archive-za.com » ZA » V » VGK.ORG.ZA

Total: 61

Choose link from "Titles, links and description words view":

Or switch to "Titles and links view".
  • Die God van alle genade sal julle volmaak, bevestig, versterk en grondves | Vrye Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika
    onderskat nie al sien jy hom nie met jou oë nie Hy is soos n brullende leeu Moenie hom onderskat nie Petrus roep op tot paraatheid Word nugter word wakker vers 8 Gemeente wat Petrus hier skryf is dieselfde as wat die Here Jesus destyds vir hom gesê het Waak en bid dat jy nie in versoeking kom nie Markus 14 Die teenstander het naamlik tot die aanval oorgegaan Hy is n lewensgevaarlike gekwetste roofdier Hy swerf orals rond en maak die wêreld onveilig Hy bekruip sy prooi en maak reg vir die sprong Op die laaste oomblik laat hy n gebrul hoor om sy slagoffer te verlam van angs En as hy sy prooi oormeester het word dit met huid en haar verslind Dis nie soseer die vraag of hierdie leeu n prooi sal vind nie eerder wie hy sal vind Want vind sal hy vind Wie sal die slagoffer wees Petrus gee die advies om nie die konfrontasie uit die weg te gaan nie Jy sal hom raakloop Maar moenie bang wees nie Selfs die duiwel kan weerstaan word Standvastig in die geloof Ons kan dink aan die wapenrusting van Efesiërs 6 Met God se hulp is dit moontlik Sorg dat jy weerbaar is Sorg dat jy beklee is om die wapenrusting van God Die skild van die geloof in jou hand Geloof is nie net dat jy n aantal feite ken nie geloof is veral ook n vaste vertroue n Vaste oortuiging dat God aan jou kant staan Jy hoef dus nie te vlug nie jy kan die monster in die oë kyk Juis omdat Christus agter jou staan Christus die Leeu uit die stam van Juda Christus die Oorwinnaar Hy maak jou sterk Tema Die God van alle genade sal julle volmaak bevestig versterk en grondves 1 Verneder jou dan sal Hy jou sterk maak 2 Besef dat jy nie die enigste een is wat ly nie 3 Besef dat dit maar n kort tydjie van lyde is 2 Besef dat jy nie die enigste een is wat ly nie Ook mag jy weet dat jy nie die enigste is nie Dink aan die vers net voor ons teks omdat julle weet dat dieselfde lyding opgelê word aan julle broederskap wat in die wêreld is vers 9 Toe Petrus hierdie brief geskryf het was hy waarskynlik duisende kilometers verwyderd vanaf hierdie Christene Die Romeinse Ryk het gestrek van Spanje in die Weste tot Persië in die Ooste En orals het die Christene die teenstander ontmoet Die duiwel het orals probeer om die medemense op te hits teen die gelowiges En as hy dit nie kon regkry nie het hy nog ander taktieke ook probeer In hierdie brief stel Petrus die Christene in Klein Asië gerus Julle is nie die enigstes nie Inteendeel om lyding mee te maak is eintlik normaal Dit hoort by Christen wees As jy n gelowige is dan SAL jy teenstand ontmoet Jy SAL weerstand ervaar Maar God sal jou ook die krag

    Original URL path: http://vgk.org.za/vgk/node/2069 (2015-12-04)
    Open archived version from archive

  • Christus skenk vir sy kerk sakramente | Vrye Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika
    volgende teks Handelinge 16 27 34 Daarin lees ons hoe die tronkbewaarder van Filippi tot geloof gekom het Ook lees ons dat hy vervolgens gedoop is hy en al sy mense En hy het hom verheug met sy hele huisgesin dat hy tot geloof in God gekom het In dieselfde hoofstuk word ook oor Lydia vertel dat die Here haar hart geopen het om ag te gee op wat deur Paulus gesê is Daarna is sy en haar huisgesin gedoop Hand 16 14 15 Om te herhaal nêrens in die Bybel lees ons dus eksplisiet dat kinders gedoop word nie Maar implisiet lê dit voor die hand en dit sou n rare redenering wees om as die hele konteks dit impliseer tog die konklusie te trek dat nie sou gebeur het nie As mens aan die doop aandag skenk is dit belangrik om ook aandag te skenk aan hoe mens die Bybel lees Daar is verskillende manier hoe mense die Bybel lees Roomse en Protestantse mense lees die Bybel byvoorbeeld verskillend Roomse mense vat byvoorbeeld die volgende sinne uit die Bybel dit is my liggaam en dit is my bloed letterlik op Volgens hulle gebeur daar n wonder naamlik dat wyn in bloed verander Hulle besef nie dat hierdie sinne eintlik n metafoor is nie Net soos Jesus byvoorbeeld ook in die Bybel gesê het Ek is die ware wynstok Of Ek is die lewende water Of Ek is die Lam van God Hierdie uitsprake moet mens nie letterlik opvat nie maar metafories Nou wat het hierdie met die doop te make Wel as mens regtig wil verstaan wat die Bybel oor die doop leer is daar meer sake wat aan die orde moet kom as slegs n diskussie of die doop van kinders korrek is of nie Dit gaan uiteindelik oor jou hele manier van Bybellees Dit bring ons by die vraag waaraan moet ons as Christene ons hou Moet ons slegs die dinge doen wat eksplisiet in die Bybel staan Ek vra hierdie vraag om die volgende rede Aan die een kant dink Baptiste dat Gereformeerdes die spoor byster is omdat hulle die kinderdoop handhaaf Aan die ander kant dink Gereformeerdes dieselfde oor Baptiste Sou dit so kon wees dat Gereformeerdes die spoor byster geraak het in die loop van die eeue Dit is naamlik wat Baptiste oor die Gereformeerdes sê Almal stem saam dat daar n Reformasie moes kom uit die Roomse kerk Maar volgens die Baptiste het die Gereformeerdes halfpad vasgehaak Hulle moes nie net breek met die Roomse leer van die doop dat dit towerwater sou wees nie Hulle moes ook opgehou het om kinders te doop Want dit staan nêrens in die Bybel nie Volgens Baptiste is Gereformeerdes dus nog steeds die spoor byster omdat hulle halfpad die Reformasie vasgehaak het Ek het hierbo al gepraat oor die manier waarop mens die Bybel lees Dit is naamlik nie so dat jy simpelweg kan sê As iets in die Bybel staan moet jy dit doen en as iets nie in die Bybel staan nie mag jy dit nie doen nie As mens so redeneer sal jy voor n aantal onaangename verrassings te staan kom Laat ek n voorbeeld noem Daar staan naamlik nêrens in die Bybel met soveel woorde dat n vrou nagmaal mag vier nie Ons vind in die Bybel ook geen enkele voorbeeld van n vrou wat nagmaal gevier het nie As jy nou die redenering volg dat jy slegs mag doen wat met soveel woorde in die Bybel staan dan het jy hier n probleem By sowel die Gereformeerdes as Baptiste vier vroue die nagmaal Dus as jy so redeneer loop jy vas Die konklusie lê dan ook voor die hand dat mens eerder soos volg moet redeneer Wat daar in die Bybel staan moet ons goed bestudeer veral wat betref die strekking of implikasie daarvan As ons dit byvoorbeeld op die nagmaal toepas Die kern waaroor dit in die nagmaal gaan is dat alle gelowiges in onderlinge eenheid saam n maaltyd geniet en so die redding van hulle lewe deur die vlees en bloed dit is die kruisiging van Christus herdenk Dit is betekenis die strekking van die nagmaal As mens vanuit hierdie kern verder dink byvoorbeeld oor die vraag of vroue wel nagmaal mag vier dan is die antwoord op hierdie vraag eintlik nie moeilik nie Ten minste as jy die kernboodskap goed verstaan naamlik wat die doel van die nagmaal is Dan is dit eintlik voor die hand liggend dat n vrou ook aan die nagmaal mag deelneem Die voorbeeld van die nagmaal het ek ter illustrasie genoem Dit is n illustrasie van die vraag wat ons besig hou Op watter manier moet jy die Bybel lees In jou manier van Bybellees moet mens dus goed let op die bedoeling van n uitspraak Ten aansien van die doop geld dit net so veel As ons die gedeeltes waar die Bybel oor die doop praat lees bv Matt 18 18 20 Mark 16 15 16 Hand 2 37 39 Hand 10 47 Hand 22 16 Rom 6 3 4 1 Kor 6 11 1 Kor 12 13 Gal 3 26 29 Ef 5 25 27 Kol 2 9 15 Titus 3 4 7 1 Petr 3 18 22 dan is die doop nie die teken dat iemand tot bekering gekom het nie maar die doop is n verseëling van God se beloftes aan n gelowige naamlik Vergewing of afwassing van sondes Vernuwing deur die Heilige Gees Ewige lewe Ens Dat God sy seën sy beloftes aan iemand toesê En of dit gebeur wanneer iemand al volwasse is of dat iemand nog n baba is in beide gevalle verbind God sy beloftes aan daardie persoon Om daardie rede is daar nie n verskil tussen die doop van n baba en die doop van n volwassene nie As die doop n teken of bewys was van die feit dat iemand tot bekering gekom het dan maak dit sin dat n baba nie

    Original URL path: http://vgk.org.za/vgk/node/2070 (2015-12-04)
    Open archived version from archive

  • Is jou hart ook die GPS na die nuwe Jerusalem | Vrye Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika
    God geword Ons is almal priester en priesteresse Nogtans bly ons reisigers pelgrims met dieselfde reisdoel soos in Psalm 84 brs en srs Want die tempel vroeër was vir ons broers en susters toe ook nie die eindbestemming nie Dit was eintlik maar net die tussenstasie waar hulle nuwe petrol kos en drinkgoed ens kom haal het om uiteindelik by n beter hemelse Jerusalem uit te kom Hebreërs 11 beskryf dit baie mooi hulle was inderwaarheid op reis na die stad met fondamente waarvan God die argitek en bouer is Na daardie stad is ons steeds op pad Daarom kan die apostel Paulus aan die een kant skryf dat ons self n tempel van God geword het maar aan die ander kant tog ook dat ons solank as wat ons nog in hierdie aardse liggaam woon nog nie by die HERE woon nie Ons woon nog by Hom uit sê die Ou Vertaling Eers eendag na hierdie lewe sal ons by Hom mag inwoon Al het ons al baie verder gekom as die eerste sangers van Psalm 84 het ons die eindbestemming dus nog altyd nie bereik nie Ons hoef die pad soontoe nie meer te baan nie dit het Christus klaar gedoen Maar ons sal daardie pad wel moet aanhou stap Omdat ook ons hart soos n GPS ons langs daardie gebaande weë uiteindelik in na die nuwe Jerusalem wil bring xxxxxxxxxxxx En ons sal mooi na die aanwysings van hierdie GPS moet bly luister Want die pad soontoe is wel n gebaande pad ja n highway Nogtans kan n mens sommer die koers kwytraak Aangesien daar baie sypaaie is met die verleiding om daardie pad wat aantrekliker lyk te kies Daar is mense selfs voorgangers in die kerk wat jou ander paaie aanbeveel Daar is daardie tente van die goddeloses wat Psalm 84 van praat En daar die goddeloses is glad nie onaangename mense om wie jy die liefste maar n groot draai loop nie Hulle kan juis baie innemende en beskaafde mense wees intelligent en belangstellend En hul partytjies is lekker Maar hulle is wel mense wat sonder God leef Goddeloos Wat daarom in hul lewe n ander koers aanhou as jy En wat jou sommer kan verlei om op hulle paaie saam te gaan Voor jy jouself kom kry het jy dan jou GPS afgesit Of anders geprogrammeer En dis des te aantrekliker wanneer die higway na Sion nie in alle opsigte n maklike pad blyk te wees nie Soos ook die priester en sy medereisigers op pad Jerusalem toe agtergekom het Onthou u nog vs 7 Hulle moes ook deur droë laagtes trek Dis effens onseker hoe om hierdie vers presies te moet vertaal daar is ook wel met Tranendal vertaal of Dal van moerbeibome maar vanweë die vervolg van hierdie vers is dit in elk geval wel duidelik dat daar min water in daardie dal was En as n mens dan met n hele klompie medereisigers daar verby kom en met diere wat moet

    Original URL path: http://vgk.org.za/vgk/node/2071 (2015-12-04)
    Open archived version from archive

  • ‘n Ernstige waarskuwing aan die koningshuis van Dawid | Vrye Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika
    het Behalwe nou vir sy oordadige luuksheid en sy baie vroue was Salomo n wyse koning En ons kan aanneem dat die raad van oudstes ook baie wys was Tussen hakies die koning in God se volk was nie n despoot iemand wat alleenheerskappy gehad het en kon doen net wat hy wou nie Daar was checks and balances Die raad van oudstes het ook invloed gehad Die raad van oudstes het vir Rehabeam die advies gegee om die belagstingdruk te verlig Hulle advies aan hom was moenie wat dit betref in die voetspore van jou pa aangaan nie veral nie in die lig van die huidige spanninge nie Hierdie wyse manne het ervaring gehad met die regering van die land en hoe om met die volk om te gaan Deur die praktyk geskool het hulle geweet dat nie alles in die politiek moontlik is nie Daarom was hulle versigtig wys Hulle antwoord aan die jong koning weerspieël dit ook Geagte koning u moet eers krediet by die volk opbou Wees vriendelik en meelewend met die volk Moenie nou onverwagse dinge doen nie dan draai die volk miskien teen u U weet mos dat die volk nie meer onverdeeld agter u pa gestaan het nie U begin u koningskap met nie baie krediet nie u sal dit self eers moet verdien Die wyse manne het goed besef dat Salomo se oordadige luukse die volk keelvol begin maak het Veral die baie geld wat al sy vroue gekos het Hoe meer vroue dit weet ons vandag ook hier in SA hoe duurder vir die belastingbetaler En die volk slik dit nie vir altyd nie Ek het n ruk terug n filmpie op internet gesien oor die magsoorname in Ukraïene Een van die redes hoekom die Ukraïense volk in opstand gekom het was omdat die voormalige president Yanukovych in sulke oordadige luukse geleef het Hy het verskillende huise reg oor die land besit eintlik nie huise nie maar groot woonkomplekse Die BBC verslaggewer het die kyker deur een van die huise net noord van Kiev gelei Selfs die krane in die toilet is van goud gemaak Die volk Israel was keelvol vir al Salomo se oordadige luukse Vandaar die wyse raad van die oudstes aan Rehabeam om die belastingdruk te verlig Hierdie raad van die ervare oudstes het egter nie gestrook met die mentaliteit van Rehabeam nie Hy was jonk en onervare n Prins wat opgegroei het sonder enige binding met die volk plus nog n groot dosis eiewysheid Logies dus dat Rehabeam ook sy vriende wou raadpleeg Sy buddies wat saam met hom in hierdie oordadige luukse opgegroei het Rehabeam was n egte rykmansseuntjie Hy slaan die raad van die oudstes in die wind en vra die opinie van die jongmans wat saam met hom grootgeword het Uit hulle antwoord proe mens die atmosfeer van hierdie vriendegroep die milieu waarin hulle beweeg het Hulle raad was dat Rehabeam vir die volk moes sê my pinkie is dikker as my vader se lendene Ons Bybel het hierdie vers eintlik baie netjies vertaal Want wat in Hebreeus bedoel word is my pinkie is dikker as my pa se geslagsdeel Dit was n spottende en arrogante opmerking van Rehabeam se vriende Die bedoeling is baie duidelik maak die laste gerus swaarder Basta met die volk en met my pa se raadsmanne Ek en my pelle gaan doen wat ons wil En so het die ryk geskeur Sal ons vandag dalk sê n tipiese Julius Malema houding Sushi eet n AMG bestuur 200 km per uur jaag Dit is eintlik skokkend om te sien hoeveel invloed sulke onverantwoordelike politici kan hê op die loop van n land se geskiedenis Jerobeam en Rehabeam het deur hulle totaal onverantwoordelike gedrag n land in twee geskeur As hulle met n bietjie meer wysheid opgetree het as hulle n bietjie versigtiger was sou dit voorkom kon geword het Rehabeam en sy pelle was n vriendegroep wat wel sou ons vandag sê in die kerk was wat in God se volk opgegroei het maar wat self nie tot bekering gekom het nie Hulle het net aan hulleself gedink Dit was vir hulle belaglik dat Rehabeam n treetjie terug sou moes doen die belasting bietjie sou moes verlig Moenie ingee onder die druk nie Rehabeam Sê reguit vir hulle my pinkie is dikker as my vader se lendene As ons vanaf vers 13 lees sien ons dat Rehabeam hierdie laaste nie teenoor die volk herhaal het nie Hy het dit waarskynlik nie gedurf nie Maar die opmerking het wel die sfeer van sy vriendekring getipeer n Vriendegroep wat gedeel het in alle welvaart van die verbond maar wat self nog nie tot bekering gekom het nie Gemeente hoe vinnig en haas geruisloos kan afval die kerk binnesluip Dat die vlak van gesprekke daal tot so iets Vanaf die kansel op huisbesoek op Bybelstudie klink alles nog goed en vroom Maar onder mekaar in die vriendekring is sulke praatjies aan die orde van die dag Verbondsafval Hierdie soort verbondsontrou aanvaar die HERE nie Selfs nie by n kleinseun van Dawid nie Rehabeam het hierdie woorde nie teenoor die volk herhaal nie Maar hulle was wel in sy gedagtes Want inhoudelik het dit wat hy wel gesê het op presies dieselfde neergekom Hy het die raad van die oudstes in die wind geslaan Hy het bekend gemaak dat die belastingdruk nie verlig sou word nie inteendeel dit sou nog meer word Nou is dit waar dat n volk iets moet oorhê vir sy koning vir sy regering Respek en die nodige finansiële middele sodat hulle hulle taak goed kan uitvoer Maar nie n harem met maar liefs 1000 vroue nie Of Rehabeam hier mega harem by sy pa oorgeneem het weet ons nie Dit is egter nie onmoontlik nie aangesien dit die gewoonte was in daardie tyd onder heidense vorste dat die troonopvolger die harem oorgeneem het Iemand wat tot die vroue in die koninklike harem genader het het deur daardie daad eintlik

    Original URL path: http://vgk.org.za/vgk/node/2068 (2015-12-04)
    Open archived version from archive

  • Christus vereis orde en tug in sy kerk | Vrye Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika
    Luther in die ban geplaas het het Luther in 1822 die akte oftewel die banbul verbrand Hy het daarmee aangegee dat hy nie die geestelike gesag van Rome erken het nie Toe Luther die dokument verbrand het het hy egter nie daarmee aangedui dat alle kerklike afsprake met betrekking tot tug oorboord gegooi moet word nie Dan sou hy spreekwoordelik die kind met die badwater weggegooi het Misbruik hef die goeie gebruik nie op nie Tugbediening is naamlik n intergrale deel van Christus se onderrig soos ons byvoorbeeld in Mattheüs 18 sien Wat daar in ons kerkorde oor tugbediening staan die verskillende trappe van die tug is direk op Mattheüs 18 gebaseer Tugbediening is ook nie net iets wat die dominee of ouderlinge doen nie maar dit is net soveel die taak van die gemeente Gelowiges behoort mekaar te bemoedig aan te spoor tot die goeie indien nodig te vermaan en te bestraf Ons lees in Hebreërs 3 13 Maar vermaan mekaar elke dag so lank as dit vandag genoem word sodat niemand van julle deur die verleiding van die sonde verhard word nie en laat ons op mekaar ag gee om tot liefde en goeie werke aan te spoor en laat ons ons onderlinge byeenkoms nie versuim soos sommige die gewoonte het nie maar laat ons mekaar vermaan en dit des te meer namate julle die dag sien nader kom Hebr 10 24 By elke stap van kerklike tug behoort gemeentelede betrokke te wees as jou broeder teen jou sondig gaan bestraf hom tussen jou en hom alleen Mattt 18 15 Maar as hy nie luister nie neem nog een of twee met jou saam sodat in die mond van twee of drie getuies elke woord kan vasstaan Matt 18 16 Met getuies word hier nie in die eerste plek mense bedoel wat ook ooggetuies is van die sonde waarin die persoon leef nie maar met getuies word bedoel mense wat kan getuig van die Skriftuurlikheid van die vermaning Hierdie reël van Mattheüs 18 geld vir geheime sondes by openbare sondes lê dit anders en kan direk die kerkraad ingeskakel word Die kerkraad se taak is om uiteraard om vas te stel of die reël van Mattheüs 18 nagekom is en of die beskuldiging waar is In geval van onenigheid of verskil van mening is die kerkraad altyd verplig om na beide partye te luister Wie soos die kerkorde sê hardnekkig die kerklike vermaning verwerp sal afgehou word van die nagmaal van die Here As dit tot inkeer lei sal die kerkraad toesien dat daar versoening plaasvind na gelang van die omstandigheid of dit openbaar was of vertroulik As daar egter by voortgaande vermaning geen bekering volg nie word die oortreding waarin die persoon volhard aan die gemeente bekend gemaak Die gemeente word opgeroep om voorbede te doen en so die arbeid van die ampsdraers te ondersteun Die naam van die persoon word nie genoem nie Maar as bekering steeds uitbly word by die tweede openbare vermaning die naam wel genoem Die kerkorde vermeld dat voordat dit gebeur die kerkraad die advies van die klassis moet inwin Die klassis vervul n kontrolerende funksie Die kerkraad sal swart op wit aan die klassis moet bewys dat die ampsdraers gereeld die persoon besoek het dat daar n pad van liefdevolle vermaan met die persoon gestap is As dit nog steeds nie baat nie word by die derde openbare vermaning weer eens eers nadat die klassis se advies gehoor is afgekondig dat die persoon van die gemeente afgesny sal word n Datum sal genoem word waarop dit sal plaasvind tensy die persoon voor die tyd tot inkeer gekom het Christus vereis orde en tug in sy kerk alleen volgens sy Woord die trappe van die tug Die afsnyding Vir die afsnyding of ban het die kerke n gesamentlike formulier vasgestel Daar word amptelik verklaar dat hierdie verbondskind uit die gemeenskap van die kerk afgesny word deur sy haar moedswillige ongehoorsaamheid aan die verbond van God Hy sy het geen deel meer aan die heil van Christus tensy die persoon homself van die verkeerde pad bekeer nie En die gemeente word opgeroep om die persoon te behandel soos n heiden en n tollenaar volgens die bevel van Christus was sê dat alles wat sy bedienaars op die aarde toesluit in die hemel toegesluit bly Die gemeente word opgeroep om die persoon te vermy sodat hy sy beskaam kan word Hiermee word bedoel by wyse van spreke as iemand uit die kerk afgesny word kan gemeentelede nie nog steeds op Saterdagaand met hom by die klub sit en kuier asof daar niks gebeur het nie Vriendskap met die persoon asof daar niks aan die hand is nie moet vermy word Terselfdertyd word die gemeente opgeroep om die persoon nie soos n vyand te behandel nie maar te vermaan soos mens n broer of suster sou vermaan As iemand afgesny word word die toegang tot die sakramente verbied Afsnyding beteken nie dat iemand verbied word om in die kerk te kom nie Al te dikwels gebeur dit dat afgesnyde mense die kerk vermy As afgesnyde persone die eredienste besoek is dit in beginsel n positiewe saak en n mens mag bid dat daardeur hulle hart saggemaak word As n afgesnyde persoon die eredienste besoek om bewus tweedrag te saai in die gemeente het die kerkraad nog steeds nie die bevoegdheid om n persoon fisies te belet om die erediens by te woon nie n Kerkraad se gesag is mos geestelik Die kerkraad kan nie fisiese maatreëls neem nie Deur die openbare tugbediening en afsnyding het die kerkraad wel duidelik en publieklik die persoon en sy slegte invloed geïsoleer Afsnyding is in kort n dramatiese gebeurtenis maar soms baie noodsaaklik Is afsnyding a point of no return Die feit dat die kerke ook n formulier opgestel het om afgesnyde lidmate weer in die gemeente van Christus op te neem maak duidelik dat dit nie a point of no return is nie Solank iemand nog lewe is

    Original URL path: http://vgk.org.za/vgk/node/1984 (2015-12-04)
    Open archived version from archive

  • Die oordeel van die koningin van Skeba | Vrye Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika
    het aan die koningin van Skeba al haar begeerte gegee in terme van die handelskontrak Ek het nounet verwys na die legende dat Salomo n kind by haar sou verwek het Daarvoor bestaan geen historiese bewys nie Tog leef hierdie legende tot op vandag in sommige lande In Ethiopië beweer die koningshuis dat hulle afstam van Salomo En in Zimbabwe staan daar die ou Zimbabwe ruïnes waaroor daar ook beweer word dat hulle afkomstig was van die koningin van Skeba As dit waar moes wees was haar reis na Jerusalem wel enorm lank vele duisende kilometers per kameel n reis wat ten minste n jaar moes gevat het Dit is maar n legende Salomo het nie aan die koningin van Skeba n kind geskenk nie Met hierdie uitspraak in vers 12 het die skrywer iets anders bedoel Hy wou die aandag daarop vestig dat dit oor meer as net die handelskontrak gegaan het Dit het nie net oor produkte gegaan nie maar ook oor Salomo se wysheid In 1 Konings 10 2 3 staan geen vraagstuk was vir Salomo te diepsinning dat hy dit nie vir haar kon verklaar nie By die aanhoor van al die wysheid van Salomo was die koningin duidelik onkant gevang Die woord was waarheid wat ek in my land gehoor het oor u sake en oor u wysheid kyk die helfte is my nie meegedeel nie u oortref die gerug wat ek gehoor het vers 5 6 En die koningin het geweet waarvan sy praat Dit was nie net beleefdheid dat sy Salomo se wysheid aangeprys het nie Sy het gekom uit n land met n beroemde wysgerige tradisie As u sou blaai na die Spreukeboek in die Bybel aan die begin van hierdie boek staan dat die spreuke afkomstig is van Salomo Hoewel nie alle spreuke in hierdie boek kom van Salomo nie Bo die laaste twee hoofstukke staan twee ander name die spreuke van Agur die seun van Jake en van Lemuël Hierdie twee persone was Arabiere Hulle het dus gekom uit die land van die koningin van Skeba Weer eens die koningin het geweet waarvan sy praat sy t gekom uit n land met groot wysgere En miskien is dit wel moontlik dat deur haar besoek aan Salomo dat hierdie twee laaste hoofstukke van Spreuke n plek in die Bybel gekry het Dat Salomo hierdie twee laaste hoofstukke van Agur en Lemuël as n soort bylae aan sy boek toegevoeg het Maar goed Salomo het diepgaand gesprek gevoer en die koningin was opreg verbaas Hoe kon iemand so baie insig en wysheid hê Ons weet waar Salomo sy wysheid vandaan gekry het Dit was n geskenk van God Tog as mens die voorafgaande hoofstukke van Kronieke lees sal jy agterkom dat hierdie geskenk van God hande en voete kon kry deurdat Salomo hom aan God se gebooie gehou het En oor God se gebooie word daar gesê dat geen volk op aarde sulke wyse wette gehad het as die Israeliete nie Kortom

    Original URL path: http://vgk.org.za/vgk/node/1977 (2015-12-04)
    Open archived version from archive

  • Die HERE sorg dat Salomo sy regering weer afstem op sy geopenbaarde wil | Vrye Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika
    wou dus dat die altaar wat vir Hom gebou sou word nie n trap mog hê nie Hoekom nie Hieragter was n inhoudelike rede In die omliggende wêreld van die heidendom was die tempeldiens en die priesterkultus vermeng met onsedelikheid Seksuele omgang tussen die priesters en die mense wat hulle offers kom bring het was deel van die tempelritueel In hierdie konteks het die HERE baie pertinent bepaal Ek wil nie hê dat my altaar trappe het nie Die Kanaänitiese priesters het bewus so aangetrek dat as hulle die altaar beklim het dat hulle seksuele organe sigbaar was van onder af Hierdie soort priesterkultus het die HERE verafsku En so was daar verskillende voorskrifte wat God gegee het met die oog op die tempelbou gerig op daardie tyd en kultuur Salomo het in gehoorsaamheid aan God se wet hierdie voorskrifte in ag geneem by die bou van die nuwe tempel En wie God se wil eerbiedig mag ook seën daarop verwag Konkreet seën in die vorm van n gesonde tempeldiens gesond in leerstellige opsig gesond in eties morele opsig gesond selfs in ekonomiese opsig n Tempeldiens sonder sulke losbandigheid en ander dinge wat mense uiteindelik stukkend en ongelukkig maak Wie God se wil eerbiedig mag seën daarop verwag Ook seën in die vorm van n gesonde samelewing waar alles in goeie bane loop danksy God se voorskrifte wat die regte rigting aandui asook die noodsaaklike grense Dus in teenstelling tot byvoorbeeld koning Saul het Salomo nie ervaar dat God vir hom n vreemde was nie In ons teks verskyn God nou weer aan Salomo in n droom Die inhoud van hierdie droom is baie opvallend As ons na die inhoud van hierdie droom kyk stem dit heeltemal ooreen met God se geopenbaarde wil Ons het in verband hiermee n hoofstuk uit Deuteronomium gelees Hoekom Die boek Deuteronomium was onderdeel van God se geopenbaarde wil in daardie tyd Vandag is dit die Bybel Toe was die Bybel nog nie volledig soos ons dit nou het nie Maar die Pentateug die eerste vyf boeke van die Bybel was toe al wel daar As ons die inhoud van die verskyning in Salomo se droom daarmee vergelyk dan stem dit heeltemal ooreen met die woorde van Deuteronomium 28 Mens kan dit in twee dele verdeel Twee dele wat wesenlik is aan die verbond wat God met sy volk gesluit het Eers stel die HERE n voorwaarde aan sy volk in Deuteronomium en hier in ons teks aan Salomo Hy wys hom op sy verantwoordelikheid As Salomo en sy volk na God vra aan Hom die eer gee erken dat hulle al hulle voorspoed aan Hom te danke het opreg voor Hom wandel ootmoedig en nederig is voor Hom dan sal God hulle oorlaai met sy beloftes Maar die tweede deel is die omgekeerde As Salomo afkering word van God se insettinge en gebooie as Salomo hulle begin afskaf dan sal God dit nie deur die vingers sien nie En dan volg daar n lys strawwe as bedreiging God sê Ek sal die volk uitruk uit die land wat Ek aan hulle gegee het Ek sal sorg dat hierdie mooi tempel wat Salomo gebou het verwoes word Ek sal die gebou van My af wegwerp Ek sal julle tot n spreekwoord en bespotting onder die volke maak Mens hoor hier al n voorspelling van die ballingskap in die geval van ontrou by Israel Dit is dus die inhoud van die droom of die nagtelike gesig van Salomo Nie vir misverstand vatbaar nie God vra trou van sy koning As daar berou is sal God altyd te vinde wees dit staan vas Dit is nooit te laat nie Maar wanneer mense hulle eie gang gaan laat God nie met Hom spot nie Salomo het God se geopenbaarde wil geken Deuteronomium 28 was vir hom bekend Hy het hom daardeur laat lei in die manier waarop hy die tempel gebou het in die manier hoe hy sy land geregeer het En nou kry hy ook nog bevestiging in n nagtelike gesig God verskyn spesiaal aan hom Dit is wonderlik hoe God hom ontmoet op sy lewenspad En gemeente mag dit tog ook so met u en my gaan Wie volgens God se gebooie lewe wandel saam met God ervaar geen Godsverduistering nie Wie God se leefreëls in ag neem weet en voel dat God naby is Lank gelede is daar al oor Henog gesê dat hy met God gewandel het Maar dit kan ook van ons gesê word en van elkeen wat met die Woord van God deur die lewe gaan Dit is die versekering wat die HERE aan Salomo gee in hierdie verskyning Ek sal vanuit die hemel luister Ek sal jou sondes vergeef As jy Salomo voor my aangesig wandel soos jou vader Dawid gedoen het nie dat Dawid sonder sonde was nie inteendeel maar hy het wel elke keer sy sondes bely as jy Salomo ook so lewe as jy alles doen wat Ek jou gebied my insettinge en gebooie in ag neem dan sal Ek jou koningstroon bevestig God gee hier op n wonderlike manier antwoord op die gebed van Salomo Salomo se gebed kan mens in die vorige hoofstuk lees 2 Kronieke 6 Dis die moeite werd om hierdie gebed miskien vandag by die huis te lees As mens die gebed lees val dit op hoe baie woorde en frases daarin herinner aan Deuteronomium 28 Die gebed van Salomo is dus n bewys dat hy die geopenbaarde wil van God soos dit in Deuteronomium staan geken het En dat hy dit wat God daarin destyds vir sy volk gesê het ernstig geneem het In hierdie verskyning van God in die nag aan Salomo bevestig Hy sy ou woorde opnuut Dit was vir Salomo n riem onder die hart Net soos by die vorige verskyning Ek sal by jou bly ook in die swaar taak wat jy gekry het om die volk te regeer En as jy ook by My bly by my

    Original URL path: http://vgk.org.za/vgk/node/1975 (2015-12-04)
    Open archived version from archive

  • Die gemeente ontvang ampsdraers as geskenke van Christus | Vrye Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika
    Damaskus Handelinge 9 Maar nie alle ampsdraers is en word egter so direk geroep nie Timotheüs en Titus is nie so geroep nie en ook nie al die ouderlinge wat hulle in die verskillende gemeentes die hande opgelê het nie Die eerste sewe diakens is ook nie so geroep nie Die Here Jesus se roeping het vir hulle gekom deur middel van die gemeente En so gebeur dit vandag ook nog Mens kan die Here se roeping eintlik in twee dele opdeel Naamlik n inwendige en n uitwendige roeping Inwendige roeping beteken as iemand binne in homself ervaar dat hy graag sal wil dien in die amp Hy voel geroepe en hy begeer dit ook om ouderling of diaken te word Dieselfde geld vir iemand wat die begeerte voel om predikant te word Dit noem mens die inwendige roeping Die uitwendige roeping is wanneer hierdie inwendige roeping ook van buite af bevestig word As byvoorbeeld die gemeente ook dink dat jy die gawes het om in die amp te kan dien en gevolglik word daar tydens n ampsdraersverkiesing op jou gestem En die kerkraad wat die eindverantwoordelikheid het sien ook die gawes in jou raak en het geen beswaar ontvang wat hulle sou belet om jou in die amp te bevestig nie So het die HERE se roeping dus n inwendige en n uitwendige kant Hy werk in jou eie hart en Hy werk ook deur die gemeente NGB art 31 benadruk die belang van die uitwendige roeping as daar staan elkeen moet terdeë daarteen waak om hom met onbehoorlike middele in te dring n Onbehoorlike middel sou wees omkopery simonie waaraan al aandag geskenk is Ons verkeer tans in n fase dat oor die algemeen in die samelewing mense dit nou nie juis as n groot eer beskou om in die spesiale ampte te dien nie Mense sal eerder verkies om uit die kerkraad te bly Die gevaar dat iemand hom op n onbehoorlike wyse sou opdring is dalk vandag minder aanwesig Hoewel vandag manifesteer hierdie gevaar homself dalk op n ander wyse as destyds in die tyd van die Reformasie Want wat vandag wel aktueel is is die druk om byvoorbeeld vroue in die spesiale ampte te kry of praktiserende gay mense Mens kan hierdie drukgroepe net soseer in hierdie verband noem omdat met onbehoorlike middele iets opgedring word iets wat nie in lyn met God se Woord is nie Ampsdraers word ontvang en moenie hulleself opdring nie Die gemeente het die taak om hulle op grond van die riglyne wat die Skrif openbaar te identifiseer en te verkies In die amp van elke gelowige is kerklede in staat om dit te doen en so werk die Here ook deur hulle Tema Die gemeente ontvang ampsdraers as geskenke van Christus ampsdraers word ontvang en moenie hulleself opdring nie 2 Elke ampsdraer is n ewe groot geskenk n Volgende aspek waaraan art 31 aandag skenk is die prinsipiële gelykheid van ampsdraers Die feit dat die NGB dit so benadruk is natuurlik goed verstaanbaar teen die agtergrond van die geweldige hiërargie in die Roomse kerk Ook hier het die Reformasie teruggekeer na die Woord wat nêrens vir ons aanleiding gee om te dink dat een gemeente bo n ander een sou staan of een ampsdraer oor n ander een sou regeer nie Op watter plek die bedienaars van die Woord ook al mag wees een en dieselfde mag en gesag beklee hulle Hulle is almal dienaars van Jesus Christus die enigste Hoof van die kerk Die kerk van die Reformasie het gebreek met die euwel van hiërargie Tog het deur die eeue geblyk dat hierdie euwel dikwels deur die agterdeur weer die kerk binnegekom het Dit het homself weer dikwels op meer subtiele wyses gemanifesteer So het dit gebeur in bepaalde denominasies dat die sinode se mag vergroot is dat die sinode n permanente orgaan geword het met permanente lede n permanente dagbestuur n permanente moderator ensovoorts ensovoorts Volgens die beginsel van gelykheid tussen kerke en ampsdraers is byvoorbeeld ons kerkorde opgestel Daaruit is duidelik dat die sinode nie n permanente orgaan is nie Die sinode is eenvoudigweg daardie gebeurtenis een keer in drie jaar as alle kerke bymekaar kom en dinge bespreek word van gesamentlike belang Daarna gaan alle afgevaardigdes weer huis toe en die sinode bestaan nie meer nie Die kanker van die hiërargie het egter in sommige denominasies die sinode tot n permanente orgaan verhef wat oor die kerkverband regeer Dit word spottend sinodokrasie genoem In die belydenis word die sinode nie eers genoem nie Net die kerkraad word genoem art 30 Hoewel n sinode tot seën van die kerke kan wees is die sinode nie wesenlik tot die bestaan van die kerk nie Daar kan omstandighede wees waardeur n sinode vir n lank ruk nie kan vergader nie Tog sal die kerke bly voortbestaan Sonder n kerkraad kan n kerk egter nie voortbestaan nie Die kerkraad is belangriker as die sinode en staan wat gesag betref bo die sinode Tussen die kerkraad en Christus is daar geen gesag nie Die kerkraad is direk aan Christus verantwoording verskuldig Die Bybelboek Openbaring begin met 7 briewe wat Christus skryf aan sewe gemeentes Christus skryf aan elke gemeente afsonderlik en Hy addresseer sy brief direk aan elke gemeente Hy skryf nie aan sy gemeentes deur n superstruktuur wat tussen Hom en die gemeentes in staan nie In die Gereformeerde tradisie is dit verder n gewoonte dat n sinode deputate aanstel Dit is mense wat die taak van die kerke kry om n opdrag uit te voer n opdrag wat in die kerke se gesamentlike belang is Deputate moet dan weer aan die volgende sinode rapporteer wat hulle gedoen het Ook by deputaatskappe kan die euwel van hiërargie by die agterdeur insluip As byvoorbeeld persone n permanente posisie op n deputaatskap beklee en nooit meer aftree nie Dit word spottend deputatokrasie genoem Om daardie rede het die kerke besluit dat deputate slegs twee keer herbenoem mag word daarna moet hulle

    Original URL path: http://vgk.org.za/vgk/node/1976 (2015-12-04)
    Open archived version from archive



  •