skrif fokus nie eensydig net op die een kant van die muntstuk nie Die Skrif sê èn dat alles gebeur volgens God se wil èn dat God bedroef en vertoornd kan wees oor dit wat gebeur het Hierdie klink vir ons teenstrydig Ons kan nie altwee kante van die muntstuk tegelyk sien nie Ons sou self God moes wees om dit te kan verstaan hoe God alles reeds van ewigheid af bepaal het en volgens sy raad bestuur maar God hoe terselfdertyd ook geen mens dwing nie en elke mens vrylaat Die Skrif spreek sowel oor God se besturing en oor ons optrede ons verantwoordelikheid Dink maar aan n Bybelvers soos Handelinge 2 23 waar Petrus vir die Jode sê Hom wat deur die bepaalde raad en voorkennis van God oorgelewer is het julle deur die hande van goddelose manne geneem en gekruisig en omgebring Petrus sê nie Julle het die Messias gekruisig julle het Hom aan die Romeine oorgelewer het maar eintlik kon julle dit nie gehelp het nie want eintlik was dit gewoon God se raad en voorkennis As Petrus so sou gepraat het sou dit fatalisties gewees het Maar dit is nie wat Petrus sê nie Ja daar is God se raad en voorkennis maar terselfdertyd is die Jode 100 skuldig vir wat hulle gedoen het Gemeente hierdie soort determinisme of fatalisme is iets wat baie van ons in sy greep het Dit plaas n domper op jou geloofslewe Dit het al selfs gesorg dat sommige mense Gereformeerdes die geloof vaarwel gesê het Jy dink dis wat die Bybel leer jy dink dit is wat die Dordtse Leerreëls ook sê Dit veroorsaak dat niks meer sin maak nie want alles is vooruit bepaal geprekondisioneer Sulke denke maak jou moedeloos dit maak jou onverskillig Gemeente dit is geweldig belangrik dat ons met sulke soort denke breek Net om dinge in perspektief te plaas In die dae van die Reformasie en toe die NGB geskryf is was die aandag meer op iets anders gerig Toe was daar die polemiek die debat oor goeie werke en of hulle bydra tot jou saligheid Maar in ons tyd dink ek nie daar is iemand hier in die kerk wat nog meen dat sy goeie werke iets doen aan sy saligheid nie Dit is nie meer iets wat ons werklik besig hou nie Ons aanvaar die Protestantse belydenis van sola gratia en dit veroorsaak by ons nie werklik geloofstwyfel nie In ons tyd egter beïnvloed deur die rasionalisme en sogenaamde Verligting gaan die debat eerder oor die fatalisme Ek dink daar is heelwat mense hier in die kerk wat die neiging het tot fatalistiese denke veral wat betref die uitverkiesing Dit is iets wat ons deesdae baie meer pla Daarom is dit belangrik om hieraan aandag te skenk Die fatalisme die noodlotsleer en die determinisme dat alles n geslote ketting van oorsaak en gevolg is dit is n manier van denke wat indruis teen die Skrif Want die Woord van God openbaar aan ons dat God se beskikking sy ewige raad nie ons eie verantwoordelikheid wegneem nie Hy behandel ons nie as stokke en blokke nie om die Dordtse Leerreëls se uitdrukking te gebruik Dit is nie die bedoeling van die uitverkiesingsleer om n aktiewe geloofslewe lam te lê om n Christen onder te dompel in twyfel en fatalisme nie Ja die Skrif openbaar aan ons dat God onveranderlik is dat sy raad onbeweeglik is Terselfdertyd openbaar die Skrif ons God as die verhoorder van gebede die God wat berou kan hê die God wat begaan is oor die lot van sondaars op aarde Tema Die wonderlike werklikheid van die verkiesing Dubbele en enkele predestinasie Fatalisme Doel van die uitverkiesing Doel van die uitverkiesing Dit bring ons by die doel Met watter doel het God in sy Woord die uitverkiesing aan ons geopenbaar Uit die Skrif kan ons twee redes aflei waarom God die werklikheid van die uitverkiesing nou al tydens hierdie aardse lewe onder ons aandag wil bring Die eerste doel is dat dit strek tot heerlikheid van God Die uitverkiesing is geopenbaar sodat ons God nog meer sal verheerlik Met die belydenis van die uitverkiesing gee ons alle eer vir ons verlossing aan die Here En dan in die tweede plek is die uitverkiesing geopenbaar om ons te troos Om n voorbeeld uit die Skrif te noem in 2 Timotheüs 1 troos en bemoedig Paulus vir

    Original URL path: http://vgk.org.za/vgk/node/1963 (2015-12-05)
    Open archived version from archive

  • Die diagnose van die Skrif is hard, maar genadig | Vrye Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika
    beteken nie dat Adam en Eva voor die tyd nog nie geweet het wat goed en wat verkeerd was nie Maar dit gaan hier oor wie bepaal wat goed en wat verkeerd is Dit is God wat dit bepaal en Adam en Eva het dit aanvaar en hulle daaraan onderwerp Maar nou kom hulle in opstand en wil self bepaal wat goed en wat verkeerd is By die huis is dit jou ouers wat bepaal wat die reëls van die huis is En die kinders moet daaraan gehoorsaam wees As die ouers sê die kinders moet so laat tuis wees dan kan die kinders nie self daardie reël verander nie Onder aanhitsing van die duiwel het Adam en Eva gerebelleer hulle wou voortaan self die reëls bepaal Self bepaal wat goed en sleg is En daardie neiging daarmee is ons almal sedertdien besmet Net nog iets oor die oorsaak van die erfsonde dis opvallend dat daar steeds in die Bybel dit geld ook vir Romeine wat ons gelees het dat daar steeds staan dat Adam in sonde geval het Terwyl Genesis 3 tog duidelik maak dat Eva die eerste was wat gesondig het Hoe werk dit Dit is so omdat Adam aanspreeklik gehou word in sy posisie as eindverantwoordelike Hy is die hoof in die huwelik en dit is n posisie wat hy beklee soos die uitdrukking sê for better and worse Soms kla mense teenwoordig dat die Bybel vrou onvriendelik is Omdat die man die hoof is En ook omdt God in die Bybel as manlik voorgestel word Die Bybel sou man gesentreerd wees paternalisties ens ens Wel die geskiedenis van die sondeval bewys dat dit onsin is En as die feministe kla oor die feit dat God net as manlik voorgestel word kla hulle dan ook oor die feit dat die duiwel ook net as manlik voorgestel word Dit gebeur so dikwels gemeente dat mense eensydig dinge uit die Bybel haal om dit dan voor hulle karretjie te span Adam is dus deur God aanspreeklik gehou Adam as verbondshoof soos hy in die dogmatiek genoem word Toe die eerste Russiese tenk die Oekraïense grens oorgesteek het het die Oekraïense president nie vir die drywer van daardie tenk gebel nie maar vir Putin die hoof van die Russiese leër en hom aanspreeklik gehou Romeine 3 wys die wese van die situasie vir ons duidelik uit In Adam as verbondshoof het elke onderdaan afgewyk nie een is regverdig nie Na die sondeval verkeer die mensdom in staat van oorlog met God Met die sondeval het die mensdom die kant van die satan gekies En soos Romeine 8 7 skryf sedertdien is wat die vlees bedink vyandskap teen God Die vlees dws die sondige mensdom wil homself nie onderwerp aan die wet van God nie Dit is die wese van die erfsonde die erfsmet tot vandag toe Wie bepaal wat is reg en wat is verkeerd Dit is die wese van die saak En hierdie wesentlike effek het elke individu op

    Original URL path: http://vgk.org.za/vgk/node/1964 (2015-12-05)
    Open archived version from archive

  • Die Heilige Gees skenk ‘n nuwe toekoms aan die Ethiopiër | Vrye Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika
    sewe diakens van die kerk te Jerusalem homself geroepe gevoel het om God te dien Om na mense uit te reik met die blye boodskap Waar die Heilige Gees hom kon gebruik het hy gegaan In die eerste gedeelte van Handelinge 8 het ons gelees dat Filippus in Samaria gearbei het Ook daar onder die deur die Jode veragte Samaritane was hy diensbaar En ook hierdie keer in ons teks span die Gees hom in om uit te reik na n buitelander So span die Heilige Gees mense en engele in vir die behoud van n sondaar n Ethiopiër maar soos ons later in die preek sal sien nie net hom nie Ja by elke mens op aarde wat tot bekering kom by elke kind van God span die Heilige Gees hulle in Sy diensknegte mense en engele tot die redding van verlorenes Hulle wat voorheen uitgesluit is kry n nuwe toekoms Wie was hierdie Ethiopiër eintlik In vers 27 word n hele ry titels vermeld n hofdienaar n staatsamptenaar van Kandace die koningin van die Ethiopiërs wat oor al haar skatte was Mens kan in kort sê hy was n minister uit Ethiopië hy was n hooggeplaaste persoon Die minister van finansies Kandace dit was die koningin van die Ethiopiërs Soos die koning in Rome Caesar genoem is en in Egipte die Farao so het die koningshuis in Ethiopië bekend gestaan as Kandace Daar is nog n detail wat vermeld word oor hierdie Ethiopiese minister Dit is die feit dat hy n eunug was Eunug is n ander vertaling vir die woord wat in ons Bybel met hofdienaar vertaal is Eunug dit beteken dit was normaal vir alle hofdienaars in direkte diens van die koningin dat hulle ontman is Dit was n algemene gebruik in die oudheid dat die ministers van n koningin ontman is Hierdie Ethiopiese minister het dus kom aanbid in Jerusalem Gemeente hieruit blyk dat die HERE Jahweh die God van die Jode ook in daardie tyd veel breër aanbid is as net deur die Jode Wie die Ou Testament goed lees sal agterkom dat God sy volk toe ook n sendingsopdrag gegee het En dit het ook gebeur alhoewel dalk nie altyd met eweveel entoesiasme nie Dink maar aan die optrede van die profeet Jona Mense uit ander volke kon in daardie tyd die status kry wat met die woord proseliet aangedui is Proseliete was mense uit ander volke as die Jode wat sê maar gaslid geword het in God se volk Hulle het die God van die Jode aanbid die Skepper van hemel en aarde maar hulle het nie alle voorskrifte nagekom wat die Joodse volk so uniek gemaak het nie soos byvoorbeeld die spyswette en die reinheidswette en die besnydenis Waarskynlik was hierdie minister uit Ethiopië ook so n proseliet As proseliet het hy Jerusalem besoek om die ware God daar te aanbid Maar by die tempel mog hy nie orals kom nie As nie Jood moes hy op gepaste afstand van die tempel bly staan En dit nie net omdat hy n heiden was nie maar ook vir die feit dat hy n eunug was In Deuteronomium 23 staan dat n ontmande nie die voorhof van die tempel mog betree nie Die tempel moes n sfeer van volmaaktheid uitstraal niks mog daar gebrekkig wees nie Nie dat God geen tyd gehad het vir gebrekkige mense nie inteendeel Die wet van Moses staan vol bepalings wat opkom vir die swakkes in die samelewing Maar die tempel moes n simbool wees van die volmaaktheid van God So was hierdie Ethiopiese minister dus aan die een kant Godvresend maar aan die ander kant het hy aan die kantlyn gestaan Hy is uitgesluit Maar ons teks vertel dat dit nou verlede tyd is Die Heilige Gees maak n nuwe begin met hierdie man Ek sê dit eintlik verkeerd Die Heilige Gees het al lank al met hierdie man begin Maar nou gaan daar iets besonders gebeur Dit was n wonder want dit was nie toevallig nie dat hy juis op daardie oomblik uit die Bybel gesit en lees het soos wat hy in sy wa op pad huis toe was En dit was n wonder dat hy juis op daardie oomblik n profesie uit Jesaja gesit en lees het n Profesie wat hy nie verstaan het nie hy het nie geweet wie daarmee bedoel word nie Maar dit alles het soos n legkaart inmekaar gepas Filippus mog dit verduidelik Hoogedele minister dit gaan hier oor Jesus Ken u Hom nog nie Het u nog nooit van Hom gehoor nie Want die hele Jerusalem praat oor Hom Dit kon nie anders nie of die Ethiopiër wat sopas uit Jerusalem afkomstig was moes oor Jesus gehoor het Die Heilige Gees gebruik nou vir Filippus om die hele boodskap aan hom oor te dra Soos n skaap is Hy gelei om geslag te word U het tog gehoor dat hierdie Jesus gekruisig is Soos n lam wat stom is voor die een wat hom skeer so maak Hy sy mond nie oop nie U het tog gehoor dat hierdie Jesus in staat was om met een enkele woord n storm op die see tot bedaring te bring U het tog gehoor dat Hy met enkele woorde n dooie uit die graf kon opwek Maar dat Hy toe Hy voor die sanhedrin gestaan het en toe Hy voor Pilatus gestaan het dat Hy toe sy mond nie oopgemaak het nie dat Hy toe Homself nie verdedig het nie Dat Hy hulle toegelaat het om Hom te kruisig In sy vernedering is sy oordeel weggeneem vers 33 Mens kan beter hier vertaal In sy vernedering is regspraak Hom ontneem Dit wil sê groot onreg is Hom aangedoen Sy lewe is van die aarde weggeneem Het u nie ook die berigte gehoor dat toe hierdie Man gesterf het dat dit drie ure lank donker geword het Die Ethiopiër se oë het begin glinster Hy het begrypend geknik Hy het inderdaad die wonderlike

    Original URL path: http://vgk.org.za/vgk/node/1965 (2015-12-05)
    Open archived version from archive

  • Waar die genade afgestof word, begryp en aanvaar mense mekaar | Vrye Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika
    veroorsaak dat Petrus hom genoodsaak gevoel het om op te staan Broeders het hy begin om die apostels en ouderlinge en aanwesiges aan te spreek Julle weet dat God lank gelede dit so verkies het dat die heidene deur my mond die woord van die evangelie gehoor het en gelowig geword het Met hierdie opmerking herinner hy sy luisteraars aan die geskiedenis rondom Cornelius En Hy herinner hulle God het dit gedoen Ons kon toe niks daarteen in bring nie Omdat ons gesien het dat God self toe daar besig was Ons het gesien hoe Hy toe sonder om enige onderskeid te maak tussen ons en hulle die heidene hoe God toe hulle hart gereinig het deur die geloof Hierdie opmerking is van groot belang God het hulle hart gereinig deur die geloof Hulle hart gereinig hulle gered hulle skuld vergeef hulle onreinheid weggeneem dit is wat met Cornelius en sy heidense huisgenote gebeur het En hulle is let wel nie gereinig deur die besnydenis te ontvang nie of omdat hulle hulleself voorgeneem het om voortaan die Joodse voedselwette na te leef nie of hulle aan die reinheidswette begin hou het nie Nee hulle hart is gereinig deur die geloof in die Here Jesus Christus Of om dit in Outestamentiese terme te stel hulle is besny nie aan hulle voorhuid nie maar in hulle hart En dit is wat in die kerk die deurslag gee Nie die besnydenis nie nie kosher voedsel of soiets nie Maar wat jou verhouding met Jesus Christus is Wie in Hom glo en sy lewe aan Hom wy hoort by die kerk Ook al is dit n eks heiden Hierdie les het God aan Petrus geleer En al hoef Petrus hierdie les vir n paar jaar na die Cornelius episode nie weer in praktyk te gebring het nie omdat die Jerusalemse gemeente vernaaamlik uit Jode bestaan het raak hierdie les nou weer aktueel En gelukkig het God dit so gelei dat Petrus hier opgestaan het om die beslissende woord te spreek Tema Waar die genade afgestof word begryp en aanvaar mense mekaar 1 Onrus en wantroue 2 Petrus herinner aan die visioen 3 Petrus herstel die fokus op die genade Nou dan sê Petrus So begin ons teks Dit is die konklusie wat Petrus trek Nou dan waarom versoek julle God deur op die nek van die dissipels n juk te lê wat ons vaders en ook ons nie in staat was om te dra nie Ons en ons vaders verduidelik Petrus het ons steeds nougest aan die wet probeer hou Maar laat ons eerlik wees Wie van ons was in hierdie opsig onberispelik Was nie ons beste wetswerke ook met sonde en gebrekkigheid besmet nie Maar vervolg Petrus deur die genade van die Here Jesus Christus glo ons dat ons gered word op dieselfde manier as hulle ook Hierdie konklusie van Petrus is opmerklik Kom ons bekyk dit van digterby Mens sou eintlik verwag dat Petrus iets anders sou gesê het Soiets soos broers kom ons probeer nou wys wees en nie die jong onervare heidenchristene in Antiochië aanstoot gee nie Laat ons maar nie te moeilik doen nie Die kerklike lewe wat ons lei daaraan sal hulle nie sommer een twee drie gewoond raak nie Vir hulle is dit nog n lang pad om vertroud te raak met al die wette en reëls en om ook daarvolgens te begin lewe Gee asseblief vir hierdie mense die tyd dan sal hulle ook aan ons gewoontes en tradisies gewoond raak en hooplik ook daaraan begin deelneem Mens sou verwag dat Petrus soiets sou gesê het Maar nee dus Petrus sê dit juis nie Inteendeel hy gaan direk na die kern van die saak Hy draai die saak die diskussie heeltemal om As dit gaan oor die redding van n mens dan is al hierdie tradisies dinge soos besnydenis voedselwette reinheidswette as dit oor n mens se ewige behoud gaan dan is al hierdie dinge NIE TER SAKE NIE Dan is slegs een vraag ter sake Hoe staan jy teenoor Jesus Christus En baie ontnugterend sê Petrus dan Slegs deur die genade van die Here Jesus glo ons dat ons gered woord op dieselfde wyse as hulle Deur dit so te stel vra Petrus aan die Jodechristene in Jerusalem daardie eks Fariseërs n indringende vraag Hoe word julle eintlik gered Het julle gedink dat julle besnydenis of julle lewenswyse volgens die voedselwette van Moses enige aandeel het in julle redding Broeders alleen genade Sola gratia Slegs genade Die sola gratia het skynbaar in Jerusalem onder die stof beland En nou danksy die koms van Paulus en Barnabas en hulle verhale van bekerings in die heidenwêreld en danksy hierdie indringende woorde van Petrus word die stof nou afgeblaas Sodat hierdie kosbare skat weer kan skitter Deur die genade van die Here Jesus Christus glo ons dat ons gered word En miskien gaan die heidenchristene ons wel voor in die besef wat genade is Hulle wat eintlik niks anders het om hulle op te beroem nie Daardie geleidelike proses dat daar n al hoe dikker stoflaag op die genade gekom het in Jerusalem mens kan dit gerus deformasie noem daardie proses is iets wat sommer met enige kerk kan gebeur Veral met n gevestigde kerk Dan kan ons ook aan ons kerk dink waarvan ons lid is Is daar in ons kerk n dik laag stof op die genade Wat is bepalend vir jou identiteit Ons het deur die jare n kerklike lewe opgebou wat indrukwekkend is In ywer en toegewydheid in aktiwiteite nie net op Sondag nie maar ook deur die week ons val maklik onder die top 10 van mees aktiewe gemeentes hier in Pretoria Moontlik wel top 5 Alles werk soos n geoliede masjien Hoe om te leef wat om te doen en wanneer om dit te doen dit is alles vasgelê Of op papier of in die ongeskrewe verwagtingspatrone Vir mense wat van buite af by ons aansluit duur dit n hele periode om

    Original URL path: http://vgk.org.za/vgk/node/1966 (2015-12-05)
    Open archived version from archive

  • God het die mens as sy beelddraer op aarde geskape | Vrye Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika
    God se ore Dit is alles dinge wat n mens ook het Lyk die mens in hierdie opsig dus op God Gemeente so eenvoudig is dit nie As dit so was dan sou n bobbejaan ook na God se beeld geskape wees Want n bobbejaan het ook n gesig n regterhand n arm n hart oë ore Maar n bobbejaan is nie na God se beeld geskape nie Dit staan hier in Genesis 1 net oor die mens As ons hierdie woorde na God se beeld geskape reg wil verstaan dan moet ons dit in die konteks lees waarin dit hier in Genesis 1 staan Want die sin gaan nog aan Kom ons lees dit weer In vers 26 staan Laat Ons mense maak na ons beeld na ons gelykenis en dan vervolg die sin en laat hulle heers oor die visse van die see en die voëls van die hemel en die vee en oor die hele aarde en oor al die diere wat op die aarde kruip So het God die mens geskape na sy beeld na die beeld van God het Hy hom geskape Dat Hy na God se beeld geskape is het dus te make met die feit dat hy moet heers oor die ander skepsels Hierdie heers hou in dat hy oor hulle aangestel is gesag oor hulle ontvang het verantwoordelikheid Nie om hulle uit te buit nie maar om vir hulle te sorg Die mens ontvang n gesagsposisie tussen die Skepper en alle ander skepsels Hy is die kroon op die skepping hy is die onderkoning Dus om na God se beeld geskape te wees beteken dat die mens n spesifieke taak ontvang het om hoof te wees oor de skepping en in die sin die Skepper te verteenwoordig Alle skepsels is aan die mens onderdanig soos aan die Here En die Skepper het die mens dan ook so ontwerp en geskape dat hy hierdie spesifieke rol sal kan vervul Byvoorbeeld met n verstand n brein wat soveel groter is as die van ander skepsels En dan bedoel ek nie net letterlik groter nie n Mens se brein is inderdaad letterlik heelwat groter as die van n sjimpansee Maar n mens se brein is in afmetings nie groter as bv n dolfyn se brein of n walvis se brein nie Tog is n mens se brein vele male kragtiger as die van n dolfyn wat op sig al n slim dier is Net soos n groot rekenaar nie noodwendig die kragtigste is nie n Klein skootrekenaar kan baie kragtiger wees Maar goed God het die mens met sulke eienskappe geskep waaronder n baie kragtige brein sodat hy sy taak as onderkoning op aarde sal kan vervul As onderkoning as gesagsdraer verteenwoordig hy God op aarde In die sin is hy beelddraer van God Nou is daar nog iets wat belangrik is om in hierdie verband aandag aan te skenk As ons in Genesis 1 27 verder lees staan daar man en vrou het Hy hulle geskape Nou is daar teoloë wat beweer dat hierdie sinnetjie ook hiermee te make het Naamlik die feit dat die mens beelddraer van God is God het twee soorte mense geskape mans en vroue En word daar dan betoog dit dui dus daarop dat God ook uit verskillende soorte bestaan Ons weet vanuit die Nuwe Testament dat God Drieënig is Vader Seun en Heilige Gees Die mens is word daar dan beweer in sy geslagtelikheid in sy onderskeidenheid as man en vrou beelddraers van God Want God is ook onderskeie in verskillende soorte Persone As die mens man en vrou is en hy is beeld van God hy lyk soos God dan is daar dus ook manlik en vroulik in God Veral mense in die sogenaamde feministiese teologie betoog dat daar ook in God n manlike en vroulike kant is As die mens as man en vrou beelddraer van God is dan moet dit dus inhou dat daar in God ook manlik en vroulik is Nou die vraag is dit korrek om hierdie verklaring af te lei uit Genesis 1 27 Is dit n verantwoorde eksegese van hierdie vers en van wat dit is dat die mens na God se beeld geskape is Ook hierdie sinnetjie man en vrou het Hy hulle geskape moet ons in die konteks lees van die res van Genesis 1 Hierdie teoloë kies daarvoor om die sinnetjie te verbind aan die voorgaande sin wat handel oor die mens se rol as beelddraer Maar mens kan hierdie sinnetjie ook verbind en dit is die korrekte eksegese aan dit wat daarop volg Luister maar man en vrou het Hy hulle geskape en God het hulle geseën en God het vir hulle gesê Wees vrugbaar en vermeerder en vul die aarde Die sinnetjie man en vrou het Hy hulle geskape het dus direk te make met die mens se taak om vrugbaar te wees en te vermeerder onder God se seën Die eksegese van hierdie teks laat dus nie toe om te beweer dat die feit dat die mens as man en vrou God se beelddraer is daar ook manlik en vroulik in God self is of bietjie minder ver gevoer dat dit dui op die verskillende rolpatrone van die verskillende Persone in die Godheid nie Natuurlik is dit wel so dat man en vrou saam as God se beelddraers oor die skepping moet regeer en dat deur hulle vrugbaarheid en die feit dat hulle die aarde moet vul en vermeerder hierdie taak nog beter kan uitvoer Dus die een het wel met die ander te make Maar dit gaan te ver om te sê dat die spesifieke van om God se beelddraer te wees dat dit lê in die mens se geslagtelikheid As dit so was dan was die diere ook God se beelddraers want by diere is daar ook geslagtelikheid By diere is daar ook mannetjies en wyfies Maar dit is nie Genesis 1 se boodskap nie Die boodskap is duidelik dat net die mens

    Original URL path: http://vgk.org.za/vgk/node/1967 (2015-12-05)
    Open archived version from archive

  • Deur sy hemelvaart vestig Christus u geloof op die omvang van sy koninkryk | Vrye Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika
    hulle nie heg soos aan die Persoon Jesus nie Die Heilige Gees is vir ons menseoog onsigbaar Maar die Heilige Gees was beter Hy sou hulle begin leer om op die hemelse vlak te dink Dit doen die Heilige Gees ook met u Sê nou maar die Here Jesus sou op die aarde gebly het dan was dit nie beter vir ons nie Hoewel ons dalk geneig is om so te dink Inteendeel Net soos by die dissipels sou dit by ons tot gevolg hê dat ons onsself heg aan die onvolmaakte Dat ons onsself inspan vir vrede hier en nou terwyl die wortel van die sonde die angel van die kwaad nie weggeneem is nie As Jesus op aarde sou bly sou ons eintlik te ryk wees met Jesus liggaamlik in ons midde Op n verkeerde manier te ryk Ryk mense is dikwels konserwatief ingestel Ryk mense probeer meestel om die status quo te handhaaf Hulle het nie behoefte aan verandering nie Hulle wil hulle rykdom en welvaart konsolideer Verandering strukturele verbetering is nie werklik n behoefte nie Dieselfde het mens by die dissipels gesien Hulle het hulleself skatryk gevoel toe Jesus weer by hulle was Hulle wou wel dat dit altyd so sou bly Die lewe was vir hulle nou volmaak met Jesus weer in hulle midde Maar vir die Heiland was hierdie situasie nie genoeg nie Daar was nog baie strukturele verbeteringe wat moes plaasvind Die totale herskepping van alle dinge Die koningskap oor hemel en aarde En om die geloof van sy dissispels op te tel na daardie vlak het Hy opgevaar na die hemel Hy sou nie in Jerusalem plaasneem op die troon nie maar in die hemel Aan die een kant verlaat Hy sy dissipels maar Hy laat hulle nooit alleen nie Tien dae later sou Hy sy Gees stuur as onderpand Dit is die Heilige Gees wat die geloof van die dissipels na die regte vlak oplig En ook u geloof gemeente Ons leer om op lang termyn te dink Om nie net uit te gaan van ons eiebelang vir vandag nie maar die belang van die hele wêreld die hele skepping Aangevuur deur die Gees mag ons ons daarvoor inspan beseffende dat ons gelei word deur Jesus Christus op die hemelse troon Ons gaan nie agteroor sit en ontspan omdat Jesus in lewende lywe by ons is en ons lewe dus volmaak is nie Nee ons trek ons wapenrusting aan dink aan Efesiërs 6 en ons word medestryders vir die koms van die volmaakte koninkryk Die ryk wat alles sal omvat Met daardie opdrag het Jesus sy dissipels agtergelaat julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judea en Samaria en tot aan die uiterste van die aarde vers 8 En oor die oomblik waarop die koningskap herstel sal word daaroor hoef die dissipels nie bekommerd te wees nie Daaroor is die Here Jesus ook nie bekommerd nie Daardie oomblik het die Vader in sy eie mag bepaal Dit sal op die regte oomblik gebeur God die Vader bepaal die tydperke die beslissende oomblikke in die wêreldgeskiedenis En wanneer dit sover is sal dit nie net die koningskap oor Israel inhou nie Dit sal internasionaal wees Die koningskap oor alle volke Dit is presies waaroor dit in die boek Handelinge handel Hoe die heil onder aanvuring van die Heilige Gees sy weg begin te vind na alle volke toe Israel sal uitreik na die volke Dit is die Heilige Gees self wat hierdie beweging aan die gang sit en voort stu Hierin sou die dissipels n belangrike rol speel Hulle sal die getuies wees Die woord getuie het n vaste plek gekry in die Christelike spraakgebruik Getuie wees is meer as net n verhaal vertel Dit is in die eerste plek om te vertel wat hulle gesien het Hulle het met hulle eie oë Jesus se optrede sy dood opstanding en opname gesien Hulle was ooggetuies Voortaan sal hulle die wêreld intrek om te getuig van Jeus Die woord getuie herinner aan die regspraak As getuies sal hulle optree in die regsgeding wat Christus met die wêreld voer Jerusalem Judea Samaria en tot die uiterste van die aarde Hierdie beweging is eintlik die program van die vervolg van die boek Handelinge Jerusalem dink aan die uitstorting van die Gees in Handelinge 2 En dan in hoofstuk 8 1 word die oorgang van Jerusalem via Judea na Samaria gemaak Die evangelie in Samaria In die tweede helfte van hoofstuk 8 kom vervolgens die eerste verteenwoordiger van die volkerewêreld in beeld Die Ethiopiese minister en daarna die hoofman Cornelius So gaan dit verder Met hierdie opdrag het Jesus sy dissipels agtergelaat Hy is in die hemel opgeneem terwyl hulle dit gesien het Ooggetuies dus Elf ooggetuies het dit sien gebeur Betroubare getuies Hoekom betroubaar In die eerste plek omdat elf van hulle dieselfde vertel het In die tweede plek omdat nie een van hulle direkte persoonlike belang daarby gehad het nie Soos ek al eerder genoem het dit was die laaste wat hulle sou wou hê moes gebeur Die liefste sou hulle wou hê dat Jesus by hulle gebly het En ook as mens die gevolge van sy hemelvaart in ag neem die gevolge vir hulle persoonlike lewens Hulle moes naamlik vanaf Pinksterdag die wêreld intrek Vir hulle het daar n swaar lewe van baie ontberings voor die boeg gestaan Selfs spot lyding en vervolging Die feit dat hulle ooggetuies was het nie vir hulle rykdom of rus gebring nie Inteendeel Al met al dus n betroubare getuienis En hulle het dit deurvertel Die groot nuus van Jesus se hemelvaart Dat Hy deur God opgeneem is in die hemel Dat n wolk Hom aan hulle oog onttrek het Dat dit op klaarligte dag gebeur het nie in die donker nie Ooggetuies dus Betroubare ooggetuies In ons teks lees ons oor die verskyning van twee engele Net soos toe

    Original URL path: http://vgk.org.za/vgk/node/1968 (2015-12-05)
    Open archived version from archive



  •